Die Duane Vermeulen-tameletjie

Dit is darem baie ironies dat die Springbokafrigter, Allister Coetzee, homself so in die voet skiet.

As Coetzee vir Duane Vermeulen  vir Saterdag se rugbytoets teen Frankryk kies, kan die afrigter in ʼn spreekwoordelike mynveld instap… maar dit sal deur sy eie toedoen wees.

Daar ly by my geen twyfel nie dat Vermeulen die Bokke se beste keuse as agtsteman is om die Hane te pak. Maar hoe gaan jy dit aan Uzair Cassiem, Oupa Mohoje en Dan du Preez verduidelik?

Cassiem het agtsteman in die Rugbykampioenskap gespeel toe Warren Whiteley beseer is.

Hy het nog nie werklik op internasionale vlak oortuig nie, het ʼn ribbesering opgedoen en was ʼn paar weke langs die kantlyn, maar hy het genoegsaam herstel om saam met Dan du Preez as agtstemanne vir die toer ingesluit te word.

Onthou, Vermeulen was beskikbaar, want hy het vir Toulon ná sy rits beserings begin speel  nog voordat die toerspan gekies is, maar hy is weggelaat.

Wat doen Coetzee-hulle teen die Iere (en die toets teen die All Blacks op Nuweland)? Hulle skuif die flank Francois Louw agtsteman toe, kies Pieter-Steph du Toit as flank  en sluit Cassiem op die bank in.

Kort voor die toets teen die Iere het Coetzee ook ʼn groot flater begaan deur te verklaar dat Vermeulen en Francois Steyn nie ʼn verskil sou maak nie.

Maar wat gebeur toe? Die Iere verflenter die Bokke met 38-3.

Met Du Toit weens harsingskudding nie beskikbaar teen die Hane nie en die vaskopstut Coenie Oosthuizen op pad huis toe ná ʼn knieligament-besering, word ʼn noodsein aan Vermeulen uitgestuur: Kom help uit, al is dit net vir een of twee toetse.

Nou is die vraag: As Vermeulen kwansuis nie verlede week waarde sou kon toevoeg nie, hoe het hy binne ʼn week verbeter?

Onthou ook dat Vermeulen nie vir die laaste toets teen Wallis beskikbaar is nie, omdat dit buite die toetsventer val en hy na alle waarskynlikheid na Toulon sal terugkeer.

Maar hoe gaan Coetzee dit aan Cassiem, Mohoje en Du Preez oordra?

Julle is goed genoeg om nog ʼn week die duiksakke te dra, maar eintlik is julle nie goed genoeg nie…

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

kollie ·

NS is die enigste span wat genoeg diepte (in kwaliteit) het om nie hul oorsese spelers te kies nie (hulle doen ook beter om hul spelers te behou). Ons het nie en die probleem gaan vererger deurdat al hoe meer spelers agter die oorsese geld gaan aanhardloop. Ons plaaslike rugby sal ook hierdeur verswak word, daar is nie genoeg geld om die spelers hier te hou nie. Argentinie het al lankal dieselfde probleem.

Adam ·

Is omdat AC nie sy huiswerk vooraf doen nie en hy die buitelandse spelers wil spite om hulle nie te kies nie Hy het nou die kans om Bosh en Galant kans te gee maar ek glo nie hy gaan nie Ons het goeie voorrye en hakers maar hy bly vasval by die outehuis spelers Lood de Jager is n passasier en beteken niks Dieselfde met die senters en skakelpaar voorspel weer n verloor teen die Franse ook

LHS ·

Sal saamstem met senters en skakelpaar maar verseker nie Bosch nie. Galant wie, tog seker nie Galant van die Bulle nie. Andries Coetzee is n skitterende aanvallende heelagter met n goeie skopvoet maar kan absoluut nie tot sy reg kom as daar nie balle of balbesit is nie. Ruhan J. van Rensburg, Harold Vorster, Faf de Klerk, Ruan Combrinck (as hy weer reg is), Jan Serfontein, Kwagga Smith, Pollard (kry net sy skoolafrigter om hom weer op koers te kry) Francois Venter.

JOHAN ·

Wat moet AC vir Casiem en Oupa en Dan vertel. Oupa en Casiem julle is eenvoudig nie goed genoeg, was nog nooit. Julle is oorbetaal en onder gemiddeld. Dan seun jy is op koers. Nog bietjie onervare maar jou kans sal kom as jy op standaard is. Liewe Toetie die wagwoord is verdienstelikheid en nie emosie. Jy en die ander kwota bestuur (wit en swart) moet die eerbare ding doen en in die vergetelheid verdwyn.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.