Daar is nie meer plek vir poeding nie

Toe kaartjies nog net R6,00 gekos het en jy soms deur die nag moes toustaan om een in die hande te kry.

Verbeel ek my, of is daar bitter min belangstelling vir die komende reeks van drie toetse tussen die Springbokke en die Franse?

Dit kan nie anders nie. Ons is bederf, want daar is gans te veel disse vir die smulpape op die tafel: die Britse en Ierse Leeus se toer in Nieu-Seeland, die Junior Springbokke se Wêreldkampioenskap in Georgië, die Kampioenekriekettoernooi in Engeland, die Franse Ope-tennistoernooi, die Wallabies wat drie tuistoetse speel, asook Engeland, Skotland , Wallis, Italië, Ierland en Argentinië wat toetsrugby speel.

Boonop is die Superrugbyreeks nog nie afgehandel nie.

Jare gelede, toe kinders nog tol, albasters en kennetjie gespeel het, toe rugbyseisoene net tussen Maart en September bestaan het en daar week lange Springbokproewe gehou is om so elke twee, drie jaar ʼn internasionale span vir ʼn lang toer te verwelkom, was dit anders.

Daar is deur die nag tougestaan vir toetskaartjies en die toetsunies het hoenderstellasies gebou om plek vir die duisende toeskouers te maak. Gesinstydskrifte soos die Brandwag, Farmers Weekly en  Huisgenoot  se verkope het deur die dak geskiet wanneer ʼn Springbokspan-plakkaat op die middelblad was. Gerhard Viviers se plate met sy rugbykommentaar daarop  was Kersfees ʼn wenner en die Bats het die treffersparade gehaal met Vat hom Dawie.

Wanneer ʼn toerspan in ʼn stad of dorp was, het dinge tot stilstand gekom. Daar was optogte, vlotte en sierwaens, met die dorp se skoonheidskoningin en die toerspan se kaptein op die heel belangrikste vlot.

Die toerspan het skole en hospitale besoek en die burgemeesteronthaal was ʼn hoogtepunt, of altans só het die stadsvaders altyd gedink.

Op die onthaal ná toetse het elke Jan Rap en sy maat toesprake gehou: die unie se president, die twee spanbestuurders en dan die twee kapteins. Daar is geskenke uitgedeel, dasse is omgeruil en elke span het ‘n pak lapelwapentjies ontvang voordat daar by die kospotte uitgekom is.

En nou?

Wie kan vier  lede van die Franse toerspan se name opnoem?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Kaspaas ·

Enige persoon wat geld spandeer om na die bokke te gaan kyk het geld om te mors. Die bok trots is al lankal verlore.

Wicus ·

Ai Pieter, geniet ek jou skrywe. In 1970, sing ons Now is the hour en My Sarie Marais vir die All Blacks by Bethlehem se vliegveld, Graham Thorne kom kuier vir ‘n juffie in die koshuis, chaos in die studiesaal.

Nee, ek raak ook nie meer opgewonde nie. Onthou julle Frik se vuishou op Plantevol dink ek in ’67?

Jack Russl ·

Dit gaan nie oor te veel rugby nie. Dit gaan oor ons coach, wat niks weet van rugby af nie. Mense begin vir SARU ‘n punt te bewys deur weg te bly van bok wedstryde af. Ek self het verlede jaar ophou om bok rugby te kyk en totdat die huidige gemors by SARU nie uitgesorteer is nie sal ek nie bok rugby ondersteun nie

Nee wat ! ·

Nee wat sorry die amokrokko bokke is soooo BORINGGGGG! Hoekom my geld mors !!! Ek kyk eerder skaak dankie….

wicus ·

DAAR IS MEER OPWINDING IN DIE 7 UUR NUUS AS DIE GETJOMMEL VAN DIE SPRINGBOKKE

Nico K ·

Ek was 9 jaaar oud in 1974 en kon al 30 die Britse Leeus se spelers opnoem. En kan vandag nog sê wie het al die Springbokke se punte aangeteken. (Dit is natuurlik nie ‘n kuns nie, want die Springbokke het nie te veel punte in die hele reeks aangeteken nie.) Die Britse Leeus het natuurlik 22 wedstryde in SA gespeel. Selfs hul toer nou na NZ het slegs 10 wedstryde.

Arie ·

Nee laat die transformasie mense maar gaan kyk hoe ons verloor, daar behoort geen plek vir ons te wees nie ?

Bert ·

Ek het myself transformeer om ‘n All Black ondersteuner te word waar meriete deurslaggewend is. Nie so moeilik nie.

Arie ·

Nee laat die transformasie ondersteuners maar gaan kyk hoe die boerbokke verloor, daar behoort geen plek vir ons te wees nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.