Curriebeker-reeks: Cheetahs bo, maar kou klippe teen WP

Die Cheetahs het met 28 – 21 gewen. (Foto: Twitter / @AyandaFelemZA)

Elke rugbyspan het ʼn opponent wat hom gereeld aan die hakskeen byt.

In die oud dae was Wes-Transvaal soms ʼn klippie in die skoen van Noord-Transvaal, gelaai met Springbokke.

Die Springbokke sukkel al ’n hele paar jaar om die Wallabies (soms baie swak spanne) in Australië onder te kry.

Vrydag in die Kaapstad-stadion het die Westelike Provinsie, wat vanjaar nog net een van agt wedstryde in die Curriebeker-reeks kon wen, die Vrystaat-Cheetahs al hul dae besorg.

Die Cheetahs het wel met 28 – 21 gewen, maar was in die tweede helfte met 7 – 21 agter en moes baie diep delf om die WP opsy te skuif.

Vroeër vanjaar in Bloemfontein het die Cheetahs, wat nou net een punt agter die Bulle op die puntelys is en boonop een wedstryd minder gespeel het, met 24 – 17 deurgeskraap nadat die WP rustyd met 3 – 0 voor was.

Vrydag het die WP dit weer reggekry om die Cheetahs agter die voordeellyn vas te pen, hulle het die besoekers in foute gedwing en baie strafskoppe, weens ʼn gebrek aan speldissipline, laat afstaan.

Op die ou einde het die twee rolmaaldrieë deur die haker, Louis van der Westhuizen, die verskil gemaak.

Die WP het heel verrassend sy man baie goed in die vaste fasette gestaan, veral nadat daar groot kommer was oor die laat ontrekking van die vaskopstut Sandi Sandi en hy deur Lee-Marvin Mazibuko vervang is.

Die Vrystaat gaan hulle in die skrum opdons, want ’n man met so ʼn naam hoort mos eerder in rolprente, is daar straks om die braaivleisvure in Bloemfontein gedink.

Maar Mazibuko en die res van die WP se pak het hul man gestaan en die Cheetahs laat klippe kou.

Toe dit aan die einde saak gemaak het, het die monster kantlynskoppe van Frans Steyn en die ervaring van Ruan Pienaar die deurslag gegee.

Maar ai, maklik was dit beslis nie.

Punte: Vrystaat-Cheetahs 28 (9): Drieë: Alulutho Tshakweni, Louis van der Westhuizen (2), David Brits. Doelskoppe: Ruan Pienaar (4).

Westelike Provinsie 21 16): Drieë: Tristan Leyds, Angelo Davids. Doelskop: Tim Swiel. Strafdoele: Swiel (3).

Puntelys (onder gespeel, gewen, gelykop, verloor, punteverskil, bonuspunte en ligapunte)

 

Bulle8611101632
Cheetahs7700114331

 

Haaie851221224
Griekwas840017420
Pumas730442315
WP8

 

107-7559
Leeus8008-22033

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.