De Allende, Mof Mybugh, Lofty Nel?

Damian de Allende -(Twitter SuperSport)

Damian de Allende (Twitter SuperSport)

Ek wonder steeds hoe Mof Myburgh en Lofty Nel dit in 1970 reggekry het om in die laaste twee toetse teen die All Blacks by te hou.

Toe die Bokke se huidige afrigter, Allister Coetzee, Woensdag sy span bekend gemaak om die All Blacks in Saterdag se toets in die Rugbykampioenskap te pak, was daar vrae rondom die insluiting van Damian se Allende op binnesenter.

De Allende is een van die klimtolle van die Springbokspan. Dán is hy in en dán is hy uit, sonder dat sy spelpeil ʼn opwaartse kurwe toon.

Coetzee het hom verlede week vrygestel om vir die Westelike Provinsie in die Curriebekerreeks teen die Boland Kavaliers te speel om sy selfvertroue te herwin. De Allende was steeds ʼn skaduwee van die begaafde speler wat die bal in druksituasies kon aan- en uitgee (het dit werklik gebeur of was die Bokke nie net maar op die voorvoet nie?) en kanse vir sy buitespelers te skep.

Dit gebeur maar in elke toets dat daar vraagtekens oor spankeuses hang, in elke reeks, in elke land en elke jaar.

Die Bokke het in 1970 een van die beste All Black-spanne ontspoor toe hulle die eerste toets op Loftus Versfeld 17-6 gewen het. Die All Blacks was voor die toets onoorwonne in 17 toetse en op koers na die wêreldrekord van 18 toetse (vir die keurspanne in rugby).

Saterdag op Kingspark kan die All Blacks die rekord van 17 toetse ewenaar en as hulle die Bokke klop, behoort hulle die rekord teen die sukkelende Wallabies te laat spat.

Nouja, die All Blacks het in 1970 toe die tweede toets op Nuweland met 9-8 gewen. Daar was kommer in die Bokkamp, want die All Blacks se hardebaarde het na vore getree. En toe kies die Bok-keurders (Proff. Daan Swiegers en Johan Claassen, Avril Malan, Flappie Lochner en Ian Kirkpatrick) vir Myburgh en Nel in die plekke van Tiny Neethling en Albie Bates.

Dit het ʼn storm van kritiek ontketen.

Albei was aan die einde van hul loopbane en het in 1960 reeds die eerste keer vir die Bokke gespeel. Myburgh was toe 32 jaar oud en Nel  36 – die tweede oudste Springbok.

Die Noord-Transvaalse afrigter, Buurman van Zyl, moes Myburgh binne ʼn paar dae fiks kry, teen Pretoria Polisie-kollege se berugte koppie.

Die Bokke het die derde toets in Port Elizabeth met  14-3 gewen en die vierde toets op Ellispark met 20-17.

Hoe hulle dit reggekry het, bly steeds een van rugby se droomverhale.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

JG ·

Hy probeer maar enige iets om sy ratio reg te hou wat hy voorgeakryf word. Dis n wonder hy is nie al kens tussen die publiek en sport minister wat hom uitmekaar trek.

Will i am ·

Aaai die Allende in die bok span. Nog verstaan ons nie wat aangaan

Hasie ·

Die afrigter moet aan die spelers verduidelik dat hulle punte moet aanteken om te wen. Soos in drieë druk.

Koos ·

Om ‘n senter te kies wat nie ‘n bal kan uitgee nie omdat hy sterk kan hardloop, is soos om ‘n stut te kies omdat hy goed kan skop, al kan hy nie goed skrum nie. Allende moet nog leer uitgee.

HENNIE NEUHOFF ·

Wat Koos hier sê is so waar! Die man WEIER mos om ‘n bal uit te gee en dan wonder ons hoekom is die buite senter en die vleuels nie in die wedstryd nie. Wat hierdie artikel nie na verwys, bloot as die feitdat hy teen Boland gespeel het, is dat hy ‘n baie swak wedstryd teen Boland ook gehad het. Twee keer die bal aangeslaan in agterlyn bewegings, verspot maklike uitgeë wat hy nie kon vat nie. Ek weet ongelukkig is Mof oorlede, maar ek dink hy sou selfs beter gevaar het op senter!

Scalla ·

Dit is baie maklik om die vraag te antwoord, kies spelers op meriete wat die job kan doen en trots daarop is, patetiese bok span

Theuns ·

Verskil van Mof en Lofty teenoor vandag se spelers is dat n TROTS was om die Boktrui te dra en n TROTS gewees om jou land te verteenwoordig,kan die GLAD NIE van vandag se spelers sê nie!!!!

Henk ·

nou my vraag – hoe kan jy die onbesonne doen en waag om Die Ellende en De Old met Mof Myburgh en Lofty Nel te vergelyk?
Na Saterdag sal jy seker van beter weet….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.