Daar is ’n Kwagga in die beginspan!

Duane Vermeulen is as die kaptein van die Springbokke vir die All Blacks-toets aangewys. Foto: GB Jordaan.

Reg, die B-span het gewys hulle kan die Wallabies in Johannesburg troef, nou moet die A-span in hul wen-voetspore volg en die All Blacks in Wellington aanvat. Maar die Kiwi’s op hul tuisveld is ’n perd van ’n heeltemal anderste kleur.

Hoewel die Nieu-Seelanders se normale seepgladde enjin effens teen die Argentyne gestotter het, is hulle steeds die wêreld se beste rugbyspan. En al is vanjaar se Bok-doelwit eerder om later die Wêreldbeker-trofee omhoog te hou, is ’n wen teen die All Blacks op hul tuisveld steeds lekkerder as verbode vrugte; aldus Robbie Wessels.

Kwagga Smith. Foto: GB Jordaan.

Goeie nuus vir baie Lions-ondersteuners is dat Kwagga Smith uiteindelik sy kans in ’n Boktrui kry. Die oudleerling van HTS Middelburg het weliswaar sy debuut teen Wallis in Washington gemaak, maar hy was die afgelope paar seisoene een van Suid-Afrika se bestes in die Superrugby-reeks en hy verdien beslis ’n kans om sy kleim in Rassie Erasmus se Wêreldbeker-span af te steek.

Die ervare Duane Vermeulen sal die span van agter die skrum lei, met Pieter-Steph du Toit, Handré Pollard, Malcolm Marx en Eben Etzebeth die ander leiers in die span.

Die enigste kombinasie wat ʼn mens nie té opgewonde maak nie, is in die middelveld, met Damian de Allende en Lukhanyo Am die senterpaar.

  • Herschel Jantjies is op die plaasvervangersbank. Foto: GB Jordaan.

    Afskoptyd is om 09:35 (SA tyd). Suid-Afrika het verlede jaar se toets op Wellington 36 – 34 gewen.

  • Nieu-Seeland het 12 van die laaste 14 toetse teen die Springbokke gewen.
  • Die All Blacks kort net ses punte om 16 000 algehele punte in hul toetsgeskiedenis aan te teken. Geen ander internasionale span kon al die 14 000‑puntekerf breek nie.
  • Die Aussie-skeidsregter, Nic Berry, sal in beheer van die wedstryd wees.

Springbokke: Willie le Roux (heelagter), Cheslin Kolbe (regtervleuel), Lukhanyo Am (buitesenter), Damian de Allende (binnesenter), Makazole Mapimpi (linkervleuel), Handré Pollard (losskakel), Faf de Klerk (skrumskakel), Duane Vermeulen (kaptein en agtsteman), Pieter-Steph du Toit (flank), Kwagga Smith (flank), Franco Mostert (slot), Eben Etzebeth (slot), Frans Malherbe (stut), Malcolm Marx (haker) en Steve Kitshoff (stut). Plaasvervangers: Bongi Mbonambi, Tendai Mtawarira, Trevor Nyakane, RG Snyman, Francois Louw, Herschel Jantjies, Frans Steyn en Jesse Kriel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

26 Kommentare

jongste oudste gewildste
Ekke

Hierdie lyk eerder na die B span. Ouens soos de Allende, Am, Mapimpi en le Roux is swak skakels wat deur die All Blacks uitgebyt gaan word. Hoekom van kaptein verander? Etzebeth het uitstekend gedoen teen die Aussies. Ek dink Rassie maak paar groot blapse met hierdie span.

Viss

Gee die man ‘n kans, Steyn kan altyd as plaasvervanger opkom wat ek glo sal gebeur. Dit is belangrik om nou vas te stel wie sal die mas opkom en wie nie.

Niklaas

Ek is bekommerd oor 3 van hierdie ster span se spelers , Am en Mapimpi se verdediging is maar vrot en Frans Malherbe het my nog nooit beïndruk nie. Maar dan , almal sal verskillende opinies hê oor span keuses. Laat ons hoop dat die AB’s oorgerus gaan wees , dan kan ons hul klop. Ons hou duim vas.

Rinkhals

Voorspelers lyk goed. Jammer van midgetry 14 en die ellende op 12. As die voorspelers vuur dalk het die bokke ‘n kans.

onbekend

Baie goeie span! Go Bokke!!