“In hierdie stadium vermy ek die Currie-beker soos ʼn skoonma wat nie noodwendig lief is vir jou nie.”
So sê die oud-Springboklosskakel Derick Hougaard wat meen daar moet eerder gefokus word op skolerugby want dis glo waar die potensiaal vir die toekoms van rugby lê.
“My eerlike en nederige opinie is dat ons nie goeie afrigters het nie, en dis ons grootste swakpunt,” het Hougaard aan Maroela Media gesê.
“Ek dink terug aan my dae en interskole rugby. Maar wat is ʼn groter derby in die wêreld as Paarl Gim teen Paarl Boys High?”
Hougaard het bygevoeg daar is nie ʼn speler in die wêreld wat nie graag tussen “daardie vier lyne” sal wil speel nie.
Ondersteuning, musiek, rasieleiers, plus 25 000 mense in histerie gee vir Hougaard hoendervleis.
Hougaard se raad aan skolespelers is dat jy “jou alles moet gee”. Jou laaste jaar is volgens Hougaard dié een waarvoor jy vir altyd onthou sal word. En daardie oomblik gaan vir ewig ingeprent wees in jou geheue.
Hougaard begin dan praat oor die World School Festival wat aangebied word deur Carinat Croup; waarvan oud-Springbokafrigter Heyneke Meyer deel was voordat hy na die rugbyspan Stade Francais toe is.
Die World School Festival is waar die beste skole in Suid-Afrika teen die beste skole ter wêreld speel. Hulle speel dit volgens Hougaard in ʼn Ryder Cup-formaat.
“SA teen res van die wêreld. They can’t beat us,” sê die kompeterende Hougaard.
“Dit gaan my verstand te bowe dat ons skolerugby dié beste ter wêreld is, maar ons kan nie eens ʼn Junior Wêreldbeker wen nie? Wat gebeur met daai talent ná skool? My antwoord: Coaching maak rêrig ʼn verskil. En ons stelsel is vrot,” sê Hougaard.
Hougaard sê hy hoop iemand red skolerugby en sy geld is op Johann Rupert en Cyril Ramaphosa.
Hy sê as hulle klaar die rolprent Invictus (2009) gekyk het, sal hul besef hoe kragtig sport in Suid-Afrika is.
Hougaard haal oudpres. Nelson Mandela aan en sê: “Sport has the power to unite a nation and people more than any politician can.”
Intussen was Hougaard en die sangeres Nádine op 22 Julie vanjaar amptelik twee jaar in ʼn verhouding en is hulle “liewer vir mekaar as ooit”.
Hougaard wat na Nádine verwys as “liefling Nellies” sê sy is sy dryfkrag.
So Bly om Hom weer te sien smile. Hy moet nie toelaat dat Hy onder getrek word nie. Raak rustig en gevestig en jy Sal Baie gelukkig wees met n huis vol skreeubekkies. Kyk op van Waar jou hulp vandaan kom
Stem saam jou Christa!! ek is ook bly Derick smile weer, hy lyk baie baie goed.
Staan sterk Derick!! jy en Nadine pas so mooi bymekaar sy is n wonderlike mens, baie bly om te sien julle is nog saam . Julle hoort bymekaar die Here het julle op mekaar se pad gesit met n doel . Ek is mal oor julle altwee. Lovies
Stem 100% saam met jou Derick! Bly om te hoor jy en Nadine is nog happy!
Derick, moenie worry oor jou skoonma nie. My skoondogter hou ook niks van my nie. Sy vermy my soos pes. Sy het tot my seun se foon geblok.
Skoonma’s KÁN wonderlike mense wees, maar hulle KÁN OOK VERPESTINGS WEES!!!!
Die probleem is juis by skolerugby. Minder as 1% van SA skole-spelers word Springbokke, wat wys dat die werklike goeie spelers nooit gekies word nie, omdat bepaalde teikens gehaal moet word. Dit is waarom die SA-akademie-span n paar jaar gelede die SA-skolespan geklop het.
Ek dog die artikkel gaan oor ” skole rugby”
@Sarel
Wonder ek mos toe ook. Toe moes die ongewilde skoonma ook kommentaar lewer. Dorothy ou girl…….. rugby suster….. rugby.
My vrou het die BESTE skoonma.
Genoemde skole het professionele spanne. Spelers word gewerf en gelok met gratis onderrig en koshuis. Hul is ver verwyderd van 99% van skole in SA.
Stem saam met die skole rugby, net jammer die groot kopers van kleiner skool talent.