Die deur staan dalk oop vir Papier

Embrose Papier – gaan hy sy kans in die uitdrafspan kry? (Foto GB Jordaan)

Embrose Papier is lank genoeg in watte toegedraai.

Met Faf de Klerk nie beskikbaar vir Saterdag se toetswedstryd teen Skotland op Murrayfield in Edinburg nie, moet die Springbokafrigter, Rassie Erasmus, tussen Papier, Ivan van Zyl en Louis Schroeder kies.

Erasmus sal Papier die een of ander tyd vir sy uitdrafspan moet kies. Teen die minder fisieke Skotte, wat soos in SuperRugby vinnig wil speel, kan dit die ideale geleentheid wees.

De Klerk, wat in tien van die 12 toetse vanjaar in die Bokke se opdrafspan was, is nie teen die Skotte beskikbaar nie vanweë sy verpligtinge by sy Engelse klub, die Sale Sharks.

Hy sal na alle waarskynlikheid ook aanstaande Saterdag se laaste toetswedstryd teen Wallis in Cardiff misloop.

Dis een van daardie grys gebiede, want hoewel Wêreldrugby se regulasies bepaal dat hy vrygestel moet word, wil Erasmus nie die goeie verhoudinge versteur wat daar tussen hom en van die Engelse klubafrigters bestaan nie. De Klerk verloor glo ook duisende rande (ponde) as hy nie vir sy Engelse klub speel nie en dis hoekom Erasmus glo planne het om die oorsese spelers se wedstrydgeld (as hulle inkomste verloor) tot meer as R300 000 te verhoog.

De Klerk se onbeskikbaarheid is ʼn groot terugslag, hoewel hy nie Saterdag goed vertoon het teen die Franse nie. De Klerk het die hoë skoppe oordoen en het boonop nie deurgaans effektief geskop nie, en van sy aangeë was ook nie suiwer nie.

Van Zyl (vier toetswedstryde) het in Junie vanjaar in Washington teen Wallis begin asook twee weke gelede teen Engeland op Twickenham. Sy twee ander verskynings was as plaasvervanger vir De Klerk in die kragmetings teen Engeland in Junie in Bloemfontein en teen die All Blacks in die Rugbykampioenskap op Ellispark.

Van Zyl het tien dae gelede, sonder om die wêreld aan die brand te speel, niks verkeerd gedoen teen Engeland nie.

Dis waar Papier in die prentjie kom. Hy het reeds in vyf toetswedstryde gespeel, maar is in al vyf as plaasvervanger (of afronder, soos die afrigters deesdae na hulle verwys) opgestuur om impak te maak ‒ selfs op vleuel.

Hy het tot dusver ʼn skrale 29 minute se speeltyd in vyf toetse.

Papier is vinnig met ʼn suiwer aangee, maar hoe sal hy onder druk vaar?

Dit kan Saterdag bewys word.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Frans C ·

Rugby kommentators vergeet dat spelers veral skakelpare in groot wedstryde slegs die wedstryd plan toepas.Dit is die kaptein wat die besluit moet neem om dit te wysig en by omstandighede aan te pas.

Hy moes dus vir de Klerk aangesê om dit te staak en pa vir die besluit te staan.Dit laat my nogal dink aan ‘n voorval jare gelede.’n Student laat weet vir sy dosent dat die praktyk totaal verskil van wat in die praktyk gebeur.

Die dosent laat toe weet:’Dit mag so wees,maar jy skryf eksamen oor dit wat in die voorgeskrewe werk staan en nie dit oor wat in die praktyk gebeur nie.’

Nou lyk dit vir my of afrigters ook dikwels die dosent se houding volg want hoe anders kan ‘n mens verduidelik hoekom so min Lionsspelers wat voorheen Springbokke was,tans in Erasmus se groep is.

Frans C ·

Sjoe dit het maar sleg oorgekom: moet eerder lees ‘n Student laat weet vir sy dosent dat die teorie totaal verskil van die praktyk.

koos1 ·

Sy spel teen die All Blacks was nie die papier werk waarop dit geskrywe staan nie!

waarheid ·

Wat lol hulle alewig met spelers wat NIE kan speel nie?
Wat is fout met die afrigters?
Het hulle nou op Toks en Tjops na die gekerm van die een ou begin luister? Breyten Paulse.

Swartwolf ·

O genade. Hoekom dan nie eerder Ivan van Zyl of selfs Cobus Reinach. Lyk my maar die keuses op skrumskakel is, wel om dit in perspektief te plaas, papierdun…..

Nico ·

Maak nie saak wie speel nie. Rassie programmeer hulle dat julle kap die hak in die grond, wys die toontjies na bo en skop in oponente se hande vir ‘n goeie teenaanval. Die ”kaptein” kan niks dien nie want hy is pateties en net daar op instruksies van die ANC.

Johan ·

Nico, jou beskrywing is 100% in die kol :) Selfs ek as leek kan sien wanneer die skrumskakel gaan skop. Hulle adverteer dit. Die opponente sien dit sekerlik ook en dmv ‘n teken laat wet hulle die agterste driehoek dat daar ‘n skrumskakel skop kom.

Terug na onderwerp – as Louis Schreuder daar is, hoekom hom nie kans gee nie. Ek dink op SupeRugby vorm verdien hy sy beginkans. Ook baie meer ervare en ons het ervaring nodig in sleutelposisies – waarvan skrumskakel een is.

Johan ·

Van die wat hom nie ken nie,hy gaan een of Ander tyd wys wie presies hy is.Almal wat hom op Skool gesien het weet dat hy wedstrydplanne uitvoer en nie sy natuurlike spel speel nie.Daar is niemand in die Springbok span vinniger as hy nie,een game wat hy deur gaan breek en hys die nuwe liefling van Loftus en SA.Gaan n legend word,mark my words.

Johan ·

Van een Johan na n ander. Stem saam jou. Het hom sien speel op skole vlak en hy is defintief een van ons toekomstige rugby helde.

Swartwolf ·

Mag so wees…. dink jy hy gaan in die bokspan NIE onder instruksies speel nie en kans kry om sy natuurlik spel te speel ?

Piet ·

Iemand het so ‘n paar jaar gelede van n’ provinsiale span gesê – hulle is baie goed op papier maar nie so goed op gras nie.

rollie ·

Hierdie oorsese speler storie is besig om my te irriteer. Dan is die ou beskikbaar dan nie. Neewat, moenie die oorsese ouens kies nie. Hulle kan in ‘n wereldbeker jaar in aanmerking kom mits hulle bereid is om in daardie jaar se superrugby te speel. Los die deur oop vir ‘n speler wat werklik vir die Bokke WIL speel.

Ben ·

Ja die kaptein beteken nou nie juis veel nie – moet juis ‘n bietjie’rus’.
Is net daar vir een rede – en ons weet wat dit is.

Rinkhals ·

Oppas Ben dis rassisties wat jy nou se…..ons moet vrot tot middelmatig oppraat ten hemele sodat ons kan inpas in die gees van SA en SA rugby se kleur kwota sisteem.

Avokado ·

Rassie sal nie fout maak met Embrose nie. Hy gaan almal wat hom so kritiseer sonder dat hulle hom al sien speel het groot verras.

LOL ·

As ons vorige afrigters en SARU beleid dit toegelaat het sou Rory Kockott wat uiteindelik vir Frankryk en nog steeds vir Castre’ speel , ‘n legende kon word. Hy is nou nog beter as al die name wat die Springbokbaadjie goedkoop maak. Bewys maar net weer dat meeste van ons huidige Springbokke nie die eerste keuse in hul posisie is nie.

9 ·

Enige skrumskakel wat die balmso vinnig kan aangee na sy nr 10. Faf kanen Ross kan. Beide is nie beskikbaar nie. Moet asb nie van Papier of enige skrumskakel verwag om beter te speel as die opdrag wat aan hom gegee is nie. Verander taktiek as dinge nie werk nie. Wees onvoorspelbaar vir die opposisie.

Klein Kraai ·

Hys was klas in sy eie generasie en gaan nog lank vir die Bokke speel Hy het op elke moontlike vlak uitgeblink ….en gaan dit weer doen!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.