Die koppe hang in Cheetah-wêreld

De Wet Kruger – wendrie. (Foto: Griekwas Rugby)

Die teleurstelling in Bloemfontein was Saterdag byna so groot as toe Brittanje in die jare her die diamantveld by die Vrystaters afgevat het.

Die buiteperd Griekwas het dramaties met 30-25 ʼn einde aan die Cheetahs se Curriebeker-segetog gemaak.

Die derby tussen die Vrystaat en Griekwas dateer van 1893 (in Oos-Londen) en sedert die Blikore in 1908 die eerste keer met 9-8 kon wen, het dit selde as riller teleurgestel. Dit het Saterdag weer die toeskouers (en TV-kykers) op die punte van hul stoele gehad.

Die verdedigende Curriebekerkampioen het waarskynlik gemeen die slag in die Vrystaatstadion is gelewer toe hy met rustyd gerieflik met 17-6 voor was.

Die Griekwas het egter anders gereken, en in die 59ste minuut die voortou geneem.

ʼn Wipplankryery het gevolg, met die Cheetahs wat vyf minute voor die einde ʼn drie gedruk het om die telling op 25-23 in sy guns te staan te bring.

Met twee minute oor het De Wet Kruger (bankflank) sy tweede drie gedruk om die wedstryd vir Griekwas te beklink. George Whitehead het ʼn volle 90 sekondes benut om die drie te verdoel.

Die puntemakers –

Cheetahs 25 (17) – Drieë: Niell Jordaan (2), Makazole Mapimpi. Doelskoppe: Ryno Eksteen (2). Strafdoele: Ryno Eksteen, Clayton Blommetjies.

Griekwas 30 (6) – Drieë: André Swarts, De Wet Kruger (2). Doelskoppe: André Swarts (2), George Whitehead. Strafdoele: André Swarts (2), George Whitehead.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Nico ·

Gooi die cheatas en bloubulle asb saam die een speel die eerste helfte en die ander een die tweede helfte

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.