Die Bulls het weer vir Steyn!

Die 34-jarige Morné Steyn gaan sy rugbyloopbaan by die Bulls afsluit. Foto: Facebook.

Dit is amptelik. Morné Steyn sal weer in die blou van die Bulls uitdraf! Die 34-jarige het pas ’n kontrak met die Pretoriase span onderteken.

Steyn het van 2008 tot 2013 in 124 wedstryde vir die Bulls gespeel, waarna hy die skuif na Frankryk (Stade Français) gemaak het.

Die losskakel het ook 66 toetse vir die Springbokke tussen 2009 en 2016 gespeel, waar hy altesaam 736 punte aangeteken het.

Steyn sal waarskynlik ’n direkte plaasvervanger vir Handré Pollard wees, wat luidens berigte binnekort deel van Montpellier se planne in die Franse liga sal word.

Die Bulls se nuwe hoof- uitvoerende beampte, Alfons Meyer, was uiters tevrede met Steyn se terugkeer na Bulls-land.

“Selfs Rassie (Erasmus, die Springbokafrigter) dink dit is ’n goeie kopie. Met Handré wat na Frankryk gaan, is Manie Libbok die enigste losskakel wat in ons groep oorbly. Morné is baie ervare en kan ’n uitstekende mentor vir Manie wees.”

  • Steyn het ’n rits rekords agter sy naam, waaronder:
  • Die vinnigste Springbok om 100, 200, 300, 400, 500, 600 en 700 punte aan te teken.
  • Die speler wat die meeste individuele punte in ’n toets (31) teen die All Blacks aangeteken het.
  • Die meeste punte deur ’n Bulls-speler in Superrugby (1467).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Dion Els ·

Welkom trug ou bloubul, gaan jou brood nodig het met Pollard wat groener weivelde gaan soek.

Elanie ·

Welkom terug Mornè! Wat ‘n aanwins vir die BULLE! Jy was nog altyd die beste losskakel in SA!

willem botha ·

Moet hy nie al uitgetree het die man kan al staatspensioen kry.

Ruaan ·

Stem saam. Op 34 jaar is n agterspeler se beste jare agter die rug. Waarom het hy nie oorsee gebly nie?- omdat hulle weet sy beste dae is verby. Nee wat, dit was n swak kopie. Kan ons nie n beter afrigter kry nie. Pote Fourie het destyds maar net vir die eertydse Noord – Vrystaat gespeel. In hierdie professionele era kort ons n top afrigter van internasionale gehalte. Ik heb gezecht

JPG ·

2020 – Steyn terug. Pollard, RG , Lood weg (sover ons sal moet sien wie waai nog) – Eina!

sweis ·

Ek stem kry vir Naas.,oupa Matfield dan kan die bulls weer saam gesels

MJ ·

Dis die probleem met SA rugby! Altyd besig om talent in die ouetehuis te soek. Geskiedenis herhaal homself net soos met Victor Matfield. Dit was nie lank nie toe sukkel hy eerder met die Ingels op tv.
Gee die jong manne kans, Morne het sy innings gehad maar is laaaankal verby!

Boeties ·

Al hierdie ouens is kop en een mis! Van die afrigters tot die spelers. Hulle is almal chommas wat saam gholf speel, ek kies jou, jy kies my. Ons suip saam.
Niks gaan meer oor meriete nie.
Rugby in SA is nowhere.

Nico ·

Bulle het hom gemaak toe gaan span hy die kennis in ander land in deur gierigheid. Nou is hy oor die muur en niemand daar wil hom meer hê nie. Nie eens sy mentor nie. Nou kruip hy terug want gierige gogga byt nog. Hy moet hom skaam dat hy wil betaal word. Hy moet sy dienste nou gratis aanbied vir wat Bulle in hom belê het.

Smirre ·

Dink nie dis gierigheid wat SA se beste spelers oorsee laat speel nie dis die uiters swak administrasie in SA rugby, onsekerheid oor “game time” agv cANCer beleid kwotas en aanhoudende politieke inmenging in sport, en geleentheid om “real currency” soos US$ of € te verdien ipv immer verswakkende ZAR.

stigo ·

Welkom in die aftree oord . Brits, Steyn, Duane.

Nou nog net Schalk Burger, Ruan Pienaar, Habana, JP Petersen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.