D-naweek vir SWD, Valke in Eerste Liga

currie cup logo 2016.jpgVrydag en Saterdag is deurslaggewend vir die Suidwestelike Distrikte (SWD) en die Valke in die Eerste Liga van die Curriebeker.

Die SWD (vierde op die punteleer) moet Vrydag die tweede geplaaste Grens in die Buffalostad-stadion in Oos-Londen klop as hy in die kwarteindronde van die afdeling wil speel.

Die Grens het dusver nog net teen die voorloper, die Luiperds, verloor.

As SWD nie wen nie, is dit byna seker dat die Valke, wat Saterdag teen die Welwischias in Windhoek speel, hom met `n sege uit die vierde plek sal dwing.

Die Namibiers kon vanjaar nog geen wedstryd wen nie.

Naas die Luiperds en Grens is die Griffons reeds seker van `n plek in die kwarteind.

Die punteleer –

Luiperds 25, Grens 17, Griffons 15, SWD 9, Valke 7, Welwitschias 2.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.