Daar is al weer klippe in die Bokke se pad

Ai, net as ʼn mens gedink het dat daar lig in die Springboktonnel is, dan raak dit weer donker.

Die Springbokspan vir die komende wegtoetse teen Ierland, Frankryk, Italië en Wallis word op Sondag, 29 Oktober gekies en die spelers trek op 31 Oktober saam voor die eerste toets op 11 November teen die Iere in Dublin.

Maar daar is onsekerheid of Johann van Graan, die voorspelerafrigter wat na die lynstane omsien, die toer sal meemaak nadat daar vandeesweek bevestig is dat hy die leisels by Rassie Erasmus as Munster se hoofafrigter oorneem.

My gevoel is dat daar so vinnig moontlik ʼn besluit oor Van Graan geneem moet word.  Sodra sy Ierse werkpermit in orde is, is hy vir die Bokke verlore. As hy nie saam kan toer nie, moet ʼn lynstaankonsultant, iemand soos Victor Matfield, by die toer betrek word.

Die Bokke het in hul laaste toets op Nuweland teen die All Blacks puik in die lynstane gevaar, maar die groot bederwer, Brodie Retallick, het nie teen hulle gespeel nie. Wat het in Albany gebeur toe Retallick wel teen die Bokke gespeel het?

Die Iere sal na alle waarskynlik vir Devin Toner, die langste speler in toetsrugby (2,10 m), in hul span hê – en wees maar verseker dat hy op die Bokke se ingooie sal meeding. Daar word gesê dat Matthew Proudfoot, die voorspeler (skrumafrigter) die taak sal oorneem. Moet hy werklik ook met dié taak opgesaal word?

Of ons nou daarvan hou of nie, spesialiste is uiters noodsaaklik, want spelers word soos robotte bestuur en op toer sal daar 34 of selfs meer wees. Die dae is verby dat een of twee afrigters die taak kan behartig. Rugby het te gespesialiseerd geraak.

Ook is daar baie onduidelikheid oor Erasmus se posisie, en wanneer hy as die Suid-Afrikaanse Rugbyunie se direkteur van afrigting inval. Sy prokureur, Frikkie Erasmus, het Donderdag bevestig dat Erasmus reeds op 1 November terug in Suid-Afrika sal wees. Is dit om huis te soek en die regte skole vir sy kinders te vind, of dalk om saam met die Bokke te toer?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Seeklong ·

Jaaaaa! Kry vir Victor, maak hom afrigter en kaptein en en laat hom slot speel. Ai, ek mis die oupas in die span.

WONDER ·

Ai Seeklong, wat praat jy. Heyneke en sy kamtige ouetehuis het wel teen Japan verloor, maar ons het net net in semi teen All Blacks verloor. Toe word almal gefire omdat ons 2de in wereld gelê het .Nou verloor ons alles en oral en kry afrigters seker bonusse as ons met minder as 57 punte verloor. Wat ‘n siek joke. Allice het tot vandag toe nog nooit enige iets met Stormers kon bereik nie en as dit nie vir Gert Smal was wat ingegryp het nie was hy soos sleg seebaber weggejaag.

Hennie ·

Ag ou seeklong, waar is die goeie ou dae toe die bulle en bokke bo was

Krappies ·

Lekker lag ek nou Seeklong. Ek stem heel hartig saam.

Bring sommer vir Os, Fourie, Jean, Zane en kie ook terug.

Ag, hoe mis ek vir Bakkies nou.

Willie ·

Hendry Honeyball, Bullet, Andre Venter, Stephan Terblanche, Gary Teichmann…

Boytjie ·

Almal nog te onlangs!!!!
André Joubert, Joost, Ruben Kruger, Pienaar Tiaan Straus en, en, en,
Of wat van Oom Frik, Oom Mof, Oom Louis Moolman, Oom Moaner v Heerden, Oom Theuns Stoffberg, Oom Wynand Claasen. AI MAN……….DIT WAS NOG FORWARDS.
As jy nie gebloei het na ‘n game nie……dan was jy nie in die game nie.

Ans ·

Sal Divan Serfontein nie ook dalk beter vaar op skrumskakel nie!

Maria Van Dieweeck ·

Jantjes moet gly. Hy is nutteloos as dit by SKOP kom!

Josua Keys ·

Maria, aangesien my kommentaar verwyder was die volgende, POS die kaptein as hy sien Jantjies sukkel om pale toe te skop waarom nie vir Andries Coetzee of selfs Ross Cronje nader trek om te skop nie dit bly immers die kaptein se plig al dan nie, en alby van die manne kan ook pale toe skop.

Josua Keys ·

Maria Jantjies moet net sy haarstyl en houding verander dan sal mense hom “laaik” hy was die losskale in amper al die Lions se wedstryde en die Lions het weereens tweede gekom met die Super reeks, waar was die ander losskakels dan???? NERENS ek is ook nie heeltemal n Jantjie Fan nie maar hy het n hele paar goeie wedstryde agter die rug, sou Johan Akkerman die Bokke afgerig het sou hy in elk geval gespeel het maar eending belowe ek jou hou sou 110% beter gevaar het want Johan sou beslis n ander span op die veld gehad het as Coetzee en ek waarborg jou die resultate sou anders gewys het. Dit help nie ons wil wen en die regte spelers word nie gekies nie dink jy vir een oomblik dat die ou Bokke wat hom so hoog ag weet nie waarvan hulle praat nie, al wat die keurders moet doen is om die Lions se volle agterlyn saam hom te gebruik maar dan wen ons weer alles en dit wil die regering nie het nie want rugby wil hulle uit SA moor want dit is n boerjie sport. Jammer maar dis waar hoor!!!!!

Willie ·

Julle wat so in die verlede leef.
Noag was ook destyds in die ark.
Daniël in die leeukuil. Dit is jou 2017

Joe Hall ·

Ja en oorle’ Willie Liebenberg was die laaste ou wat soos ‘n volstruis kon skop.

Callie ·

Julle is reg. Bring terug die Victors en ander. Ten minste het ons dan manne wat weet wat wen is. Manne wat gedoen het. Manne wat respek van selfs die All Blacks gehad het. Nou se AB afrigter daar is springbokke wat nie toetsgehalte is nie. Gewoonlik maar Stormers wat so praat. Die Bulls met die Matfields het vir jare oor julle geloop

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.