Curriebeker: WP nie sommer geklop nie

Die Westelike Provinsie het Vrydag op Nelspruit getoon hy sal nie sommer van die Curriebeker afstand doen nie.

Die WP-heelagter SP Marais het 22 punte (ʼn drie, sewe doelskoppe en ʼn strafdoel) behaal, maar Sergeal Petersen (twee drieë, en ʼn hand in nóg twee) is as die speler van die wedstryd gekroon.

Die besoekers was eenvoudig soveel vaardiger as die tuisspan, en was met 26-0 voor, voordat die Pumas tot verhaal kon kom.

Met agt drieë vir die WP, en vier vir die Pumas, het elkeen in dié opsig ʼn bonuspunt verdien.

♦ In die Eerste Liga-wedstryd in Potchefstroom was die slag vir alle praktiese doeleindes teen rustyd gelewer, toe die Luiperds reeds met 28-12 voor was.

Laasgenoemde het in die tweede helfte die enigste punte, ʼn doel in die doodsnikke, aangeteken om met 35-12 te wen.

♦ In Oos-Londen was daar ook min twyfel oor die uitslag nadat die Suidwestelike Distrikte binne vier minute met 14-0 voor was.

Grens het hard probeer om in te haal, maar die besoekers was op die ou end met 37-22 baas.

Die puntemakers –

Pumas 28 (14) – Drieë: JP Lewis, Le Roux Roets, Jerome Pretorius. Doelskoppe: Chris Smith (4).

WP 57 (29) – Drieë: Kobus van Dyk, Sergeal Petersen (2), Ruhan Nel, SP Marais, Ernst van Rhyn, Sikhumbuzo Notshe, Herschel Jantjies. Doelskoppe: SP Marais (7). Strafdoel: SP Marais.

Luiperds 35 (28) – Drieë: Marius Stander, Limmy Mpailane, Gerhard Nortier, Akhona Nela, Bradley Moolman. Doelskoppe: Gerhard Nortier (4), DP de Lange.

Boland 12 (12) – Drieë: Clemen Lewis, Tapiwa Tsomondo. Doelskop: Jacquin Jansen.

Grens 22 (8) – Drieë: Sonwabiso Mqalo (2), Somila Jho. Doelskop: Lwandile Mapuko. Strafdoel: Bangi Kobese.

SWD 37 (22) – Drieë: Alshaun Bock, Marlo Weich (2), Ruben Schoeman (2). Doelskoppe: Divan Nel (3). Strafdoele: Divan Nel (2).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Frans C ·

Niks om oor opgewonde te raak nie.Dit wys weereens hoe swak ons rugby werklik is.
WP/Stormers 11de in superrugby.Ons voorste curreebekerspan span sal sukkel om die voorste span in NZ in ‘n soortgelyke kompetisie te klop.

Frans C ·

Ek wens regtig Schalk Burger snr se wens word bewaarheid en die hele SARU spul bedank.
Hulle spandeer miljoene om van Suid Afrika se spanne kanonvoer in die Pro 14 te maak.
Die Kings verloor hul eerste wedstryd van die nuwe seisoen 32-16 teen een van die swakste spanne nl.die Zebre wat toe ook sommer ‘n bonuspunt behaal.

R33 miljoen? rerig om twee spanne daar te laat speel en van hul voorste spelers daar te verloor.Jy moet werklik totaal oninglig wees as jy dink dat Suid Afrika se beste spelers
as hul eenmaal daar is,die aantrekkingskrag van die pond en Euro kan weerstaan.

bollie ·

Natuurlik sal die NS-spanne ons klop. Hulle het meer diepte in die gehalte van spelers. Ons CB-spanne sonder die bokke behoort ook teen die oorsese klubs te verloor. Dit bygesê, die WP CB-span het redelik goed gevaar op toer teen Montpellier wat een van die Franse en Europa se top spanne is, maar dan is WP waarskynlik ook ons sterkste CB-span.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.