Daar is darem spelers wat bly

Pieter-Steph du Toit. Foto: GB Jordaan.

Die aanstelling van John Dobson as die Stormers se hoofafrigter vir die komende seisoen blyk ’n baie goeie besluit vir Suid-Afrikaanse rugby te wees.

Die Kapenaars se Pieter-Steph du Toit (SA Rugby se speler van die jaar), Siya Kolisi (Springbokkaptein), JD Schickerling, Bongi Mbonambi, Steven Kitshoff, Wilco Lou en Frans Malherbe het almal hul bereidwilligheid aangedui om volgende jaar weer die Stormers-trui oor hul koppe te trek.

Veral Du Toit moes al ’n paar aanbiedinge van oorsese klubs gekry het, terwyl Kolisi ook met Sale Sharks verbind is.

Intussen het die Lions se Dylan Smith (stut) en Vincent Tshituka (losvoorspeler) hulle ook tot die unie verbind.

Die spelers se bereidwilligheid om met hul loopbane in Suid-Afrika voort te gaan, is goeie nuus vir plaaslike ondersteuners – veral dié wat nog Superrugbywedstryde op ’n naweek bywoon.

Ongeveer 19 spelers – onder wie Handré Pollard, Jesse Kriel, Coenie Oosthuizen, RG Snyman en Akker van der Merwe – het reeds aangedui dat hulle hul heil oorsee gaan soek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

TN ·

Agge nee ! Niemand wil wil kolisi hê nie nou moet ons met hom opgeskeep bly !?

Swartwolf ·

100% reg. Dwerg in ‘n reus se gewaad. Gehoop Japan koop hom dan is hy ten minste “big in japan” want hier en op die toetsveld is hy maar klein. In postuur en as leier.

Hendrik ferreira ·

Die probleem is die goeie spelers gaan oorsee en die ………bly agter dit sou beter gewees as dit omgekeerd was.

Niklaas ·

Dis jammer , maar niemand kan diegene wat vertrek , verkwalik nie. Ek sou ook. Vanaf 2021 sal sake nog slegter raak vir SA rugby , as elke SA Superrugby en Bok span een liederlike drag slae opdoen sodra hul wedstryd pogings aanwend. Daar is soveel goeie SA sterre reeds in Franse , Britse , Japanse, Italiaanse rugby kampioenskap spanne wat mens in die media van lees. Geld praat beslis , maar ander faktore kan spelers ook moedeloos maak !

Johan Pretorius ·

Rugby gaan agteruit in Suid Afrika. Die pawiljoene is leeg en die rugby ondersteuners stel nie meer belang nie. Die groot rede is dat rugby ook gekaap is. Na die 2019 wereldbeker gaan dit nog slegter gaan.

Eben P ·

Duidelik is die spulletjie wat agter bly nie op oorsee standaard Arme Kissie wonder hoekom hy hom solank vasgeteken het Volgende jaar gaan WP seker kook teen die ander spanne en dan gaan Dobson seker in Rassie se plek aangestel word dan begin ons gemors eers

Bekommerd ·

SA rugby is soos SA politiek. Deurmekaar en pateties. Dis hoekom die slimmes oorsee gaan speel. Beter rugby toekoms daar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.