Dié Bok-oorwinning hoort tussen die roemryke grotes

Aphiwe Dyantyi druk sy tweede drie met TJ Perenara en Ben Smith wat te laat is om te keer. (Twitter @AllBlacks)

Dit was dalk eenmalig, moontlik selfs die skok van die afgelope dekade … maar ai, daar is darem niks so lekker soos ʼn Springbok-oorwinning in Nieu-Seeland nie.

Die Springbokke het dit Saterdag in Wellington bewys toe hulle die All Blacks met 36-34 in die Rugbykampioenskap geklop het.

Daar was die spreekwoordelike bloed, sweet en trane; trane van vreugde, blydskap en moegheid vir die Bokke nadat hulle die afgelope paar jaar deur diep waters is.

Daar was drama en nogmaals drama, en oor ʼn paar jaar om die braaivleisvuur kan jy aan jou kinders en kleinkinders vertel van een van die grootste pogings nóg deur ʼn Springbokspan in Nieu-Seeland.

Voeg Saterdag se oorwinning by 1965 se toets in Christchurch toe Tiny Naudé met ʼn lang strafskop in die modder geslaag het om die Bokke met 19-16 te laat wen ná sewe opeenvolgende toetsneerlae teen Frankryk, Ierland, Skotland, Australië (twee keer) en Nieu-Seeland (2 keer).

Wat van Wynand Claassen-hulle wat in 1981 tussen die betogers die All Blacks met 24-12 in Wellington getroef het toe Ray Mordt drie keer gaan druk het?

Pieter-Steph du Toit, tranerig van vreugde en uitputting, Jesse Kriel (links) en Cheslin Kolbe, omhels mekaar ná die eindfluitjie. (Twitter @All Blacks)

Onthou jy nog in 1998 toe die Bokke met 13-3 ook in Wellington  gewen het?

En wat van 2008 in Dunedin toe Ricky Januarie die wendrie gedruk het om die Bokke die heel eerste keer in Dunedin met 30-28 te laat wen?

Onthou jy nog hoe die afrigter Peter de Villiers toe die tafel uit blydskap met die vuis gesláán en gesláán het?

Wat van die jaar daarna toe die Bokke in Hamilton met 32-29 baas was?

En toe Saterdag.

Om die All Blacks in hul agterplaas te troef met minder as 30% besit, om 226 keer te verdedig teenoor net 46 van jou teenstanders, om vyf drieë te druk teen die wêreld se beste span, hoort mos in die annale.

Nou is die vraag: Hoe kon dieselfde groep spelers ʼn paar weke gelede teen die Argentynse Poemas in Mendoza vasgeval en ook verlede week in Brisbane teen die afgewaterde Wallabies verloor het?

Dis omdat sport oor mense gaan, wat foute onder druk begaan, vier maklike doelskoppe skeef trek, wat die bal aanslaan en verkeerde besluite neem.

Hoe lyk die pad vorentoe vir die Bokke?

Die Wallabies, wat Saterdag met 23-19 deur die Poemas in Goudkus in Australië geklop is, wag op 29 September in Port Elizabeth ‒ en dan is daar weer ʼn grote, op 6 Oktober op Loftus Versfeld teen die All Blacks.

Die All Blacks (17 ligapunte) moet nog teen die Poemas op 30 September speel en dan teen die Bokke (11 punte).

Alles dui daarop dat hulle weer as die kampioen gekroon sal word.

Maar veronderstel die Bokke klop die Wallabies en die All Blacks gly teen die Poemas, kan die Rugbykampioenskap op Loftus Versfeld bepaal word.

Onwaarskynlik, maar ná Saterdag se dramatiese toetswedstryd, is enigiets mos moontlik?

Ja, een swaeltjie maak nie ʼn somer nie en ja, ʼn mens moet jou voete op die grond hou, maar gun die spelers en ondersteuners ʼn paar dae van ongekende vreugde.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

Corne Grundlingh ·

Welgedaan Pieter Kruger.
Jy het die artikel so mooi verwoord.
Ek sommer trane en hoendervleis gekry asof ek weer gister se wedstryd beleef.
Trots op die Bokke. Wen of verloor!
Maar hierdie wen was baie soet!

Hennie ·

Wa-wa-wa, so ‘n bietjie. Ons moenie te oorhaastig wees nie, raak rustig en kyk wat gebeur ‘n volgende keer. In perspektief, die laaste 20 minute was daar net een span en dis nie die Bokke nie. Die AB het verkies om sekere skoppe nie na die pale te mik nie, maar uit te skop om te kyk of hulle eerder ‘n drie kan druk, dan het net 2 skoppe wat hulle na die pale gemik het die kol getref. Een doelskop was teen die regoppaal vas. Die realiteit, die bokke wen met 2 punte. Mens kon die hele wedstryd, ongeag die telling sien wie die beter span by verre was. Lofsange wat die wen met van die roemrykes van die verlede vergelyk is onvanpas.

Hennie ·

En natuurlik word dit met die roemrykes van die verlede vergelyk om die kwotas ‘n regmerk te gee, of is ek nou polities inkorrek?

Henry ·

Ag ou Hennie kepennie
Rugby wedstryde word op die gras van watter veld daar ookal gespeel word, gewen.
Om te ‘as’, te ‘sênounet’, ‘as my antie baard geskeer het, was sy my oom’ ens ens ens is van geen belang vir mens of dier op ‘n sportveld nie. Jy kry slegs daar – op die gras – geleentheid om die ding te doen.
Wees nou rustig, want ons almal weet dat dit nie noodwendig die begin van ‘n nuwe ontwaking is nie. In hierdie droewe land sal en kan enige iets moontlik wees. Intussen geniet ons hierdie wonderlike, fantastiese inset van al die spelers wat die wintie AB’s op hulle se baadjie* gegee het.

*Swaar self gesensor

Pieter ·

Hennie, skynbaar weet jy nog nie hoe rugby werk en wat die doel van die spel is nie. Die mikpunt is om soveel moontlik punte aan te teken en die opponent se punte tot ‘n minimum te beperk. Om jou doel te bereik, moet die span regte besluite neem, foute tot ‘n minimum beperk met die nodige behendigheid (skoppe inkluis), druk kan verwerk, hul geleenthede gebruik en waar nodig, suksesvol verdedig. In enige sport speel geluk natuurlik ook ‘n rol. Sit alles bymekaar en die EINDTELLING wys wie op DIé DAG SE SPEL, die beter span was! Al het ‘n span al die balbesit, maar kan nie in meeste bogenoemde mikpunte slaag nie, is hulle nie die beter span nie! Meet gerus weer albei spanne hieraan – indien die AB’s “die beter span by verre” was, waarom kon hulle nie met al hul geleenthede wen nie?! Daarteenoor het die Bokke se uitmuntende verdediging die AB’s se sterte geknoop en verdien om te wen, al is dit net met 2 punte! Trots op julle, Manne, doen dit weer!

Whatever ·

@hennie en jy het natuurlik al internasionaal rugby gespeel. Wees net trots op die manne hulle het hulle alles uitgehaal. Almal neem deel om te wen. Of AB nou af dag of nie…

Hennie ·

Ek het nie probleem met die blydskap nie, maar om dit darem nou onder die roemrykes van die verlede te wil inskryf, sommer so die volgende dag, gaan nie op nie. Kom ons kry eers perspektief, haal stadig asem, evalueer weer oor so ‘n tyd sonder die onmiddelike emosie wat die bloed deur die are jaag.

wolla ·

Hennie, dis die Bokke se 4de oorwinning in amper 30 jaar in NS. Dis roemryk in my boek. Sterker Bok-spanne kon nie vermag wat hierdie span vermag het nie.

Kosie ·

En in 1937 het die ware Springbokke ‘n reeksoorwinning van 2-1 oor die All Blacks in Nieu-Seeland behaal. Steeds die enigste Bokspan ooit wat dit kon vermag… Copy en paste dit eerder ou grote.

Lol ·

Baie bly oor die wen, maar nooit weer gaan die AB ons 22 punte verniet gee.

Joe Hall ·

Hiert ou Lol!
Jy moet starrag met daai goed so vroeg op ‘n Sondag.

Lol ·

SARU se regstellende aksie is te stadig, nou doen die AB dit vir ons.

wolla ·

Wat ‘n kaptein. Dat ons nou ‘n Kolisi moes vind om die boere te lei na sukses.

Joe Hall ·

wolla/kolla/lolla/bolla/rollie/tollie en lol
Het jy nie ‘n huis nie?

Godfather ·

Boere het lankal sukses 1995/2007 wereldbekers sonder afwesige kwota kaptein. Toe dinge gister begin rof raak toe gaan pyn die kaptein op die kantlyn en toe gaan dit sommer beter toe Whiteley in beheer is.

Swartwolf ·

Die ware Springbokspan sonder kwotas het in 1937 al sukses betaal en die Blacks in NZ in ‘n reeks 2-1 geklop. Die volgende span wat dit kon regkry was die Britse Leeus van 1972. Dink nie die huidige bok kaptein sou een van die twee spanne gemaak het as speler of leier nie. So die “boere” het in 1937 al reg gekry waarvan jou kwota kaptein en span van droom.

Snowball ·

@Wolla, die huidige kaptein, laat my dink dat die uitdrukking, “to slide in on a shrimp sandwich “……miskien van toepassing is.

Anoniem ·

Gee God al die EER want HY is in BEHEER ??? Vlieg veilig terug ! B o k k e

Haan ·

En as ons verloor het? Vat dit rustig ou. Dis net n spel, nie n Heilige gebeurtenis nie

Paul ·

Haan, jy mag maar kommentaar lewer. Als tussen die ore werk reg.

Joe Hall ·

Los maar die “tussen die ore” ding.
Ignoreer bly die beste geweer.

pb ·

Hennie…verstaan glad nie jou punt nie? Natuurlik is dit roemryk…want die telbord se so. Die AB’s erken self die rede hoekom hul verloor het is omdat daar 36 punte teen hul aangeteken is…nie oor skoppe wat misluk het of nie pale toe geskop is nie. Dis als deel van die verloor. Punt is dat die 36 die meeste punte is wat n bokspan ooit kon aanteken teen die AB’s in NZ in die geskiedenis…nie roemryk nie??

Hennie ·

Roem/Roemryk: Beroemd. Befaamd. (Die naam Federer kom by my op, Usain Bolt, Mannetjies Roux, Jan Engelbrecht en vele ander, Michael Jordan en die 1992 USA basketbal dream team.) Bewonder en geprys word. Jesse Owens. In die anale aangeteken word. Dus verwys dit nie na ‘n “flash in the pan” nie.

Ben ·

Soos voorheen gese, Baie geluk Rasie, baie mooi. Kommerwekkend is die statistiek van die Balbesit. AB’s met 75% dui aan op groot probleem by die Los Trio. Bokke kan daar verbeter.

Joshua ·

Great oorwinning, ek het julle zero kans gegee…baie geluk, manne.

koos1 ·

Laat ek die eerste wees om my eie kommentaar van die afgelope week te sluk. Ek het nie geglo dat die Bokke kan wen nie. Ek vra verskoning. Maar nou dat ons dit weet verwag ons van julle om elke game te wen!

Van ·

Baie geluk springbokke en afrigtings span. Dink nou net met daai min bal besit en foute wat daar was het hulle gewen! As ons daai foute nou uitstryk het die AB’s nie ‘n kans nie. Ek verkies om dit positief te sien. Die springbokke verdien ons ondersteuning. Kom ons hou op om te salk oor hul foute. Ek’s seker Rassie en afrigtingsspan gaan die volgende weke hard daaraan werk. Dan is daar probleme vir die AB’s!

John ·

Die Mighty AB’s gaan volgende keer die bal meer skop in hulle half gebied en die (die span wat transformasie teikens het) dwing om met die bal te hardloop, dit sal makliker wees vir die Mighty AB’s om met omgekeerde balbesit van uit (die span wat transformasie teikens het) se helfte teen aanvalle te loods wanneer (die span wat transformasie teikens het) se verdedigings lyne in chaos is – jy het dit 1ste hier gelees!

Haan ·

Soms pik n blinde hoender ook n mielie raak. Geniet die oorwinning, maar wees realisties oor die stand van sake in SA en in die ama-bokoboko

gerhard ·

Mooi oorwinning om trots maar poities siek ondersteuners haal die lekker uit. Mooi Bokke

Niklaas ·

Ek het in die laaste spannende 6 minute swaar asemgehaal. Maar na die eindfluitjie en die wen , erg hoendervleis vir n halfuur , so genotvol was hierdie wen. Dit was ongelooflik om te dink dat Bokke kon wen ten spyte van die min balbesit , soveel lakwerk , die aantal treë wat ABs afgelê het op die veld , ens. Ek glo daar word roudienste in trotse NZ gehou tans.

Jannie ·

Ai tog…ons standaarde is tans so laag dat daar ‘n malle euforie is oor ‘n 2-punt oorwinning na NEGE jaar oor die Al Blacks!!! Ek wag net vir die harde slag aarde toe wat aan die kom is!!! Ain’t it funny how pride goes before a fall!!!

Boetvaas ·

Ag ou Janneman, kom ons geniet maar die oorwinning. Jy sal later weer die kans kry om swartgallig te wees ?

wolla ·

Die prestasie is om NS in NS te klop dis amper onmoontlik en enige ander toetsland sal dit vir jou sê. Ons het hulle 4 keer in 30 jaar daar geklop ander spanne nog minder en nog ander nog nooit.

JAN ·

Soooo bly vir Rassie se part.
Die AB is superfiks met oulike kulkunsies. Maar hulle is gedaan gespeel.
Baie tegniese afrigting sal die verspot maklike kanse aan die AB verminder.
Balbesit sal moet plamne kry.

Die barbaarse Haka versus Christelike gebed kan eenvoudig nie ignoreer word nie. Ongemaklike perspektief.

Neutraal ·

Ons is almal bly vir die bokke. Politiek moet nou einde kry om alles te wil bemoeilik. Politiek bly asb uit sport en gee sport n kans

Bok fan ·

Gee die bokke hulle eer,die groot geheim om die all blacks te klop is om hulle onder druk te plaas,Ierland het dit verlede jaar bewys met hulle wen en nou weer ons,die oomblik wat hulle onder druk geplaas word kom daar foute en dan……hulle is maar net mens. Ek stry nie,hulle afrigtings korps is puik en die klimaat wat hulle skep van klein tot groot rugby kan ons maar net oor droom, maar kom ons wees nou maar eerlik, met al die politieke inmeng doen Rassie nogal verbasend goed, onthou ook net een ding,ons kan net op en op gaan,beter word elke dag, maar die dag as die all blacks gaan val gaan dit hard wees,moenie se dit sal nooit gebeur nie…..vat die eertydse Australiess krieket span as n voorbeeld, jaar in en jaar uit briljant en onoorwonne, en toe…….arrogansie het hulle aarde toe gebring en nou sukkel hulle om op te staan.

Well done bokke, dit kan net beter gaan!

Wonder Net ·

As ek na die 43 kommetare lees kan ek nie glo daar is nog 43 bok ondersteuners in SA oor nie. Mooi gelukskoot vir die Bokke. Die fees vieringe sal beslis van korte duur wees. Die All Blacks sal beslis terug wees met ‘n soete wraak vir ‘n Bok vernedering op Loftus. Go ALL BLACK’s.

Wonder Net ·

@ACJ. DIs net een keer in 5 jaar dat die bokkies wen. en dat daar bok ondersteuners is. Tans is daar amper meer All Black ondersteuners in SA as wat daar is in NZ. Jy herken hierdie manne maklik aan hulle smiles want die All Blacks wen naweek op naweek. En ja Ek is ‘n trotse AB.

Luiperd ·

Ou Wonder ek wonder of jy die game gekyk het. Die bokke is nie so konswent goed soos die Blacks nie maar die wen was nie ‘n gelukskoot nie. Geen geluk laat ‘n span in NZ die Blacks klop met ‘n rekord telling en 5 driee nie. Bokke se vaste fases was briljant en hulle het die Blacks so pap geduik dat hulle selfs met bokke met 14 man op die veld nie kon punte aanteken om te wen nie. So ek se nie bokke is beter as die Blacks nie, maar Saterdag was hulle.

Lissie ·

Welgedaan Bokke!!!! Al 15 plus plaasvervangers!!! Noudat julle dit gedoen het, hou so vol en sit die Aussies volgende week en die All Blacks die week daarna behoorlik ore aan. Julle weet nou dat julle dit kan doen. Mooi so Rassie. Moenie span verander nie. Diegene watso graag politiek in sport inbring, kyk maar net na Bafana Bafana. Daar is NET swart spelers en waar is hulle op die wêreld ranglys. Bokke go go .

Springbok ondersteuner ·

‘n Springbok span is so goed soos sy ondersteuning, afrigters en speelmaats. Ondersteuning is nie net die salaris of physio, klere etc nie, die breë publiek is ook verantwoordelik en het ons nou nie al geleer as jou ouers nie in jou glo, bereik jy nie jou beste, glo meer in die spelers en ja as die afrigters of keurders foute maak, gaan ons rooi om die nek raak, maar kom ons bly ondersteun, dan kan hul net fokus op wat werk en wat werk nie. Kolisi word vir alles blameer, hy doen uitstekend en daar is ‘n mooi werking tussen hom en Whitely, duidelik gesien ind ie wedstryd, hul met so min balbesit die moeilikste ding reggekry. Buiten dat NZ sterk spelers het, goeie afrigting en geld, kry hul beslis hulp van skeidsregters, hul speel so naby aan onwettige lyn, kyk mooi na hul slotte by losgemaal, kom sommer van die kant in en werk weg. Hou vas of le spelers vas, tegnieke wat hul laat wen en vir Springbokke en alle ander spanne strafskoppe kos. So Rassie en die hele span, baie geluk, voorwaar iets om op trots te wees en voort te bou.

Wonder Net ·

En so kla die arme ou bok ondersteuners weer oor die ref. Is dit nou uit gewoonte of slegte sportmangees?

Dries ·

Die feit is ons het gewen, ongeag hoe en my hart was vol vreugde. Dit was ook ‘n welverdiende klap in Cosato se gesig wat weer getantrum het oor die samestelling van die Bokspan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.