De Allende uiteindelik `n Springbok

Springbokke vroeër die jaar teen Wallis (foto: GB Jordaan)

Springbokke vroeër die jaar teen Wallis (foto: GB Jordaan)

Damian de Allende sal sy Springbokdebuut Saterdag teen Argentinië op buitesenter langs  maak.

Handré Pollard speel in sy tweede toets langs Ruan Pienaar en Lood de Jager is die nr.5-slot langs Bakkies Botha.

Behalwe De Villiers maak nog twee Springbokke hul terugkeer tot die span wat in Junie gespeel het. Hulle is Eben Etzebeth en die voorryman Frans Malherbe.

Heyneke Meyer het gesê De Allende verdien sy kans nadat hy weens ‘n besering nie in die Junie-toetse kon speel nie. Hy en De Villiers het al saam senter gespeel, met De Allende aan die binnekant. Hy het as junior die nr.13-trui gedra. In die proses skuif Jan Serfontein bank toe.

“Handré verdien ook nog ‘n kans en dit sal interessant wees om te sien hoe hy met die twee senters kombineer. Jan was in Junie een van ons beste spelers, maar Jean is ons kaptein,” het Meyer gesê.

Hy sê ook Lood de Jager het die afgelope paar maande baie verbeter en dis baie gevra dat hy Victor Matfield se plek moet neem. Hy het volle vertroue in hom en hy sal in die lynstane goeie ondersteuning van Duane Vermeulen kry.

Pat Lambie, wat vier maande se Superrugby misgeloop het, sal Saterdag vir die Sharks speel om te wys of hy vir die toets in Argentinië oorweeg kan word.

Daar sal ook aanstaande week besluit word of Matfield vir die toets in Salta oorweeg kan word.

Die Springbokspan is:  15.Willie le Roux, 14. Cornal Hendricks, 13. Damian de Allende, 12. Jean de Villiers (k), 11. Bryan Habana, 10. Handré Pollard, 9. Ruan Pienaar, 8. Duane Vermeulen, 7. Willem Alberts, 6. Francois Louw,  5. Lood de Jager, 4. Bakkies Botha, 3. Jannie du Plessis, 2. Bismarck du Plessis, 1. Tendai Mtawarira.

Bank:  16. Adriaan Strauss, 17. Trevor Nyakane, 18. Frans Malherbe, 19. Eben Etzebeth, 20. Marcell Coetzee, 21. Francois Hougaard, 22. Morné Steyn, 23. Jan Serfontein.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.