Curriebeker: WP trap Bulle se tjank af

(Foto: GB Jordaan)

Die Suid-Afrikaanse rugbyspanne sal hul jong en onervare spelers in veral vanjaar se Curriebekerreeks reg moet bestuur en aanwend om toe te sien dat hul loopbane nie onnodig skade aangedoen word nie.

Niemand kon voorsien het dat die Blou Bulle Saterdag op Loftus Versfeld sonder 44 van hul voorste spelers teen die Westelike Provinsie in dié spanne se Curriebekerwedstryd moes klaarkom nie. Die WP moes self sonder ’n klomp van hul spelers klaarkom.

Die WP het met 48 – 24 gewen nadat die Streeptruie reeds rustyd met 28 – 12 voor was.

(Foto: GB Jordaan)

Die jong Blou Bulle, met net twee spelers met Curriebekerondervinding, is voor oorheers, hul verdediging en besluitneming het gelol, terwyl die WP groot gate geslaan het.

Die Curriebekerreeks is sekerlik ʼn reeks waar die boustene vir die toekoms gelê word, waar talent reg ontwikkel word, waar nuwe helde gebore word.

Maar dan moet die speelveld gelyk wees.

Die wye gaping tussen die Blou Bulle se jongelinge, meestal nog kalwers, en die WP se jonges, met meer ervare spelers soos Seabelo Senatla, Sergeal Petersen, Dan du Plessis, Rikus Pretorius, Tim Swiel, Paul de Wet, Ernst van Rhyn, Evan Roos en Neethling Fouché het soos ʼn seer duim uitgestaan.

Ja, van die WP-spelers is tereg ook nog jonk, maar hulle oefen byna daagliks saam met franchise se Springbokke en ander hardebarde, hul liggame het al gewoond geraak aan die stampe en stote.

(Foto: GB Jordaan)

Die Bulle, wat aansien laat in die wedstryd herwin het toe die WP sy meer ervare spelers vervang het, het gewys hoe dinge eintlik gedoen moes word.

Toe het die spelers eers tot hul reg gekom.

Dis hoekom ʼn mens jare lank al spanne soos die Cheetahs, Pumas en Griekwas jammer kry omdat hulle met klein begrotings en min spelersdiepte saam met die groot honde bly blaf.

Die les wat geleer is, is dat wanneer onervare jongelinge teen hardebaarde ingespan word, speel jy dalk met vuur.

Puntemakers:

WP 48 (28): Drieë: JJ Kotzé (4), Sihle Njezula, Evan Roos, Dan du Plessis. Doelskoppe: Abner van Reenen (4), Tim Swiel. Strafdoel: Swiel.

Blou Bulle 24 (12): Drieë: Kefentse Mahlo, Richard Kriel, Dewald Donald, Jaco Labuschagne. Doelskoppe: Jandré Burger (2).

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

MakersMark ·

WP heeltemal te goed vir bulle se 2 de span. Geluk WP het ondernemende rugby gespeel Bulle eers laaste 10 min iets probeer doen.

Willempie ·

Heng dit moet erg wees om sonder 44 of is dit dalk meer, van jou gereelde spelers klaar te kom. Veral met die Blou Bul rugby patroon. Verskonings…verskonings. Blou Bulle na Blou VULLETJIES. Goed so WP, wys hul hoe om rugby te speel.

MakersMark ·

Curriebeker is nie gewen na eerste rondte nie……Bulle se spelers kom terug van oorsee dalk gaan dit bietjie moeiliker wees vir ander spanne. Maar nou ja ‘n wen vir die WP teen die Bulle is skaars al is dit die B span so geniet hom. Die wyn proe seker beter as die afgelope 2 seisoene.

Harry ·

Onthou die WP se spelers kom ook terug, so dit was B span teen B span, Bulle vreet sommer 2 keer van die grond af. HAHAHA

MakersMark ·

Ou Harry en wat sê jy dat daai ellendige bulle meeste ander spanne 2 x in die reeks geklop het ? Sover el verstaan het die bulle BO OP die log geeindig ? So as hul so vrot is, weet jy hoe vrot is die res ?

Harry ·

Ek gee nie om nie, AL die SA spanne is pateties, stel net nie in SA rugby belang nie, al die goeie spelers speel in ander lande.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.