Die Bokke hoort nie vyfde op die ranglys nie

Die Springbokke se jaareindtoer behoort opnuut ʼn wekroep vir Suid-Afrikaanse rugbybase te wees.

Die jaareindtoer het beklemtoon hoekom dit so belangrik is dat die Springbokafrigter, Rassie Erasmus, en die vier Superrugby-afrigters moet saamwerk; en dat Erasmus insette by die Bulls gaan lewer wanneer hulle hul Superrugby-afrigter binnekort aanwys en hy hulle ook op die oefenveld gaan bystaan. En dat hy gereeld insette by die Stormers, Sharks en Lions moet lewer, soos hy en sy afrigtingspan reeds vanjaar begin doen het.

Dit gaan alles oor die einddoel: oor hoe die Springbokke vaar, oor vordering, die skep van diepte, en oor die verbetering van algemene vaardighede.

Kyk maar na die oplewing in Ierland, Skotland en Wallis. Hulle het in die verlede agter die groot honde gedraf, nou jag hulle saam met die tropleiers.

Ierland, wat verlede Saterdag die All Blacks (die tweede keer in drie wedstryde sedert 2016) geklop het, blaas in die All Blacks se nekke in die wedloop om die eerste plek op Wêreldrugby se ranglys.

Die Iere is tweede op die ranglys en tree al hoe sterker na vore as een van die gunstelinge vir aanstaande jaar se Wêreldbeker-toernooi in Japan.

Het die Iere se Nieu-Seelandse afrigter, Joe Schmidt, die wiel herontdek?

Nee. Die Iere het straks die mees konserwatiewe spelpatroon in die Sesnasies-reeks, maar hulle is baie goed afgerig, speel volgens hul sterkpunte, voer die basiese beginsels reg uit en plaas hul lywe vir mekaar op die spel.

Wallis, wat in sy laaste agt toetswedstryde onoorwonne is, is derde op die wêreldranglys.

Die Walliesers het ook baie vordering gemaak. Waar hulle sedert 2000-’16 16 keer agtereenvolgens teen die Springbokke verloor het, het hulle die Bokke nou vier keer in die afgelope vyf toetswedstryde geklop, insluitend drie agtereenvolgende oorwinnings in hul laaste drie kragmetings.

Skotland is dalk die grootste verrassing. Waar die Skotte in die verlede aan spelskeppers en spelbrekers ontbreek het, het die afrigter Gregor Townsend spelers met die nodige vaardighede ontwikkel.

Kom ons kyk na die getalle. Volgens die jongste beskikbare syfers het Ierland, Wallis en Skotland saam net 242 142 geregistreerde spelers wat aan 722 klubs verbonde is.

Ierland en Wallis het albei vier spanne in die Pro14-reeks en Skotland net twee.

Dit beteken dat die Skotte hul nasionale span hoofsaaklik uit slegs sowat 60 spelers kies.

En in Suid-Afrika?

Hier is 1 526 klubs met 651 146 geregistreerde spelers.

Dis hoekom dit onaanvaarbaar is dat die Bokke vyfde op die wêreldranglys is, iets wat nou hopelik deur Erasmus-hulle met ʼn gevestigde patroon en span reggestel sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

TS ·

Die Iere, Skotte en Walles het die voordeel van geen politieke inmenging waar dit ons kniehalter

Kiewiet ·

Lyk my Pieter jy en Rassie het vergeet dat daar in span is wat die Cheethas genoem word. Hulle beskik oor net sulke goeie spelers.

Henk ·

Einddoel se jy!? Wat is die einddoel? Die voortsetting van die stampkar rugby met doellose bal wegskop na elke tweede stamp en stoot sessie? Joernaliste raak liries oor Rassie en die bokke. Hoeveel keer het die bal verder as DeAllende gegaan? Die sogenaamde antwoord op middelveld? Hoeveel keer het die vleuels die bal uit n volle agterlyn beweging gekry? Kom ons vergelyk dit met wat die Skotte se agterlyn vermag het. Solank ons nie n spelskepper op binnesenter het nie, is die einddoel stampkar rugby. En dit gaan ons nerens kry nie.

Arie ·

Hulle moet net vir rassie weg van die bulle af hou ons het genoeg probleme soos dit is, gaan die bokkies Saterdag wen? Nie sommer nie hulle is te moeg

Koos1 ·

Springbokke hoort nie op 5de plek nie. Ek stem volkome saam, hulle hoort baie laer te wees!

Veritas ·

‘Skepping van algemene vaardighede’ ? Dit word op laerskool aangeleer. Om met ouens te sukkel daarmee wanneer hulle reeds die land verteenwoordig, beteken net een ding en dit is dat SARU betrokke moet raak op skoolvlak.

ChrisE ·

Elke mens het die reg om sy naam gat te maak. Ek lag gewoonlik my tanne af vir die rugby puriste wat spelers kies, veroordeel en afkraak. Ek wonder of die mense wat so kwistig met kritiek ooit rugby in hul lewens gespeel het. So rukkie terug het Handrè Pollard erg deurgeloop. Hy is volgens my ‘n baie goeie speler met die nodige vaardighede en voorgevoel om in een van die beste losskakels in die land te word. Ek het my mening gegee en genoem dat hy slegs aan sy skopwerk pale toe moet werk. Kritiek is goed mits dit opbouend is. Maar blatante onkundige snedige aanmerkings is onvanpas en ongevraagd. Dit spreek van swak smaak.

LHS ·

Fantasties om te sien dat as die waarhede rondom Erasmus en kie se rugby kaping genoem word, plaas Maroela dit nie.

Johan ·

Die skrywer betoog dat hoe meer geregistreerde spelers daar in ‘n rugbyspelende land is, hoe hoër dié land op die ranglys behoort te wees. As dit waar is, hoe verklaar ‘n mens Nieu-Seeland se bestendige nommer 1-posisie van die afgelope dekade gegewe dat dié land maar ‘n skamele 156000 geregistreerde spelers in 2016 gehad het? Die skrywer se logika is verdag…

Swartwolf ·

Met die hoeveelheid spelers en talent veral op skoolvlak behoort bokke elke jaar sterk mee te ding vir die nr 1 posisie. Politieke inmenging, swak bestuur, kwota teikens, swak keuses van afrigter en kaptein sal verseker bokke bly tussen 8 en 4 op die ranglys.

rollie ·

Vir welke periodes was ons nommer 1 in die pro-era? Ek kan ‘n baie korstondige periodetjie onthou. NH spanne is baie sterker deesdae agv hul sterk klubkompetisies. NZ self is baie sterker as in die amateur era agv die invloei van omringende eilande spelers.

Swartwolf ·

Google Sringbok toetsresultate. Doen die sommetjies jouself as jy kan en kyk hoe die wenpersentasie afgeneem het post 2007. En die gemiddelde posisie op die ranglyste ook afgeneem het. As jy skerp genoeg is sal jy sien dat die verhoging van kwota demand parallel loop met ‘n afname in wenpersentasie. Kwota demand die jaar is 45% en volgende jaar 50%.

rollie ·

Bokkies se wenpersentasies: 1992 tot 2007 = 54% ; 2008 tot verlede Saterdag = 57%. Ek lag my morsdood, ha ha.

Johan Viljoen ·

Miskien kan hulle bly wees hulle is vyfde. Dit kon tiende gewees het. Ons kan ‘n span kies wat die huidige span sal klop – oorsese spelers

Swartwolf ·

@rollie: ek lag ook. Vir jou wiskundige vermoe. Vanaf 1992 tot 2007, aan die einde van die Jake White era, het die bokke 144 toetse gespeel, 113 gewen, 8 geykop en 23 verloor. Dit is ‘n wen persentasie van 78%. Dalk moet jy weer jou abacus uit kry…..

kallie ·

Wat ‘n nar. Dis Vodacom-gehalte berekeninge daai ouboet. LOL

Smirre ·

Williams 5,1
Sonnekus 0,0
McIntosh 12,4
Christie 14,14
Markgraaf 18,8
du Plessis 8,13
Mallet 38, 27
Viljoen 15,8
Strauli 23,12
White 54,36

Afrigter, toetse gespeel, toets gewen bo. 1992-2007. Wen persentasie 63%.

Smirre ·

@rollie/wolla: du Plessis 8,3. Totale en persentasie korrek. Nog steeds beter as jou nonsense 54% liegstorie, ten minste op feite wat hier genoem word geskoei. Wil jy ons jou berekeninge wys ?

Rinkhals ·

Vir wolla: ESPN SCRUM:

1891-2019: 492, 305, 162, 23: 64%
1891-2007: 356, 225, 112, 19: 66%
2008-2019: 136, 80, 50, 6, 60%

Bok toets resultate: Jare, wedstryde, wen, verloor, gelykop, wen persentasie.

Kwota sisteem wys duidelik. 1891-2007 66% wen
2008-2019 terwyl kwota sisteem ingestel word wen 60%

Wonder wie lag nou. cANCer kwotas trek bok rugby se prestasie af. Vir 116 jr 66% wen rekord. Vanaf kwotas afgedwing word net vir 10 jr 60% wenrekord. Dan lieg jy oor 54% wen rekord. Wat ‘n nar. Feite lieg nooit net mense met agendas.

Christo ·

Bring Snorre van Zim terug ,hy kan hul weer op die voorvoet kry,Viva Snorre !!!

Swartwolf ·

Snorre en Toetie met Stick op die agterlyn. Ons sal ten minste 3 nasies wen…….SA, Namibia, en Zim.

kolla ·

Swartwolf en andere -ons kort ‘n behoorlike forum om SA kwessies te bespreek. Stel julle belang?

kallie ·

Met snorre sal ons weer ‘n kans staan om eerste op die wereldranglys te wees soos in 2009 andersins nie met useless afrigters soos Rassie nie. Snorre weet ook hoe om die AB’s gereeld te klop.

Swartwolf ·

Wolla/wollie/bolla/bollie kom in bra….??hoekom die radiostilte? Feite, feite, feite??

Buffel ·

Snorre het Jake White se 2007 wereldkamioene geerf – hulle het geweet van All Black klop. Die ouens was so goed hulle het vir Snorre gese wat om te doen.

kallie ·

White se Bokke teen NS – 9 gespeel, 3 gewen. Snorre het beter gevaar.

kallie ·

Bokke het ook die laaste twee toetse teen NS onder White verloor (die laaste een ver). Snorre moes hierdie gemors weer regmaak.

Swartwolf ·

Lyk my wolla/bolla/wollie/bollie het nou kallie geword. Kalla sal seker wen of ander tyd ook opdaag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.