Dié Bulls weet nie van verloor af

Morné Steyn. Foto: GB Jordaan.

Ná ’n aanvanklike gestotter, het die kragtige Bulls-enjin in die tweede helfte behoorlik vlam gevat om die Sharks met 43 – 9 op Loftus Versfeld te verrinneweer.

Die tuisspan het vier drieë binne die laaste 40 minute van die spel gedruk, terwyl die 36-jarige Morné Steyn weer eens ’n amper foutlose vertoning gelewer het.

As die Bulls se spel gisteraand met ’n V8-bakkie vergelyk kon word, dan was Steyn die uitgeslape bestuurder wat die brullende voertuig met presisie in die regte rigting gestuur het.

Die eerste helfte was die een lugaanval na die ander en die Sharks het die Pretorianers met hoë skoppe gebombardeer.

Maar in ’n skopstryd kan jy met gerustheid op Steyn reken om die wa deur die drif te trek en ná vier foutlose strafskoppe het die Bulls ’n rustydvoorsprong van 12 – 9 geniet.

Jake White verdien ook ’n pluimpie vir die wyse waarop hy sy plaasvervangers ingespan het. Die verskyning van Elrigh Louw, Lizo Gqoboka en Trevor Nyakane het vir die nodige vuur voorlangs gesorg en Gqoboka se goeie spel is met die eerste drie van die wedstryd beloon.

Foto: GB Jordaan.

Daarna was dit eenrigtingverkeer en veral daardie oorstootdrie in die 76ste minuut het van die Bulls se oorheersing getuig.

Dit is nie aldag dat ’n mens nie veel te sê het oor die vertoning van ’n verloorspan se spelers nie, maar die Sharks sal so gou as moontlik van hierdie Loftus-loesing wil vergeet.

Siya Kolisi het weliswaar met sy lakwerk beïndruk, terwyl Werner Kok oudergewoonte na werk gesoek het.

Maar die Bulls onder Duane Vermeulen is ’n gedugte kombinasie wat nie maklik deur ’n Suid-Afrikaanse span geklop gaan word nie.

Om hierdie dapper stelling te staaf – gaan kyk net hoe vol die trofeekas in Pretoria is.

  • Puntemakers:

Bulls: Drieë: Lizo Gqoboka, Stravino Jacobs, Schalk Erasmus en Chris Smith. Doelskoppe: Morné Steyn (2) en Smith (2). Strafskoppe: Steyn (5).

Sharks: Strafskoppe: Curwin Bosch (3).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

MakersMark ·

Wat ‘n 2 de helfte en wat ‘n ongelooflike Bulle vertoning was dit nie. Veral die voorspelers het die haaie verrineweer. Duane was weer uit die boonste rakke in terme van spel en leierskap. Die bok kaptein en ander groot name in die haaie span het maar flou gelyk teen die Bulle aanslag. Die Blou Bul weet nie van verloor af nie !

Jakes ·

In perspektief gestel moet n mens erken dat die arme Sharks in die 2de helfte gelyk het na n kleuterspan wat teen n klubspan meeding. As die Sharks nie hul eie lynstane of skrums kan wen nie dan is die kans dat jy n wedstryd sal wen uiters skaars. Die Sharks moet eerder n bevoegde kaptein kies en besef dat hul groot egos hul grootste vyand is.

Frans ·

Beter opskrif sou gewees het.Bulle verwoes Sharks voorspelers in 2de helfte

MakersMark ·

Kyk ek sê maar net hy agv die ANC se inmenging in rugby. En hy het maar power gelyk is al sy wedstryde vir die rock nation geborge haaie. Sal waarskynlik kaptein wees maar ons weet Duane is die leier.

MakersMark ·

Hele paar blm profete se knieë het gebuig maar nie vrywillig nie….

SjN ·

Die sharks is vermorsel ingesluit Kolosi, hoekom word hy eens genoem.

Johannes ·

Lug druk, Duane en die res van die Bulle is nie elke ou se speelmaat nie.

Tubac ·

My opinie die Sharks vertoon glad nie of hulle fiks is nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.