Die gety draai steeds teen die Bokke

Dis beslis nie die regte leesstof op ʼn nugter maag op ʼn Sondagoggend nie: Ses toetswedstryde tot dusver in 2018 gespeel, drie gewen en drie verloor. Sewende op Wêreldrugby se ranglys wat Maandag vrygestel word en die twee sterkste spanne in die Rugbykampioenskap, die All Blacks en Wallabies, lê voor.

Dit is die somtotaal nadat die Argentynse Poemas Saterdagaand in Mendoza die Springbokke met 32-19 geklop en die All Blacks die Wallabies vroeër in Auckland met 40-12 afgeransel het.

Nóg ʼn droom wat reeds vroeg gesneuwel het. Altesame 53 punte in twee toetse teen die Poemas aangeteken, maar ook 53 afgestaan. Nege drieë gedruk, maar sewe afgestaan.

Almal weet dat die probleem veel wyer strek en nie oornag opgelos sal word nie.

Die Springbokafrigter, Rassie Erasmus, het die gate probeer toestop deur van die ervare spelers wat oorsee speel, soos Willie le Roux, Faf de Klerk en Francois Louw tydelik terug te lok. Wanneer hulle egter die dag nie aangeskakel is nie, word die gebrek aan ervaring en die leemtes van die jonger spelers oopgevlek aan wie hulle moet rigting gee.

Saam het Makazole Mapimpi, Lukhanyo Am, André Esterhuizen en Aphiwe Dyantyi nog net in 13 toetse voor Saterdag se toets gespeel.

Jinne mense, hoe speel jy toetsrugby met VIER jongelinge langs mekaar veral as jou losskakel, Handré Pollard, se peil ook nie na wense is nie?

Gaan kyk maar weer na die hoogtepunte (in ons geval die laagtepunte) van die toets. Verkeerde besluitneming, foute onder druk, swak aangeë en hanteerwerk, swak verdediging. Alles dinge wat eers met jare lange afrigting en ervaring reggestel kan word.

Met hoeveel selfvertroue is toetsrugby ook aangepak nadat drie van die vier Suid-Afrikaanse spanne nie die mas (die soveelste keer) in die Superrugbyreeks kon opkom nie?

ʼn Afgewaterde Curriebekerreeks, spanne wat nie hul verpligtinge in die Eerste Liga kan nakom nie, die SA Skolespan wat teen Frankryk verloor het en Wallis naelskraap geklop het nadat hy verlede jaar drie uit drie verloor het.

Erg gesnyde begrotings en toeskouers wat wegbly.

Het ons werklik verwag dat die Springbokke onder sulke omstandighede sou wen?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Callie ·

Alles wat hiebo genoem word is waar. Wat nie genoem word nie is die rede vir dit. AC het saam met hoeveel n beraad gehou waar hulle bespreek het wat gedoen moet word. Stop net al die nonsens. Top spelers gaan nie net vir geld oorsee nie. Hulle gaan meestal oor hulle nie n toekoms hier het nie. Haal kwotas uit dan sal spanne na n jaar of twee weer begin wen. Begin wen met verdienstelike spanne en die toeskouers keer terug. Dis n siek spul. Niemand wil die feit dat kwotas SA rugby oor die jare totaal gesink het aanvaar nie. Geen afrigter kan met kwotas bekers wen nie. Onthou net kwotas het die bestes weggedryf. Baie nie kwota spelers is ook nie meer die beste nie maar dis wat oorgebly het

Jannie ·

NOG BAIE PAKKE SLAE LÊ VIR HULLE EN WAG!!! DIE ERGSTE KOM NOG!!!

Hendrik UAE ·

Toeskouers wat wegbly?EISH!! Laat CR se ons mense gaan ondersteun!

Frans C ·

Onder die huidige sportbeleid en swak ekonomie,moet die klem begin val op kwaliteit en nie kwantiteit nie.Watter genot is nou daarin om ‘n erg veswakte Cheetahspan te sien verloor teen die WP.Het ons Administrateurs heeltemal dof geraak.Hoe kan enigiemand met verstand verwag dat ‘n span wat twaalf spelers verloor mededingend die volgende
seisoen moet wees en dan teen Pro 14 spanne wat wemel van oorseese spelers mededingend te wees.

Die Bokke kan nooit ‘n faktor op internasionale vlak wees nie,want ons superrugbyspanne is te swak.Onthou hierdie Argentynse span het bykans netso in die superrugbyreeks meegeding.Dit is te verwagte dat hul samespel stukke beter sal wees.

Dit is om die rede dat ek die samesnoering van bonde bepleit.As ons drie sterk spanne in die Superrugbyreeks kan ontwikkel is die grondslag vir die Springbokspan daar.Kaak na die ALL Blacks 5 Crusaders in die opdrafspan.
Suid Afrika en Australie is saamgelapte spanne uit hul superrugbyspanne en sukkel
om ‘n eenheid te vorm,net soos die Bokke.

Buffel ·

Waarom ‘n substandaard kwota span ondersteun? Geen meriete maar kwotas. Agterlyn afrigter het as speler nerens gekom nie en hy vat die agterlyn van wen gesukkel na die volgende. Ek gaan kyk rugby oorsee…..waar toetslande kompeteer met spanne wat op meriete gekies is. Dit doen die sport rugby goed.

Afrikaan ·

Wedstryde is nie gratis nie, so geen getransformeerde toeskouers nie. Regte rugbyliefhebbers gaan nie geld agter hierdie politieke gekkespul aangooi nie. Dis net jammer dat goeie, meriete spelers (van alle kleure) ook hieronder moet ly

Andries ·

Hou op om SA Rugby te ondersteun. Dit is so goed ‘n besigheid hou sy deure oop met die hoop dat sy nie betaalde kliënte hom sal betaal…..kort voor lank is hy bankrot as hy nie plan maak nie. Hou net eenvoudig die stadions leeg man. Reg of weg…..dit is besigheid en nie ‘n god nie!!!

bollie ·

Rassie must fall. Genade so kan dit nie aangaan nie. Tyd vir SARU om AC om verskoning te vra en te smeek dat hy terugkom om dié gemors reg te maak.

Bul ·

A.C. moet SA se rugby publieke om verskoning vra vra vir die sirkus wat hy agtergelaat het. Rassie is nie veel beter nie maar jy maak seker ‘n grap dat “Toetie” die gemors wat hy grootliks help maak het kan herstel.

bollie ·

Ek sou nie slegs 3 verlore in ‘n hele jaar as gemors beskryf nie….Rassie aan die anderkant se uitslae is absoluut pateties.

Ben ·

Stem saam met kometare hierbo. Tranformasie sal SA rugby sink. Hoekom is daar Transformasie in die Springbok span? Is dit om iemand anderste n kans te gee? Iemand n “Paycheck” te gee.? Wat van transformasie deur n Transformasie span in die Afrika liga te speel? Ons is nou moeg vir hierdie vrot spul. Gaan geen Rugby verder borg of ondersteun nie. Net n Politieke speelbal. Niks aangenaam nie.

bollie ·

Transformasie, transformasie wat ‘n flou verskoning. Daar was gister slegs 5 spelers van kleur in die opdrafspan. En moenie vir my sê dat manne soos Dyanthi, Beast en Kolisi nie op meriete daar is nie. Vergelyk nou die name wat ek genoem het met gemiddelde wit kwota spelers soos, Whiteley, Pollard, Esterhuizen ensovoorts. Nee wat.

HM ·

Maklik 50% van springbok groep bestaan uit twee swakste super spanne en gaan dus selfde resultate kry

CFS ·

Willemse kan nou mooi sien wat gebeur as kwotas ons voorskryf.Ons dink daar is nou min toeskouers en ons speel vrot,wag maar 3 jaar dan is daar niks en hulle die satisfaksie dat hulle dit reg gekry het om nog iets waarop ons trots was af te breek tot ń derde wêreldse standaard soos ons paaie ,spoorweë, universiteite,lugdiens en elke afdeling waarvan hulle beheer gevat het.

Johan ·

Williamsse moet liewes nie meer op Tv wees want andesr gaan hy bars

Lol ·

Die boere moet maar teruggaan plaas toe want rugby kan hulle nie meer speel nie.

bollie ·

Stem, hulle het sag geraak. Daar is beter swart spelers in ten minste helfte van die posisies waar die boere tans droogmaak.. Miskien eerder jukskei of kennetjie gaan speel.

Swartwolf ·

@ Bollie: so lyk die lang termyn resultate van transformasie:
Bafana Banana: 1996 Africa Champs 16 th in the world. 2018 18 th in Africa and 81 in the world. 100% transformation administration and players. Well done.

bollie ·

Hulle speel darem nog sokker. Die boer kinders speel nie eers sokker nie en hul rugby spelery is besig om agteruit te gaan. Meer swart spelers in die Bok-span asb, te veel boere daar wat nie op meriete daar is nie.

LHS ·

Hanswors wat homself slang bollie noem. Kom ek vertel jou reguit die Leeu vleuel is vinnig en kan driee druk maar gladnie verdedig. Koalisi val nie eers onder die beste 5 flanke nie, Beast is in die superwedstryde stukkend deur die Leeu stutte geskrum, foeitog, siestog. Los eerder jou menings as jy absoluut geen kennis het nie.

Swartwolf ·

@Bollie en Lol: Gatiep, Apools, Cape Maori…..jou argumente werk nie. Die “boer kinders” gaan speel oorsee agv kwota’ s. En maak daai lande, veral die Europese rugby lande, se toets spanne. En dit terwyl jou kwota spannetjie nou al 7 de op die ranglys is. Dalk is jy die een wat moet teruggaan plaas toe. Jou geliefde hang aan die bitterbessiebos as jy mooi kyk.

Lol ·

Die boere emigreer nou al meer as 20 jaar lank. As hulle regtig die rugby talent en gene gehad het sou die All Blacks, Australie, ens. vol Jordaans, Rouxs, Louws, Krugers, van den Berghs, van Zyls, gewees het. Noordelike halfrond klubs verteenwoordiging tel nie want daar is wereldwyd ‘n “tekort” aan rugbyspelers en elke Jan Rap kry span. Of het die wat emigreer nie rugby talent?

Henry ·

Afgesien van oorle’ Saartjie Baartman en oorle’ oompie Basil d’Oliveira, weet ek nie van plaaslike landgenote wat iewers die ‘map’ in Europa of Brittanje gehaal het nie.
Sport gewys is daar reeds heelwat Suid Afrikaners wat Engeland, Ierland en Frankryk se nasionale spanne sedert 1994 uithelp.

Bul ·

Ou Bollie snaaks as die feite jou in die gesig staar en jy het niks om te bied om die feite anders te bewys nie begin jy jou naam praat…bollie, die bruin soort…..

Dreis ·

Dis hartseer wat in SA rugby aan die gang is, nie net op Bokvlak nie, maarr reg deur na onder. Die kanker het al ver gevorder! Ek se as rugby onderlangs ongessond is gaan dit dit uitkring na bo. Mag SA rugby weer herrys vanaf on der na bo. Mag ons weer administrateurs kry waat sos ‘n dok Craven is, ‘n hart en ‘n passie vir die spel.

Liezel ·

Is vandat daar bollie in die span is dat dt so bollie gan. Gan speel eerder sokker.

Manie ·

Rassie weet met sy transformasie dat hy nie wedstryde kan wen. Hy’s hier om sy bank rekening vol te maak. Gelukkig deel ek nie meer my geld met SA Rugby

Riaan ·

Bla bla bla bla, amal praat maar net en doen niks.
More kyk amal maar weer rugby op die stadiums, verloor en kerm weer verder en herhaal die proses.

Seemonster ·

Ek kyk lankal nie meer rugby nie. Nie in ‘n stadion nie, en ook nie meer op tv nie.
En ek dink dis deel van die probleem. Finansiële ondersteuning is besig om te taan. Net interessant om op te merk dat Nieu-Zeeland ongeveer4.7m mense het en die sterkste rugbynasie is

Pietman ·

Kwotas maak ons rugby swak. Al speel daar 15 wittes. hulle is nogsteeds ‘n produk van ‘n kwotas stelsel wat vanaf laerskool vlak deurgevoer word. Ons rugby is op alle vlakke swakker.

Henk Brand ·

100% netso! Dit maak nie meer saak hoe die span saamgestel word nie. Politieke invloed het rugby vanaf die laagste vlakke verswak. Die spelers wat bo uitkom is nie meer die beste nie, ongeag hulle kleur.

Leon ·

Ek kyk nie meer “rugby” nie. Ek glo dat die salaris strokie meer belangrik geword het as die werk wat hulle doen, nl rugby speel! Waarom in die buiteland gaan speel, as jy weet jou hart is jou land. Is daar spelers van ander lande bv Australie wat “tydelik”in Frankryk gaan speel, of Franse wat in SA spanne kom speel, en dan weer op internasionale vlak vir hul tuislande speel?

Gatvol ·

Almal is nou konsuis keurders. Gee eerder die name van die spelers wat in die span moet wees. Bring weer n span terug wat n vakleerlingskap moet ondergaan om in die senior span opgeneem te word, ipv om spelers vir 10 min of minder te laat speel en dan Springbok kleure kry. Dit is n klug en meer n politiese spel.

corne ·

Ja niemand gaan kyk meer rugby nie want dit het net te duur geword om na so m belaglike spel te gaan kyk.Dit is skokkend om te sien hoe swak ons spel is en ja al ons spanne speel nog 1980 se rugby. Word wakker dit is 2018 die spel het verander. Ons kan maar solank die steme laat grafeer. Hier rus SA Rugby op sy tyd was dit die beste in die wereld maar nou is dit dood net herhinderinge wat oorbly

Jan ·

Verander asb net die span se naam!!!!!!!! Hierdie is nie meer Springbokke nie!!!!

Al ·

Ek het al die pessimistiese kommentaar hierbo gelees en ek dink, soos party sê, baie het nie eers die wedstryd gekyk nie en wil nou net ‘n politieke swartsmeerdery kom gee. My persoonlike mening, as iemand wat die wedstryd wel gekyk het, is dat ons nie verdien het om te verloor nie. As jy kyk na die stats was ons die beste op die aand.
1) Die groot draaipunt was die laaste skrum in die eerste helfte op hulle doellyn – die bal was al by die binne senter toe die ref hulle terugroep vir ‘n oortreding deur Beast. Poemas het agteruitbeweeg en die skrum het al opgebreek??
2) Etsebeth kry geelkaart sonder enige waarskuwing. Hoeveel keer is hulle gewaarsku sonder dat daar opgetree is? Toe Kolisi die ref daaroor vra is hy net ignoreer.
Is die All Blacks net die beste omdat geen ref ooit sou waag om sulke gemors te blaas teen hulle nie? Hulle sal hom uithaal in die pers!! (Onthou Peyper se foute)
Ons probeer lankal te ordentlik wees – dit is tyd dat ons afrigters / pers / administrateurs ens begin om sulke blasers aan te vat.

Joe Hall ·

Etsebeth se oortreding het eerder nader na ‘n strafdrie se kant beweeg.
My tv beelde het weer gesê dat die flou bokke gelukkig was om nie nog verder te verloor nie. Poema’s het duidelik die voet van die pedaal af gehaal toe dit blyk dat hulle reeds genoeg gedoen het.

Buffel ·

Bokke verloor wedstryd wat hul nie verdien om te verloor nie. All Blacks wen wedstryd wat hul verdien om te verloor. Toetsrugby is hard. Of ‘n span het ‘n wenkultuur of nie. Die resultate vertel wel vinnig die stand van sake. 2017 Nuweland, bokke speel fantasties en moes die toets wen. Verloor met een punt. Terwyl die All Black reserwes hul lopies klaar maak na die wedstryd doen die hele bok verloorspan ‘n “rondte van eer”, asof ‘n verloor met een punt eintlik ‘n wen is. Sou nooit onder Oubaas Kitch, Nick Mallet of Jake White gebeur het nie. Ook nie met John Smit of Francois as kaptein nie. Bokke het nie ‘n wenkultuur of werketiek nie. Sien dit vir wat dit is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.