Die Beast speel in sy 50ste toets

"Beast" Mtwarira speel Saterdag in sy 50ste toets vir die Springbokke.  Foto; allrugby.com

“Beast” speel Saterdag in sy 50ste toets.

Tendai “Beast” Mtawarira  sal in sy  50ste toets vir die  Springbokke speel wanneer hulle die Nieu-Seelandse All Blacks eerskomende Saterdag op Ellispark pak in die laaste ronde van die Castle Lager Rugbykampioenskap.

Die 28-jarige Mtawarira, wat sy toetsdebuut op 14 June 2008 teen Wallis in Pretoria gemaak het, sal die 27ste Springbok word wat die mylpaal bereik. Hy volg op die hakke van Bismarck en Jannie du Plessis en Morné Steyn.

Mtawarira sal die vyfde vorryman word wat die prestasie behaal na Os du Randt, CJ van der Linde, Ollie le Roux en Jannie du Plessis.

“Dis ‘n wonderlike mylpaal vir Beast,” het die Springbok afrigter, Heyneke Meyer by vandag se perskonferensie gesê.

“Hy praat min, maar jy weet hy gee als vir die Springboktrui. Dis lekker om te sien dat harde werk en toegewydheid sulke vrugte dra.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Suzette Cronje ·

Goeie more,
Hoop jul het ‘n fantastiese naweek, hoe laat speel die Bokke, ek weet ons gaan hier wen, en ook my span die WP gaan tops toe ons afrigter Allister Coetzee is briljant

Simon Riekert ·

Hi Suzette, geniet jou span se finaal hierdie naweek en mag die beste span wen!

Sue ·

Hi daar, jammer dat ek se die afrigter, net nie op daai oomblik gedink die skeidsregter, maar soos ek weet ons WP spelers gaan teen 16 spelers speel al ons supporters weet dat die skeidsregter nie oog hare het vir WP hoop maar hy blaas en kyk regverdig. maar soos jul se hoop die beste span wen.

Sue ·

Ja wat hoop WP gaan teen 16 spelers wen want die afrigter is glad nie maal oor WP want hy is a Shark supporter hul moes maar liewer ;n afrigter laat invlieg het, lekker kyk

Sue ·

Sorry wil net korekgeer die skeidsregter is ‘n Shark supporter so ja sal maar sien, hoe nail hy WP

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.