Die fout lê nie (net) by die Springbokspan nie

(Foto woligovabe.xlx.pl)

Hoe maak jy ʼn porselein-ornament reg as dit van ʼn rak gestamp word?

Jy kan nie, want dit is in stukkies gebreek.

Wanneer die Springbokspan nie een van die swakste Australiese spanne in baie, baie jare  (sonder die beseerde Israel Folau, David Pocock en Adam Coleman) kan klop nie; daar vrae oor die basiese vaardighede van die spelers is, oor hul besluitneming, hanteer-, skop-, skrum-, lynstaanwerk en verdediging; wanneer daar vrae oor die kapteinskap is; wanneer die span in nat toestande sukkel (maar daar agt Stormers asook Francois Louw en Cheslin Kolbe Saterdag in die groep van 23 was); en daar ʼn probleem met diepte is, jy sewende op die wêreldranglys is en jy die afgelope drie jaar teen Japan, Italië, Wallis (drie keer), Argentinië (drie keer) en Ierland (3-38) en Nieu-Seeland (0-57) slae gekry het, dan kan jy dit mos nie meer onder die mat vee nie?

Maar om die fout net voor die deur van die Springbokspan te lê, wat Saterdag in Brisbane met 23-18 deur Wallabies geklop is nadat hulle twee weke gelede met 32-19 deur die Poemas verslaan is, is kortsigtig.

Die probleem is op alle vlakke, van heel bo tot reg onder.

Dit begin by die skole en junior rugby en dit syfer deur na die Curriebeker-, Pro14- en Superrugbyreekse.

Waar het jy al daarvan gehoor dat ʼn ervare en uitstekende provinsiale afrigter eerder by ʼn skool gaan afrig waar hy miljoene kan verdien?

Skep ons nie ʼn wen-teen-alle-koste monster deur skolerugby op televisie uit saai nie? Gaan kyk maar hoe lyk die skolespanne se truie, vol logo’s en borge. Vir wie?

Wat van honderdtalle in provinsiale junior rugby? Wat van beroepspelers wat net vir agt maande in die jaar betaal word?  Wat van jou twee spanne in die Pro14-reeks wat albei laaste is. Wat van jou Superrugbyspanne wat laas in 2010 die reeks kon wen?

En wat van bonde wat nie meer hul verpligtinge kan nakom nie en hul stadions moet verkoop om te oorleef?

Wat van Varsitybekerspelers wat nie studeer nie?

Saterdag in Wellington speel die Springbokke teen die All Blacks, wat ná net drie wedstryde in vanjaar se reeks byna reeds seker van nóg ʼn reeksoorwinning is.

Springbokspanne het in die verlede al uit die laaste loopgraaf geveg, maar as die huidige span nie die nodige arsenaal het nie, kan jy mos nie ʼn wonderwerk verwag nie?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

68 Kommentare

Willem ·

Pieter, jy kan maar die protea ook op sy rug laat lê het. Al verlep en uitgedroog. Dan wil ek die lesers vra om die kommentare op Pieter se vorige artikel te lees, dis net so van toepassing, maar die mense gaan die nie hier herhaal nie.

Piet Snot ·

Pieter, ek verstaan as jy polities korrek is.
Maar jy kan eintlik maar die k-woord gebruik: kwotas.

·

Die Wonderlike Springbok span sal nie eers in die huidige Curriebeker reeks die Curriebeker kan een nie!!!!!!!!!!!!!!!

Klaas ·

Daars net een probleem en dis politieke inmenging in sport. Wie wil nou vir n land rugby speel as jy weet jy is die beste en n kwota man moet in jou plek speel om polities reg te wees. Nee wat geen rugby meer vir my nie.

alwyn burger ·

Die fout lê nie by die spelers ,afrigters of stelsel nie. Dit lê by die onsigbare. Die aura van die spel , wat ons Afrikaners so bekoor het ,bestaan nie meer nie. Die spel het nou die terrein van die politikus en die sosialis geword. Spelers word gekies vir die “groter” prentjie of om bemagtig te word.

Veritas ·

100% Reg Alwyn. Politieke inmenging het ál hierdie probleme veroorsaak. Die verval van SA rugby is al só gevorderd dat daar geen kans op herstel is nie. Toeskouergetalle en SA-spelers wat hul ambag in ander lande beoefen, is ‘n duidelike bewys hiervan. Waar ek eens rugby gedroom, gepraat en geleef het, is daar nou net nostalgie en herinneringe van die goeie tye oor. Daar sal seker ‘n tyd kom wanneer dié ook sal vervaag en mettertyd verdwyn.

Arie ·

Heeltemal reg! As rammie sy bek oop maak daal die rand, hy en sy maatjies het van ons sport ‘n bespotting gemaak

Net ek ·

As iets nie werk nie, haal dit van die mark af… Baie eenvoudig

Kobus (Pretoria) ·

Nee wat, ek dink nie ons hoef verder as die parlement te soek vir die swak vertoning van die Springbokke nie. Om ten alle tye minstens 5 gekleurde spelers op die veld te hê maak internasionale mededinging ‘n saak van onmoontlikheid. Die Stormers is oorverteenwoordig in die Bok span omdat hul gekleurde spelers die beste van die kwota poel is. As ‘n Springbokspan nou op meriete gekies word sal daar slegs wit spelers in wees… en het SA aanstaande jaar ‘n kans om tweede in die WB te eindig.

Chris ·

Horende doof en siende blind…vir meer as 100 jaar het die Afrikaner die ruggraat van SA rugby gevorm.Die Afrikaner het die sport met passie omhels vanaf kindsbeen. Die Afrikaner het sy rug op rugby begin keer om redes oorbekend.Rugby in SA is REEDS dood. Natuurlik sal die paar betaaldes en liberales dit ontken.Rugby is dood en alles “Suid-Afrikaans” saam met dit…Bewys teendeel asb.

Hennie ·

Enige kommentaar is eintlik oorbodig. Die doodsklok vir SA Rugby het reeds ‘n paar jaar gelede gelui. Ongelukkig het baie Rugby administrateurs en politici dit nooit gehoor nie. Hulle sal finaal kennis neem as die geldkas dolleeg is.

Willem ·

Pieter, dit gaan mos daaroor om die koek in die kleinste stukkies denkbaar te verdeel, almal moet daaruit kan skep. As die koek dan nou later vodde is, bly daar mos nou niks vir niemand oor nie. Dit het net met die res van die land vinniger gebeur. Maar moenie worrie nie, hulp is van China af op pad, dit is nou wat Cyril vir ons vertel, ons moet net nie stress nie.

zoom zoom ·

Ek dink Ashwin Williams moet die nuwe Bok afrigter word. Hy ken mos al die tricks in die boek.

volla ·

Sedert 1992: 5 uit 31 teen Aus in Aus en 2 (of is dit 3) wenne teen NS in NS vir dieselfde periode. Meestal met leliewit spanne. Ons sukkel maar oorsee ongeag wie speel.

Willem ·

volla, maar dit sal darem lekker wees om nou en dan in ‘n Ferrari of ‘n Porche te ry. Kyk daai jare was ons mos so nr 3 en nou en dan 2 in die wêreld, of hoe?

Boerseun ·

Maar geen verlore teen Ierland, Wallis, Italie , Arg of Japan. Ook moet onthou word dat Aus gedurende daai tyd 2 wereldbekers gewen het en in nog n finaal gespeel het so was die wereld se beste span, met NZ wat ook 2 bekers gewen het en in nog n finaal verloor het.

volla ·

Wat help dit jy’s 2 of 3 op die ranglys maar jy kan steeds nie Aus en NS weg van die huis klop nie? En boerseun – ons het teen al daai lande verloor met bitter weinig gekleurde spelers in die span.

Snowball ·

Die geloof wat elke speler in homself het en die waarde wat hy toevoeg tot die span word bepaal deur die regverdigheid en onpartydigheid en geloofwaardigheid van die proses van spankeuses. Hierdie transformasie snert beduiwel elke liewe speler, ongeag kleur. Dit vernietig die gesonde proses van mededinging vir ‘n posisie in die span met almal op gelyke vlak. Hoe glo jy, jy hoort in die span as jy weet jy is daar agv politieke druk? Hoe bly jy gemotiveerd as jy weet dis ‘n kwessie van tyd voor jy vervang word agv jou velkleur? Niemand wat afrig, kan ‘n span se gees en selfvertroue opbou as die individu twyfel aan sy eie bestaansreg in die span nie. Te veel met die hart en die trots van die Springbok gemors, dit is nou net ‘n betekenislose gekies van spelers om aan politieke eise te voldoen. En die spelers weet dit, daarom die slap hande en verskimmelde pogings wat week na week teleur stel. So ja, dalk is alles reeds skeefgetrek van skoolvlak af, want sodra integriteit en regverdigheid moet waai vir watter redes ook al, is die doel van sport en gesonde mededinging saam by die venster uit.

chrisp ·

Kwotas op skolevlak jare terug wys nou sy kanker en dit gaan nog net slegter word.Soos hierbo vermeld deur skrywers SA-.Rugby is vir die Afrikaner dood.
Baie ondersteun ander spanne .Ierland Bo!!

Liberaliste vernietig alles op die einde .Hierdie land en sy sport is ‘n duidelike bewys hiervan.

Arno ·

Stem met jou saam Hennie, waar politiek in enigiets in Suid Afrika betrokke raak, lui die doodsklok. Daar is absoluut geen uitsondering nie. Alles waaraan hulle raak verander in n ZERO!!@

Skool rugby supporter ·

Om die eerlike waarheid te se verkies ek skole rugby ver bo super rugby of springbok rugby. Die seuns speel met oorgawe en passie. Hulle hantering, verdediging isop dieselfde vlak of beter. As die springbokke op dieselde tyd speel as bv Grey teen Paarl Gym, kyk ek eerder die skole rygby.

Ruben ·

Gelukkig spaar die bokke my baie geld koop nie meer n rugby trui..ek woon nie meer n rugby game op n stadion by nie…dstv is al afgesit na die japan game…en ek drink so effe minder so daars gesondheids voordele ook aan dat hulle so dubbel k senter a is.

Afrikaan ·

As daar nasionale kleure vir verskonings toegeken word, sal rugbylui by verre die meeste lede in die span hê.! Terwyl die politiek inderdaad ‘n faktor is, is dit NIE die rede dat ons spelers sonder trots speel nie (maar steeds enorme geld betaal word). Dis ook nie die enigste rede dat ons afrigtersgroep in een woord ONBEVOEG is nie (en ook belaglike bedrae betaal word). Nee, Allister het nooit verantwoordelikheid vir sy gemors aanvaar nie, maar erger nog, hierdie stempel baie duidelik op die hele Springbok groep afgedruk (insluitende die gekke van SARU). Dis tyd dat die hele groep begin opstaan en hulle ondersteuners begin terugwen met ‘n wenners benadering (Erasmus, Kolisi en senior spelers neem kennis!) Dit maak my siek om sulke slapgattigheid te sien.

Lol ·

100% korrek Pieter veral rakende skole- rugby. Die sterker word sterker en die swakkes swakker. Wat baat dit as bv. Grey kollege elke jaar +- 40 O/13 Cravenweek spelers werf, erf of aanvaar indien slegs 22 O/14A span kan speel. Teen helfte van seisoen is die ander mismoedig en verloor belangstelling. Van die groot skole (800 + leerlinge) sukkel om 4 senior spanne op die veld te sit want wie wil elke week met 50 punte verloor? Stop alle skole-rugby werwing, forseer kinders om skool te gaan in hul area waar hul bly en binne 10 jaar sal die nasionale situasie verbeter aangesien die talent beter verspreid sal wees.

Conrad ·

Naas die All Blacks kan enige van die top 8 lande enige ander span op ‘n gegewe dag wen. Dis hoe rugby internasionaal gevorder het. Die Springbokke kan enige van die spanne wen – maar ook teen hulle verloor.

volla ·

Stem saam. Tussen 2 en 8 is daar bittermin verskil. Waarskynlik ‘n kwessie van of jy tuis of weg speel. Ierland en Skotland het veral verbeter.

Anton ·

Wen-rugby is dood. Die Springbok moet van die truie verwyder word want daardie hoe vlak van rugby bestaan lankal nie meer nie. Trouens dit het al in die sanksie tydperk gesterf. 1995 wereldbeker is vir ons gegee oor Mandela en 2007 WB was n vloek geluk. Nou maak die elite skole hanslammertjies groot om die kwota te vul. As n span nie gekies kan word met meriete as die enigste maatstaf nie is die sport DOOD!

Andrew ·

As die SABC nie eers meer rugby wil uitsaai nie, wys dit net wat aangaan.

Niklaas ·

Bokrugby is nou vir my sinoniem met verloor rugby. Dis vernederend . Ek, wat sedert laerskool/ kaalvoet rugby dae erg entoesiasties was oor die Springbok en ander groot rugby wedstryde , soek nou verskoning om nie te kyk na die geploeter van die Bokke nie. Glad nie meer genotvol nie.

Boland ·

Ons speel een Saterdag op ons dorp teen n sekere span in die omgewing.Busse vol dronk mense word aangery.As jy as speler gedurende die wedstryd teen kantlyn uitgaan,word jy aangerand deur die toeskouers langs die veld.Dit was in die jaar 2002.Na die wedstryd word ons afrigter met n lee bottel geslaan.Ons spelers moet vlug vir die kleedkamer onder die paviljoen.Ons sluit die hekke voor ons kleedkamer en ontbied die polisie. 2 ure later kon ons die kleedkamer verlaat.Hierdie verskynsel begin hom daarna herhaaldelik by klubrugby afspeel.Ons gaan speel weg teen sulke spanne en na die game is jou voertuig bekrap met n spyker.Nou wil die unie sy stadion verkoop omdat hulle nie geld het nie.Ek was op daardie stadium 27 en geweet ek en my maats is klaar met rugby.So het baie klub spelers n storie wat hulle kan vertel.Al wat ek wil se is dat ek daai tyd besef het rugby gaan hier verloor.Vandag se sirkus maak vir my sin.

Ben ·

Oorsaak van die Springbok se dood is Politiek en Geld. Wat van ons speel weer amateur rugby met n Curriebeker en Keurders? O ja en raak ontslae van daai simpel sokker reels – Geel en Rooi kaarte – hulle is net daar sodat skeidsregters wedstrydte kan manipileer – vra vir die Franse.

Jannie ·

Net jammer die wentelling was nie nog groter nie!!! Maar die All Blacks wag ook vir die Bontebokkies!!!

Renette ·

Beboet die spelers wat droog maak, geld is een van die groot probleme. As jy betaal word om net op te daag is dit wat jy gaan kry.

Shane ·

Dalk wen die ander lande ons omdat hulle toeskouers agter hulle span staan en hulle aanmoedig. Dalk kraak hulle toeskouers hulle nooit af nie. Dalk weet hulle toeskouers dat hulle eintlik niks weet van rugby nie en daarom meng hulle nie in nie en praat nie die heeltyd snert nie. En al het Willie 3 keer aangeslaan en ñ simpel skop gegee naby die doelyn en al het Kitshof en Malherbe aangeslaan en al het Faf sy swakste vertoning gegee en al het al ons punte gekom van al die Spelers wat meeste van hulle kwota spelers noem sal ek nog steeds My Springbok span ondersteen. En vir die wat niks weet van Sport af nie wil ek julle net sè, 40 % van enige oorwinning kom van Toeskouer gees en aanmoediging. En aan almal wat ñ kans nou het om grootbek te wees,hoekom is Jy nie in die span nie hè. Miskien kan Jy ons wys hoe om daai groot ouens te tackle en miskien kan Jy ons wys hoe om deur Hulle verdediging te kom. Of wat dink Jy. Ai mense, ons is maar seker die negatieftste Nasie maar verwag positiewe resultate.

Ben ·

Shane, van ons het ook rugby gespeel. Sonder Mondstukke, beskermede onder klere ens, ons was nie betaal daarvoor nie. Ons weet wat die verskil tussen swak rugby en goeie rugby is. Kom ons kyk bv na die hakker se ingooi op sy eie doelyn – Saterdag. Jammer maat, dit is nie eers laerskool standard nie. Hierdie ouens is profesioneel, hulle word betaal daarvoor. Ek stem saam ‘n penaliseerende stelsel moet geimplementeer word. As hy blantant droogmaak kry hy niks wedstryd geld nie en vir ander foute trek baie geld af. Die huidige Sprinbokke dink mos dit is ‘n “Joke” om so vrot te speel. As ek die afrigter was sou daardie twee spelers summier huis toe gestuur word en sou nooit ooit weer vir my gespeel het nie. Verstand speel ook ‘n rol in rugby.

Johanna Botha ·

SA is dood en ek is skaam om n suidafrikaner te wees …so die bok is lankal dood en in biltong gesny vir baie…. en so droog die geldtjies ook op …..o ja dalk kan die sokkerskare rugby kom kyk of nog beter maar rugby n verpligte voorwedstryd by sokker …kan lekker wees !

Spike ·

Met meer as 300 spelers in die buiteland en die wat hier is met hul vaardigheid en toewydingsvlakke, val ons nou in Japan, Italie se liga. Bok rugby is vir altyd dood danksy anc en trawwante politici. Noem hulle asb iets anders soos die lappoppe of so iets.

charl ·

en julle moet weet die ab span van saterdag was daar baie nuwelinge gewees. ons is supposed to be trots op ons bokke en wat is lekkerder as ons span goed doen en wen en met die beste van die beste kompeteer. steve hansen het in n onderhoud gesê dat mense kanie poletiek met sport bymekaar bring nie. dit voel net dat alles in ons rugby is in n gemors. ons unies ons afrigting alles is net n gemors ons ka niks meer aanpak as bokke nie na n ranglys van no7 weet ek nie of ons te redde is nie. dis baie hartseer maar saterdav se ab game daai manne speel met so skill en oorgawe dat dit nie eers snaaks is nie dit nnplesier om te kyk hoe daai manne operate. maar by onns weet ek nie

James ·

Behalwe vir die feit dat die Springbokspan deur kwotas afgetrek word, word die span ook erg benadeel deur die poletieke klimaat in SA. Ek dink nie rugbyspelers kan meer werklik met patriotisme speel as daar soveel haat in die regering is nie.

Dup du Plessis ·

Het dit al hoeveel keer genoem…..die feit dat ons vir jare spelers in die sisteem opgeneem het wat nie daar moes wees nie (dit het weer veroorsaak dat spelers wat moes speel eerder opgehou rugby speel het) het ons ingehaal. Ons hele spelerkorps bestaan nou dus van die Springbokspan tot by elke skole provinsiale span uit baie spelers wat dalk nooit daar moes wees nie. Is eerstehands met n seun wat jare terug
al provinsiaal gespeel het deur bogenoemde proses. Feit is dus: al word die beste spelers uit die korps gekies dit nie naastenby is wat dit kon wees as spelers slegs op meriete en verdienste gekies was nie. Plaaslik kom ons dit nie agter nie, want al die spanne het basies dieselfde probleem. Ander lande kan net die beste, sonder politieke inmenging spelers kies. Dit kan dus nooit weer wees soos wat dit was nie. Al wat ek weet is dat as jy die AB met jou land se beste spelers aanvat dit al moeilik is….as daar dus net 1 of 2 is wat nie werklik die beste in ‘n posisie is nie is dit fataal, as dit dalk nog meer is, is dit katestrofies…..so lief soos wat ek vir rugby was het dit my met tyd gespeen van ons belaglike stelsel.

Henk Brand ·

Daar is baie wat hierdie langtermyn invloed van politiek op die sport nie in ag neem nie en kyk net vas in sogenaamde kwotas. Die feit is dat met 20 jaar se politieke invloed is die beste beskikbare spelers vandag nie eintlik die beste spelers (van alle kleure) wat kon gespeel het nie. Die wereldranglys vertel die ware verhaal en volgende jaar gaan die Springbokke die nodige opwarming vir die top spanne gee.

Theuns ·

Ophou rugby kyk het geword soos ophou rook. Jy moet net ‘n plaasvervanger kry. Dit was vir my aanvanklik moeilik om ‘n game te mis. Vandag is ek bly ek is klaar.

Ruiklont ·

Die “vuur” waarmee die manne speel is hoogs teleurstellend Vir my kom dit voor of die trots om bok te wees weg is. Indien jy gekies word hetsy jy die beste is al dan nie, gee altyd net die beste, laerskoolkinders het meer wil om te wen as die “professionele” spelers

Anoniem ·

Shane, met alles wat in die land en met haar sport gebeur het ons rede om so negatief te wees. Nee wat, ons kan ook nie meer positiewe resultate verwag nie want daarvoor is daar te veel politieke inmenging oral in ons land.

Pietman ·

‘n leliewit span is nogsteeds die produk van ‘n kwotastelsel. Deurgevoer vanaf laerskoolvlak.

volla ·

Sjoe, darem ‘n lekker kussinkie om te hè né? As wit speler kan ek maar nou lekker droogmaak (sien Willie le Roux en ander) dis agv kwotas dat ek droogmaak. Dis wragtig die belaglikste redenasie wat ek nog gehoor het. As al die wit ouens in die span fantasties speel en al die gekleurde spelers twak aanvang, het jy dalk ‘n punt beet…maar ons weet mos nou van beter. Nou die dag wen die bokke nadat hulle ver agter was. Mense prys die span omdat hulle gewen het en is trots op wit en swart spelers. Toe was die kwotastelsel okay want ons het gewen.

Wat van? ·

Die artikel maak nie ‘n enkele geldige punt of argument nie. Dit sê net ‘wat van’? Wat is nou eintlik jou argument? Wat is die probleem met rugby in SA?

Hartseer ·

Die glorie van die Springbok geskiedenis word ‘n oneer aangedoen die afgelope ongeveer 11 jaar. Ek voel werklik dat die Sringbokembleem “aftree” vvordat die trotse geskiedenis daarvan heeltemal vernietig word. Hartseer, maar in my hart voel ek dis die regte ding. Laat die protea maar bly…….

John ·

Die bokke speel football en die ander spanne hardloop-rugby. Die SA-afrigters word skynbaar net gekies as hulle beloof, nee sweer dat hulle nooit maar nooit die spelers agterlynbewegings sal laat oefen nie; val die bal vas en hoop op beter dae of ‘n geelkaart… Dan moet die afrigters ook die hele tyd die spelers bangpraat… ooooh die span is te sterk vir julle… val die bal vas en gee… gee… jul hart vir Hillbrow… Hy sal…

Peter ·

Aaah yes, here come’s the Saffas met ál wat n verskoning is, was die afrigter, nou het jul vir Rassie, nous dit net die kwotas, dis afrigting ook, pathetic. Seker die ref ook, dis n bekende verskoning van SA. Patetiese afrigting en patetiese spelers. Saffa’s se groot games gaan van nou af teen Somoa en Turkey se tipe spanne wees.ROFL

volla ·

Nou gaan mense te kere oor ‘n verloor in Aus waar ons sedert 1992 slegs 5 uit 31 wedstryde kon wen. So asof dit iets ongewoons is. Ons verloor daar mense, par for course. Toetie het verlede jaar beter as die gemiddeld gevaar en gelykop gespeel.

Ben ·

Daar is niks fout met gekluerde spelers in die span nie, wat die mense se is dat daardie gekleurde speler die beste in die land moet wees in daardie posisie, met ander woorde, ‘n ware Springbok. Dit is waneer jy ‘n substandaard speler insit om die kwota getalle vol te maak, met ander woorde jy speel bv. met 8 Werklike Springbokke en die res ry saam. Daar is geen manier wat jy die All Blacks of enige ander top span gaan wen nie. Ons huidige resultate bevestig dit. Dit is waarom Suid Afrikaanse Rugby dood sal loop. Geen maatskapy will ‘n verloorspan borg nie! As jy transformasie wil af forseer, wat van ‘n gekleurde span wat in die Afrika Liga speel – As hulle begin wen dan kan van hulle miskien plek in die Springbok span kry. “They have earned it”.

Frikkie ·

Ek sê altyd vir my kinders. Naas Naas is Naas nie Naastenby so goed soos Naas Nie!

Erick ·

Ek rig 0/7 rugby seuns af en hulle kies altyd die All Blacks as hulle spanne moet kies vir oefenspeel. O ja, dit is blanke Afrikanerkinders.

Riaan ·

Dit gaan in SA rugby oor wie se pappie die meeste geld het om sy seun in n span in te koop van skole vlak af.
Dan hoor n mens gereeld die seun van springbok ………, dis nie te se as jou pa n springbok was dat sy seun ook n springbok speler moet wees nie.
Soveel talent word verloor klug en omkoop gelde in skole, dis hoekom meeste talent volle rugby seuns op hou om te speel.

Jacques ·

Ek wil weet hoekom die springbokke jaar na jaar hulle en die ander spanne se tyd mors om in die tipe wedstryde te speel. Ons is nie in diselfde vlak as die spanne nie. Speel in toernooie teen ander lande wat op dieselfde vlak is. Dalk raak hulle beter as hulle kaanse beter is. Hoe gaan die ouens saterdag speel teen die AB. In hulle agterkoppe moet hulle vrek bang wees vir saterdag.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.