Die groot trek uit Bulls-land

Hanro Liebenberg. Foto: Facebook.

Dit was eers spelers soos Lood de Jager, Jesse Kriel, Jason Jenkins en Handré Pollard. Nou kan Hanro Liebenberg se naam óók by dié lys gevoeg word.

Die talentvolle agsteman is die jongste speler wat die Bulls-kraal vaarwel roep om groener weivelde oorsee te soek.

Die 23-jarige Liebenberg – ’n voormalige Junior Springbok-kaptein – sal eersdaags vir Leicester Tigers in die Engelse Premierliga uitdraf.

Liebenberg het die Pretorianers al in die SuperSport-uitdaagtoernooi, die Curriebeker en die Superrugbyreeks aangevoer.

Buiten sy leierskap sal sy veelsydigheid veral ’n aanwins vir Leicester wees, aangesien hy slot, flank, of agtsteman kan speel.

  • Die Bulls het die afgelope naweek karakter in Melbourne gewys toe hulle die Rebels met 32-17 geklop het. Pollard, wat na verwagting R20 miljoen per seisoen in Frankryk gaan verdien, het 17 van sy huidige span se punte aangeteken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

willem botha ·

Ek wonder met watter persentasie punte die toeskouers en ondersteuners basis gedaal het in rugby in die laaste paar jare.

Asjas ·

Jy slaan die spyker op die kop!
Borge, uitsaaiers (Dstv) en kwotas het Rugby se grootste ondersteuners basis in die bek geskop.
Mag nie eens meer Steve se Blou Bul op Loftus speel nie.
Sokker is nou SA se nasionale sport ….

Use It ·

Die kleiner provinsies , soos die OP en Vrystaat, se spelers word al baie jare lank gekoop. Rugby het sy eie ondergang bewerk, toeskouers stel nie meer belang nie Nou voel groter unies ook die pyne!

Jan ·

Wat presies bedoel verslaggewers/kommentators/afrigters met “die span het karakter gewys.” Dit verduidelik vir my niks en dit irriteer my vreeslik.

marco polo ·

Jan, dit beteken hulle het nie veel vaardighede nie, maar het nogtans gewen

RATEL ·

RIP SARU en SA rugby. Ons gaan binnekort ons spelers oorsee volg soos jul net nog iets wat gewerk het in die banana republiek opgeneek het. Rugby in SA is nou op sy laaste bene……

Hendrik van George ·

Pollard, R20 miljoen in een seisoen? Hy is definitief nie die geld werd nie……

Robert ·

Een van die dae gaan hulle kaartjies by die taxi ranks en spoorweg stasies begin uitdeel om toeskouers in die stadions te kry. Dan kan hulle sommer die regte kwota toeskouers ook daarvolgens kry.

Nic ·

Hulle moet maar aanhou kwota-kwota. Ek stel nie meer belang nie. Die gesanik oor die Stormers se gelukkige gelykop uitslag die naweek, wys met hoe min die toeskouers deesdae tevrede is.

Frans C ·

Weens die swak wisselkoers van die Rand wat van R3.42 /US D tot sy huidige vlak van
R14.42/USD verswak het en nog vrotter teen die Euro en Pond vaar is dit geen wonder
dat spelers Suid Afrika verlaat om elders te werk nie.
Hoekom in onseker ekonomiese vooruitsigte,hoë misdaad ens jy lyf op die spel plaas in
‘n sport waarin jou loopbaan kort is as jy vir dieselfde moeite en sweet soveel meer oorsee kan verdien.
Wat ek nie verstaan hoekom die Bulle nou juis uitgesonder word,die Leeus en een van dae die die Sharks beleef al lankal ‘n uittog van spelers en moet veral die Leeus weer van vooraf spanbou.

Pi ·

Miskien moet ons wat ondersteuners is ook probeer om oorsee te gaan rugby ondersteun…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.