Curriebeker se halfeindstryde is bevestig

  • Shaun Reynolds (Foto: GB Jordaan)

    Die Leeus het ’n tuishalfeindstryd in die sakkie nadat hulle Griekwas met 27-26 in nóg ’n dramatiese stryd in Kimberley geklop het.

Die Johannesburgers het nou 22 ligapunte – een meer as die manne van Kimberley wat ook vir hul eerste Curriebeker-halfeindstryd in járe gekwalifiseer het.

Gister het die besoekers die eerste 40 minute van die spel oorheers en ’n gemaklike rustydvoorsprong van 19-7 opgestapel, maar onder Brent Janse van Rensburg se bekwame toesig is Griekwas ’n perd van ’n ander kleur.

Hulle het met ’n uitstekende terugvegpoging vorendag gekom en het selfs die voortou in die tweede helfte geneem.

Met die telling 26-24 in die tuisspan se guns het hulle egter ’n oortreding binne die bereik van die Leeus se Shaun Reynolds se skopvoet begaan, en die Johannesburgers se losskakel het die bal sekuur tussendeur die pale gejaag om Griekwas-harte te breek.

Puntemakers:

Leeus: Drieë: Stean Pienaar (2), Tyrone Green en Madosh Tambwe. Doelskoppe: Shaun Reynolds (2). Strafskop: Reynolds.

Griekwas: Drieë: Gideon van der Merwe (2), AJ le Roux, Wilmar Arnoldi. Doelskoppe: George Whitehead (3).

  • Leon Schuster, Robbie Wessels en duisende ander Cheetahs-ondersteuners het waarskynlik gisteraand lekker fees gevier nadat die Vrystaters die Westelike Provinsie met 38-33 in Bloemfontein getroef het om eerste op die Curriebeker-punteleer te eindig.

Dit was egter die besoekers wat soos vetgesmeerde blitse weggespring het en ná ’n paar minute se spel het hulle ’n sterk voorsprong van 19-0 opgebou.

Tog het die Cheetahs se vasberadenheid, Ox Nche se bobaas-skrumwerk en Franco Smith se slimheid gesorg dat hulle dié wa deur die drif getrek het.

Puntemakers:

Cheetahs: Drieë:  William Small-Smith, Joseph Dweba, Tian Meyer, Darren Adonis, Ox Nche en Jasper Wiese. Doelskoppe: Tian Schoeman (4).

Westelike Provinsie: Drieë: Wilco Louw, Dillyn Leyds en Scarra Ntubeni. Doelskoppe: SP Marais (3). Strafskoppe: Marais (4).

  • Sanele Nohamba het 18 van die Haaie se punte op Loftus aangeteken. Foto: GB Jordaan.

    Op Loftus Versfeld het die Haaie geweet wat hulle moes doen om ’n halfeindstrydplek te verseker: Kry ten minste ’n bonuspunt. En dit is presies wat die Durbaniete gedoen het toe hulle die Pretorianers met 48-40 gewen het.

Wanneer die toeskouers poog om ’n Mexikaanse golf daar op die blou plastiekstoele aan die gang te kry, is die spel op die veld waarskynlik nie van die interessantste nie. Tog het die kragmeting 88 punte opgelewer en dit was deurspek met pragspel (Aphelele Fassi), juweeldrieë (Rhyno Smith) en ’n rooi kaart (Johnny Kotze).

Die Bulle het net bo die Pumas op die punteleer geëindig wat beteken dat hulle nie in die promosie/relegasie-kragmeting betrokke sal wees nie, maar hulle seisoen is steeds teleurstellend as jy hul goeie Superrugby-veldtog in ag neem.

Puntemakers:

Blou Bulle: Drieë: Johnny Kotze, Lizo Gqoboka, Manie Libbok, Cornal Hendricks, Ruan Steenkamp, Tim Agaba. Doelskoppe: Libbok (4), Vaughan Isaacs.

Haaie: Drieë: Thomas du Toit, Jacques Vermeulen, Andre Esterhuizen, Jeremy Ward, Kobus van Wyk, Rhyno Smith. Doelskoppe: Nohamba (6). Strafskoppe: Nohamba (2).

  • Punteleer:
  1. Cheetahs 22 punte
  2. Leeus 22 punte
  3. Griekwas 21 punte
  4. Haaie 19 punte
  5. Westelike Provinsie 14 punte
  6. Blou Bulle 10 punte
  7. Pumas 9 punte
  • Hoe die halfeindstrydbepalings lyk:

Cheetahs teen die Haaie

Leeus teen die Griekwas

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Kerneels ·

Wie sou dit kon raai ‘n jaar of ses terug: Nie die wp óf bulle in uitspeel wedstryde nie! Het curriebeker sy prestige verloor of het noord en suid hul spelers verloor…?

Judge Dredd ·

…..nee, hulle het lanklaas Vrystaat spelers gekoop. Volgende jaar is die Vrystaat weer leeg gekoop.

Appeljan ·

Go Lions! En daar val die WP plat ha ha ha. WP = Weer Probeer. Groot fout met die kultuur daar in die province in.

Lekker lag ·

Nogal op hulle eie veldjie nadat hulle halftyd voor was. Wonder waar is kolla nou dat sy “magtige Weer Probeer” so skande gemaak het ? Of het hy weer naam verander ?

Feite ·

Lekker laggie. Die wedstrydjie was in BLOEMFONTEIN – nie in die Kaap “op hul eie veldjie” nie. Kry eers jou eie feite reg voor jy jou naam heeltemal met ‘n plankie slaan.

Lekker lag ·

Feite ok seker so maar wat wel ‘n feit is met daai patetiese tweede helfte sou hul enige plek in die wereld verloor het so dis eintlik irrelevant. Jammer vir jou as jy ‘n weer probeer ondersteuner is hulle het al hul ondersteuners se name met ‘n druiwestomp geslaan.

Vintcent ·

WP rugby se probleem lê by hul administrateurs. Die provinsie het top skolespelers, maar hul prioriteite en agenda op seniorvlak is bedenklik.

Rinkhals ·

Bankrot unie met massiewe binnegevegte oor mag. Afwesigheid van ‘n wen kultuur.

H ·

Die probleem vir my as blou bul ondersteener is die vraag het ons afrigters wat weet wat hulle doen. Hoe is dit moontlik op die einde van n seisoen dat spelers nog hoog tekel. Spelers wat top was laasjaar en vorige jare is vrot en gaan na ander spanne toe.Ek glo die spelers wat leeus toe is gaan weer top spelers raak.

DS ·

OnderstEUners is baie gou om kritiek te lewer maar op ou einde is dit die spelers op die veld nie die afrigters. So as jy sienplan a werk nie gebruik plan b en geen afrigter kan vir mis “tackles, patetiese balhantering en verkeerde besluite blameer word nie. Maar ja ek dink as ‘n ander span se ondersteuner dat daar moet bietjie na ander afrigters vir die Bulle gekyk word. Sou ek dit nou geniet het as ou Naas hulle kon afrig en die manne het weer met trots gespeel.

Cuda ·

Die groter unies gaan altyd top spelers aan die bokke afstaan. Van daai bokke kom vroeg al op ryk oorsee se klubs se inkopie lys. Die slegte ding is dat jou top jong spelers wat net die bok groep mis, ook beter salarisse oorsee kry. Dis egter nie verskoning nie. Daarom welgedaan aan ‘n span soos die Griekwas en ook die Cheethas wat uit SR gestoot was. Geluk aan Leeus en Sharks ook. Bulle, julle sal net moet harder werk. Bottom line. Sterkte vir 2020. Ek bly ‘n ondersteuner.

Pieter C ·

Ek dink jy is ‘n TOP ondersteuner van rugby wat ook ons kleiener outjies/ provinsies komplimenteer vir ons pogings om bo uit te kom. Baie dankie daarvoor

Kerneels ·

Griekwas en leeus was opwindende rugby in Kimberley, johan. Alles behalwe ‘n grap. Maar wp en vrystaat het meer rede gegee vir ‘n paar grappe…

Spike ·

Ek sal altyd ñ Cheetha ondersteuner wees, maar soms haat ek dit om na hulle te kyk.

Frans C ·

Dit is ‘n slegte dag as jou twee tradisioneel top unies nie die halfeindwedstryde kan haal nie.Ek verstaan nie wat by die WP aangaan nie.Eers wil hul R2 miljoen van die Goue Leeus hê vir Carlu Sadie, maar kies hom nie eers as ‘n reserwe nie.
Die WP se gesukkel het begin toe hul reserwe voorry opkom en die Cheetahs die oorhand kry.Nou verstaan ek Sadie is op pad Frankryk toe waar hy geleen is aan Stade Francais vir die duur van die wêreldbeker

As hulle hom goed genoeg ag dan wonder ‘n mens waarom hy nie eers WP se reserwe
bank haal nie.

LOL ·

Vir Saterdag se nederlaag kan die WP vir Scara blameer. Gelukkig is hy nie in wereldbekerspan met so ‘n houding. Daardie baljoggie wat afgejak was het vriende in hoe plekke wat verseker het WP verloor?

Nico ·

Rassie en SARU se plan om die WP lelik te verswak vir hul wedstryd teen Griekwas deur pasella Bok wedstryde aan hulle te gee en so die Griekwas ‘n goeie kans te bied om die semie’s te haal en dan weer skielik al die WP spelers onbevoeg te vind vir die Bok oefenkamp en so weer die WP te laai met die hoop dat hul die Vrystaat span sal afslag het lelik geboemerang. Lekkerrrrrrr.

Riaan ·

Net baie bly die Fulletjies is uit die prentjie, hulle ondersteuners ook doodstil, geen vlae of truie word gedra nie.
Niemand in Pta is meer n Flou bul nie, baie snaaks ne.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.