Despatch die teleurstelling van Super 12-reeks

ooskaapwapenDie eens magtige Despatch is gewis die teleurstelling van vanjaar se Oos-Kaapse Super 12-reeks en dit lyk of hy op sy swakste seisoen in jare afstuur.

Sy nederlaag van 7-27 Saterdag teen die Walter Sisulu-universiteit (Potsdam) laat hom heel laaste in Groep B nadat dié meermalige Suid-Afrikaanse klubkampioen slegs `n enkele van sy vyf wedstryde in die rondomtalie kon wen.

Met nog net een ronde wedstryde oor, lyk dit `n uitgemaakte saak dat Spring Rose (New Brighton) en Gardens (Uitenhage) van Groep A, en Progress (Uitenhage) en Oos-Londen Polisie van Groep B die halfeindronde sal uitspook.

Spring Rose het Saterdag Cambridge (Oos-Londen) 51-10 verpletter; Gardens het oortuigend 24-10 teen Park van Port Elizabeth gewen; en Polisie het PE Harlequins 26-19 getroef.

Die Bobbies is die enigste Grensspan tussen die viertal, en dit lyk of Spring Rose en Progress (wat nie Saterdag in aksie was nie) van tuiswedstryde in dié ronde verseker is.

In Saterdag se ander wedstryd het Swallows (Mdantsane) vir Breakers (Queenstown) 34-10 platgeloop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.