Curriebeker se Eerste Liga ryp vir verrassings

Die Curriebeker- Eerste Liga is Saterdag ryp vir verrassings met oorgerustheid tussen die gunstelinge wat die buiteperde kan begunstig.

Boaan die lys is die wedstryd tussen die Valke (vyfde) en die Boland (derde) in die Barnardstadion in Kemptonpark.

Ondanks die twee trappies verskil op die punteleer, kom dit op ʼn enkele ligapunt neer, en die Valke sal die tuisvoordeel ten volle wil benut.

In Windhoek waar die Welwitschias (sesde) teen die Suidwestelike Distrikte (vierde) speel, is die toestand amper soortgelyk, behalwe dat die punteverskil drie is.

Die kans dat die Grens in Oos-London teen die Luiperds kan verras, lyk onwaarskynlik; en sou die agteros, die Oostelike Provinsie, die voorloper, die Griffons, in Welkom troef, sal Port Elizabeth kwalik genoeg vonkelwyn vir dié viering hê.

Afskoptye –

15:00 Valke teen Boland, Barnardstadion, Kemptonpark.

15:00 Griffons teen OP, Welkom.

15:00 Welwitschias teen SWD, Windhoek.

17:00 Grens teen Luiperds, Buffalostad-stadion, Oos-Londen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.