Die Bledisloebeker

Die All Blacks en die Wallabies speel vandag om die Bledisloebeker. Dit is vernoem na Lord Bledisloe, die destydse goewerneur-generaal van Nieu-Seeland. Hy het die trofee in 1931 geskenk. Dit is ontwerp in Nieu-Seeland en handgemaak deur Walker Hall in London. Dit is fisies die grootste trofee in wêreldrugby.

Die kompetisie om die trofee was eers elke vyf jaar gespeel,maar het later deel van die Drienasiestoernooi en nou die Rugbykampioenskap geword.

Nieu-Seeland domineer die laaste paar jaar die kompetisie tussen die twee lande en het dit 10 keer agtervolgens gewen (2003-2012).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Simon Riekert ·

Dankie, min mense ken die geskiedenis agter rugby trofees!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.