Die arme Springbok moet (weer) koes

SA Rugby logoSpringbokrugby kan maar eenvoudig nie uit die nuus bly nie, en ek praat hier nie van op die veld nie, maar van die veld af.

Die Springbokembleem was Dinsdag die soveelste keer in die spervuur nadat Strike Ralegema van die ANC tydens die vergadering van die parlementêre portefeuljekomitee oor sport en ontspanning geëis dat dit van die Bok-trui verwyder word.

Dis niks nuut nie, want jare lank al word op dieselfde snaar getokkel. Die SA rugbybase loop deur, hulle moet koes en systap, maar elke jaar skyn die son die volgende dag weer. `n Mens moet seker ag daarop slaan, maar kyk maar wie dra Springboktruie voor belangrike toetse en Wêreldbeker-toernooie? Wie was die grootste ondersteuner daarvan om die Bok-embleem te behou?

Dit bring my by ‘n ander tameletjie uit, oor Allister Coetzee se versoek aan Saru dat hy Matt Proudfoot (44) glo as sy voorspeler-afrigter wil betrek.

Matthew Proudfoot (Foto: wc.planetrugby.com)

Matthew Proudfoot (Foto: wc.planetrugby.com)

Niks verkeerd daarmee nie, want Proudfoot, die oud-stut van die Pukke wat vier toetse vir Skotland gespeel het, was jare lank Coetzee se regterhand by die Stormers, Westelike Provinsie en in Japan by die Kobeco Steelers.

Maar, Saru het reeds vir Johann van Graan, wat Heyneke Meyer se voorspelerafrigter was, en  Pieter de Villiers (skrumafrigter) aangestel. Só ook die agterlynafrigter Mzwandile Stick, wat as agterlynafrigter by Ricardo Laubscher oorgeneem het.

Met Coetzee se aanstelling is sy afrigting- en ondersteuningspan verklein (en aan hom gegee). Maar Saru het die agterdeur vir hom oopgelaat om nog een of twee afrigters en konsultante te gebruik. As Saru aan Coetzee se versoek gehoor gee, wie sal die voorspelers afrig, veral wanneer dit by skums kom?

Wat van die lynstane en by die afbreekpunte, noudat Victor Matfield nie meer daar is nie en Richie Gray se kontrak nie verleng is nie?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Mielie ·

Laat hom waai, dis in elk geval ‘n nuwe oorgang en die huidige narre is nie waardig om die SPRINGBOK embleem met trots te dra nie. As jy huidige rugby vergelyk met vorige, die Frik du Prees, Jan Ellis, Gysie, Gerrie, Joost, Naas en so baie ander. Daar is soveel mense met verskuilde agendas betrokke by rugby, dat rugby nie seevier nie, hulle verdien glad nie om aan die SPRINGBOK gekoppel te word nie. Nuwe era, nuwe tye, nuwe logo. Dan sal ons Nog van die Springbok met trots kan praat

Christo ·

Ek stem saam ons wil die springbokke onthou soos hulle was.Aangesien dit nou n politieke sport is kan hulle dit nou so naam gee.

maritz ·

En so sal die stadions ook springbok loos wees . Hoe se hulle cut your nose to spite your face .

Christo Visagie ·

Ek eis ook dat die Springbok verwyder word,,,,,,,,,,,vervang dit met ‘n kakkerlak of iets wat by die nuwe SA pas.

StopTheMadness ·

Mielie is 100% reg. Die Springbok is n simbool van uitnemendheid, prestasie, meriete en trots. Ongelukkig is baie van hierdie waardes reeds verlore deur al die politieke binnegevegte, kwotas, transformasie en agendas en is dit dalk tyd om die springbok se eer te bewaar en hom die vernedering te spaar.

Mervyn Stormer ·

Los ons bokke en embleem uit net waar hy is en bepaal julle by politiek en nie ons sport Want sonder ons is daai bok rugby en sport in sy glorie.

Werner Olivier ·

Haal asseblief die Bok af, verander die trui spaar ons die verleentheid. Begin ‘n nuwe liga onafhanklik van SA RUGBY soos in Vredendal Weskaap.

Josua Keys ·

Nou die aand op Super sport het die omroepers gesê ons Rugby stadions loop leeg en mense wil nie meer gaan rugby kyk nie, hulle is heeltemal reg en dit is presies waarna die ANC en EFF strewe en ek haal aan “The only way we will defete the whites and there white(Boer sport) is to remove all white people playing this apartheid sport and to remove it from all schools in South Africa and to demand the removal of the springbok from the Rugby jersey this will keep them away from the stadiums and so on and so on!!!! Laat mens dink ne!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.