Die Bokke se toekoms bly duister

springbokDie All Blacks kom oor sowat ses maande voor een van hul grootste toetse te staan wanneer hulle die Britse en Ierse Leeus in `n reeks van drie toetse pak.

Die afrigter, Steve Hansen, het reeds lankal met sy beplanning begin: hy beoog `n oefenkamp vir `n vegrote groep All Blacks in Januarie; hy sal sekerlik die topspelers se werklas in die Superreeks reg bestuur; en sal `n paar opwarmwedstryde reël. Dit sal die Nieu-Seelandse franchises ontwrig, maar wie gee om, want dis alles in belang van Nieu-Seeland en die All Blacks.

En in Suid-Afrika?

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) moet `n kloppie op die skouer kry vir van die verreikende besluite wat Vrydag op die raadsvergadering geneem is?

Maar kom ons neem voorraad op? Is daar oor al die toekoms van `n Springbokafrigter en sy bestuurspan besluit? Nee.

Ja, Allister Coetzee kry Dinsdag die kans om voor Kevin de Klerk, James Stofberg, Pat Kuhn en Francois Davids te verskyn om sy kant van die saak te stel, om te verduidelik waarom die Bokke net vier uit 12 toetse kon wen, en om die pad vorentoe uit te stippel?

Sy “opvolger” se naam verander weekliks. Dan is Rassie Erasmus voor in die ry, dan word die Nieu-Seelander Dave Rennie gejag. Dan word Johan Ackermann se naam genoem, dan moet Brendan Venter die Bokke reg dokter? Sal dit gebeur: Nee, Coetzee sal aanbly, al bespiegel wie wat ook al.

… en wat van, en wat van … ?

Daar is ook geen besluit geneem oor die kontraktering van die land se topspelers nie en watter riglyne gevolg moet word by die kies van spelers wat oorsee speel nie.

En wat van die Curriebeker-reeks? Dit staan oor tot in Januarie (as dit gebeur) en ons weet steeds nie of ses, sewe of agt spanne aanstaande seisoen sal meeding nie.

En die aanwsying van die Junior Bokke se afrigter? Die toernooi vind in Mei in Georgië plaas en hoewel Dawie Theron maande gelede al bedank het, word daar rondgespring tussen Jonathan Mokuena, Chean Roux en Abé Davids.

En wat van die Southern Kings se deelname in die Super-reeks en die bankrotskap van die Oostelike Provinsie, Grens en die Westelke Provinsie?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

callie ·

Die grootste probleem in die land is die feit dat al die oud springbokke polities korrek wil wees en te bang is om die ware feite openlik te verkondig . Nog die spelers nog die kommentators sal die moed van hul oortuigings aan die dag le en die waarheid praat. Voordat alle spanne vanaf laerskool regdeur alle vlakke tot by die springbokke nie op meriete gekies word nie, dit sluit reserwes en 2de en 3de spanne in, sal rugby in SA nie meer n bestaansreg he nie. Die oomblik as die paviljoene leegloop ontrek die borge, wat bly oor, net n kwota span wat niks wen nie maar wat n vertoonvenster is vir selfgewaand politici wat spog met hoeveel gekleurde spelers in die span is. Rugby in SA sterf n stil dood. Jammer vir die Frik du Preez, Naas Bothas, Carel du Plessis en die duisende ander wat gemaak het dat ons nagte om voor die velde geslaap het om ysters te sien speel. Dankie vir niks aan die Fikile Mabulas wat gekry het wat hulle wou he. Totsiens SA rugby

Pietman ·

Lyk my die bestuur sukkel verskriklik om net besluite te kan neem. Hulle is waarskynlik net so onbeholpe en onseker soos ou Allister. Siestog.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.