Daar was ʼn sewende Britse Leeu uit Suid-Afrika

Daar was toe ʼn sewende Britse en Ierse Leeu met Suid-Afrikaanse wortels.

Pale Toe! is sedert die berig oor Suid-Afrikaans-gebore Leeus verskyn het daaraan herinner dat Mike Catt, wat in Port Elizabeth gebore is en aan die Grey-hoërskool gematrikuleer het, ook die gesogte rooi trui gedra het.

Hy is in 1997 as plaasvervanger vir die Leeus na Suid-Afrika ontbied en het in die laaste toets gespeel.

Die veelsydige agterspeler is vir 2001 se Leeutoer na Australië gekies, maar is beseer en deur Scott Gibbs vervang. Hy het wel in die wedstryd teen Australië A gespeel, maar is voor die einde van die eerste helfte vervang.

Catt, wat in ʼn paar wedstryde vir die Oostelike Provinsie gespeel het, het Engeland in 75 toetse verteenwoordig en ook ʼn slag aangevoer.

Hy het later as afrigter naam gemaak en onder meer as hulpafrigter van die Rose opgetree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.