Curriebeker-tafel gedek vir skokke

Die naweek se Curriebeker-uitslae lê dermate voor die hand dat dit in werklikheid die tafel vir ʼn groot skok of wat dek.

Te oordeel aan die Westelike Provinsie, die Sharks en die Valke se jongste vertonings, is die kans dat hulle gestuit sal word, so te sê nul.

Eersgenoemde twee speel Saterdag onderskeidelik op Nuweland (Kaapstad) teen die Blou Bulle, en op Kingspark (Durban) teen die Goue Leeus in die halfeindronde van die Curriebeker-reeks. Laasgenoemde speel op Outeniekwapark, George, teen die Suidwestelike Distrikte in die Eerste Liga-eindstryd.

Pas verlede Saterdag het die WP die Bulle op Loftus Versfeld voor vasgevat en met 34-7 verniel. Dis gʼn wonder nie dat die Streeptruie se wenkans Saterdag, op hul eie werf, deur ʼn beroepswedder op 14/1 gestel word.

Die WP het die Bulle voor vasgevat, en die groot vraag is nou of die Bulle raakvat deur die Springbok Trevor Nyakane teen die WP se Bok-ysterman Wilco Louw in te span. Daar is ook ʼn nuwe vaskopstut in Dayan van der Westhuizen.

♦ Die Leeus het seker die beste kans om die Sharks te verras, want die Durbaniete se wenkans word op slegs 3/1 gestel. Hulle het die Leeus in hul vorige kragmeting (ook in Durban) met 37-21 getem, en die besoekers se jongste vertoning teen die Pumas het nie juis na dié van ʼn moontlike Curriebeker-kampioen gelyk nie.

Warren Whiteley is wel nie Saterdag die Leeus se kaptein nie, maar sy leierskap sal ongetwyfeld na vore tree. Kan dit ʼn verskil maak?

♦ In George sal die Arende dit sover as moontlik uit hul gedagte moet kry dat hulle die Valke vroeër in die seisoen in Kemptonpark naelskraap met 36-34 geklop het. Die besoekers is tans skitterend op dreef, en selfs met die tuisveldvoordeel sal SWD diep moet delf om die beker te wen.

Per slot van rekening is skokke in uitklopstryde geen ongewone ervaring nie.

Wat die deurslag tot verrassings kan gee, is die mate waarin die buiteperde glo hulle kan wen. As hulle nie in hul eie vermoëns glo nie, is die verwagte slae onvermydelik hul deel.

Die bepalings –

Vrydag

Eerste Liga

18:00 SWD teen Valke, Outeniekwapark, George.

Saterdag

Curriebeker

14:30 Sharks teen Goue Leeus, Kingspark, Durban.
17:00 WP teen Blou Bulle, Nuweland, Kaapstad.

Die spanne –

Sharks

15 Curwin Bosch, 14 Sbu Nkosi, 13 Jeremy Ward, 12 Marius Louw, 11 Lwazi Mvovo, 10 Robert du Preez, 9 Louis Schreuder (kaptein), 8 Daniël du Preez, 7 Tyler Paul, 6 Jacques Vermeulen, 5 Hyron Andrews, 4 Gideon Koegelenberg, 3 Thomas du Toit, 2 Akker van der Merwe, 1 Juan Schoeman. Bank: 16 Chiliboy Ralepelle, 17 Mzamo Majola, 18 Coenie Oosthuizen, 19 Luke Stringer, 20 Jean-Luc du Preez, 21 Cameron Wright, 22 Leolin Zas, 23 Aphelele Fassi.

Goue Leeus

15 Sylvian Mahuza, 14 Courtnall Skosan, 13 Lionel Mapoe, 12 Howard Mnisi, 11 Aphiwe Dyantyi, 10 Elton Jantjies, 9 Nic Groom (kaptein), 8 Warren Whiteley, 7 Pikkie de Villiers, 6 James Venter, 5 Marvin Orie, 4 Rhyno Herbst, 3 Jacobie Adriaanse, 2 Pieter Jansen, 1 Sti Sithole. Bank: 16 Tiaan van der Merwe, 17 Danie Mienie, 18 Chergin Fillies, 19 Vincent Tshituka, 20 Hacjivah Dayimani, 21 Dillon Smit, 22 Shaun Reynolds, 23 Wandisile Simelane.

WP

15 Dillyn Leyds, 14 Sergeal Petersen, 13 Ruhan Nel, 12 Dan Kriel, 11 SP Marais, 10 Damian Willemse, 9 Herschel Jantjies, 8 Juarno Augustus, 7 Ernst van Rhyn, 6 Kobus van Dyk, 5 JD Schickerling, 4 Chris van Zyl (kaptein), 3 Wilco Louw, 2 Bongi Mbonambi, 1 Ali Vermaak. Bank: 16 Scarra Ntubeni, 17 Caylib Oosthuizen, 18 Michael Kumbirai, 19 Salmaan Moerat, 20 Jaco Coetzee, 21 Paul de Wet, 22 Josh Stander, 23 JJ Engelbrecht.

Blou Bulle

15 Divan Rossouw, 14 Duncan Matthews, 13 Dylan Sage, 12 Johnny Kotzé, 11 Jade Stighling, 10 Manie Libbok, 9 Ivan van Zyl, 8 Hanro Liebenberg, 7 Marco van Staden, 6 Ruan Steenkamp, 5 Eli Snyman, 4 Hendré Stassen, 3 Dayan van der Westhuizen, 2 Jaco Visagie, 1 Trevor Nyakane. Bank: 16 Edgar Marutlulle, 17 Frans van Wyk, 18 Conrad van Vuuren, 19 Ruan Nortjé, 20 Nick de Jager, 21 Embrose Papier, 22 Tinus de Beer, 23 Franco Naudé.

SWD

15 Leighton Eksteen, 14 Marlo Weich, 13 Tyler Fisher, 12 Vuyo Mbotho, 11 Alshaun Bock, 10 Divan Nel, 9 Johan Steyn, 8 Wayne Wilschut, 7 Nicolaas Immelman, 6 Janneman Stander, 5 Wynand Grassmann, 4 Ruben Schoeman, 3 Mzuvukile Sofisa, 2 Jacques Vermaak, 1 Lux Koza. Bank: 16 Le Roux Baard, 17 Teunis Nieuwoudt, 18 Dewald Dekker, 19 JC Janse van Rensburg, 20 Brendon Esterhuizen, 21 Kirsten Heyns, 22 Adri Jacobs.

Valke

15 Andries Truter, 14 Don Mlondobozi, 13 Lundi Ralarala, 12 Grant Janke, 11 Etienne Taljaard, 10 Errol Jaggers, 9 Anrich Richter, 8 Friedle Olivier, 7 Wihan Jacobs, 6 Thabo Mabuza, 5 Jacques Alberts, 4 Shane Kirkwood (kaptein), 3 Heinrich Roelfse, 2 Marco Klopper, 1 Koos Strauss. Bank: 16 Jan-Frederik Enslin, 17 Andries Schutte, 18 Andrew Volschenk, 19 Martin Sithole, 20 Johan Pretorius, 21 Andrew van Wyk, 22 Coert Cronjé.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Frans C ·

Die eindstryd sal waarskynlik ‘n herhaling wees van laasjaar,want die Leeus en Bulle se spanne beskik nie oor die samespel van die Sharks of WP nie.

Dit lyk eerder of die afrigters van die spanne mi ‘n desperate poging aanwend in spankeuses om die eindstryd te haal en dat veral die afwesigheid by die Lions soos Kwagga Smith,tans in Japan en van Rooyen (stut) na Bath,Engeland en Dreyer Clouchester ,ook Engeland deeglik gevoel sal word.

Dit lyk dus of die Lions eerder in ‘n herbou fase is en die Curriebeker vir die doel gebruik.

RooigesigBloubul ·

Spaar ‘n oomblik aan ons arme Bul ondersteuners, ons bou al asn n span sedert 2011……, en ons wag steeds vir sie boumateriaal om op te daag

ac ·

Verlede se oorwinning was nie volle wedstryd teen Bulle nie,ons kyk môre en praat Maandag weer.

Verlee Bul ·

Gelukkig was dit net ‘n halwe wedstryd! Anders het WP naby 100 punte gekry. Daar is geen kans dat die Bulle kan wen nie. Die sogenaamde Bulle voorry gaan weer gras eet. Dan kom die kaptein en vertel die ref dat WP dit of dat verkeerd doen! Wat ‘n verleentheid

ac ·

Ons sal môre sien,die verrassing kom soos Bokke en AB s’n van voor die tyd praat.

Cuda ·

Onthou die jaar van die “duikslag deur die kaal mannetjie” in die WP vs Cheetha wedstryd. Bulle was toe ook heel onder en was daai jaar Curriebeker kampioen. Kan daai kaal mannetjie asb ‘n “terugkeer” doen….:-)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.