Daar is seker kommer in die Cheetah-kamp

sharks-logoDaar moet darem so ʼn effense kommer in die Cheetahs se afrigtingskamp wees, al kan ʼn opwarmwedstryd nie altyd as maatstaf gebruik word nie.

Die Bloemfonteiners het Vrydagaand in Umlazi, net buite Durban, slegs ʼn enkele drie teen die Sharks kon druk en vir die twee agtereenvolgende wedstryd was dit hulle enigste punte. Hulle het verlede week 7-43 teen die Stormers in Bulawayo pak gekry en Vrydagaand teen die Sharks 7-35 verloor.

Die Sharks het vyf drieë gedruk, ondanks middelmatige hantering en ʼn algemene gebrek aan afronding in veral die eerste kwart van die wedstryd.

Die telling, nie altyd betroubaar nie in opwarmwedstryde waar spelers gereeld geroteer word, gee in hierdie geval wel ʼn aanduiding dat iets by die Vrystaters skort – veral inaggenome dat die Sharks, weens ongeoorloofde spel, 25 minute lank met net 14 spelers moes klaarkom en vir vyf minute met net 13 spelers toe twee van hulle gelyktydig langs die veld moes sit.

Nico Lee se drie, die enigste van die Vrystaat, het juis gekom toe die tuisspan nie voltallig was nie.

♦  Vroeëre sout in die Vrystaat-wonde was die 0-14 telling van die ‘naasbestes’ wat in die eerste wedstryd ook teen die Sharks pak gekry het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.