Danré Gerber se skopskoen het Vrydag, soos hy gereeld doen, weer die telbord in die Franse Pro D2-liga laat rol.
Die seun van die Springboklegende Danie Gerber het 12 van Mont de Marsan se punte in sy groot oorwinning van 37-6 oor Narbonne behaal.
Gerber jr, wat vir die Boland as senter uitgedraf het voor hy Frankryk toe verhuis het, het met drie doelskoppe en twee strafdoele geslaag.
♦ In nog ʼn wedstryd in die reeks het die gewese SA o.20-skrumskakel James Hall ʼn drie vir Oyonnax teen Dax gedruk.
Sy span het die kragmeting met 46-26 gewen.
Hall het verlede jaar Superrugby vir die Kings gespeel voor hy ʼn driejaarkontrak met die Franse klub gesluit het.