Die laaste hoofstuk is geskryf: Bokke nou sesde!

Wêreldbekerwenners in 1995 en 2007, Drienasieskampioene in 1998, 2004 en 2009, temmers van die Britse en Ierse Leeus in 2009, drie oorwinnings oor die All Blacks in 2009.

En hoe lui die verdoemende inskrywing van Wêreldrugby wat Vrydag uitgestuur is? “Verloor hulle, sal  Allister Coetzee se Suid-Afrika na die sesde posisie agter Skotland afskuif, ongeag wat die telling (teen Wallis) sal wees.”

Ja, mense, wanneer Wêreldrugby Maandagmiddag sy amptelike wêreldranglys vir 2017 uitstuur, sal die Springbokke nie meer vyfde nie, maar sesde in die ry wees, agter Nieu-Seeland, Engeland, Ierland, Australië en Skotland.

Dit volg nadat die Bokke met 24-22 deur ʼn afgewaterde Walliese span in Cardiff geklop is.

Kom ons wees eerlik, hoeveel van ons het voor Saterdag se toets voorheen kennis geneem van  Scott Andrews, Kristian Dacey, Rob Evans, Wyn Jones (nie die slot Alun-Wun Jones nie!),  Seb Davies en Rhodri Jones? Hoeveel toetservaring het Josh Navidi, Aaron Shingler, Aled Davies, Stef Evans en Cory Hill gehad?

Was daar enige verbetering in die Bokke se vertoningslys van 2017? Hoeveel nuwe spelers het na vore getree en hoe is die spelers se vaardighede ontwikkel?

Die Bokke kon vanjaar nie een span klop wat bo hulle op die ranglys is nie, met twee nederlae teen die All Blacks, geen oorwinnings oor die Wallabies nie (maar darem twee gelykopuitslae) en slae teen Ierland (3-35) en Wallis (22-24).

Hulle het Frankryk (agtste op die ranglys) vanjaar vier keer geklop, Argentinië (negende) twee keer en Italië (13de) een keer.

Die Bokke het twee van hul vier wedstryde op hul Europese toer gewen: teen Frankryk  met 18-17 en Italië met 35-6.  Hulle het 78 punte aangeteken, maar 85 afgestaan – en dit teen drie spanne wat swakker as hulle op die ranglys is?

Hoe lyk Coetzee se wenvertoningslys? Dis 33% in 2016 (4 uit 12), 54% in 2017 (7 uit 13) met ʼn algehele wenpersentasie van 44% (11 uit 25) vir Allister Coetzee.

Hoe lui sy prestasieklousule? 65%.

Dít vertel die hele verhaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Phillip ·

Dagsê Juan

Ons vra omverskoning vir die vingerfout. Dit is reeds reggestel.

Groete
Phillip Bruwer, nms Maroela Media

Rupert Ashford ·

Die blaam is nie Toetie sin alleen nie. Hy is maar net een van die simptome van die transformasie proses wat al vir jare in plek is . Die resultate begin nou wys. Niemand gaan dit in ‘n ommesientjie kan regmaak nie en die wat miskien kan sal in moedeloosheid loop lank voor enige redding kan plaasvind.

Wesley ·

En ons sewes brekers Rupert? Transformasie is n swak verskoning vir die wat nie die waarde kan gee tot die top preseerende range van enige sportsoort nie. Krieket het ons bes geword teen die transformasie stroom. Sewes rugby is ons aansien hoog deur harde werk. Swak verskonings. Jy kan wereldwenners wees met enige spelers in hierdie land as jy hard genoeg werk en uitgeknip is vir dit. Allister was net nie dit nie. Daai deuntjie wat jy speel is al oud en vervelig

Kyk jy nog rugby? ·

Ek het nie geweet dat daar nog mense is in Suid Afrika wat na die ANC rugbyspan se wedstryde kyk nie??

Wesley ·

En tog lees jul almal en komentaar ook nog hier. Ai foei tog.

Daniël ·

Ek kyk net na hul wedstryde om dit te geniet as hulle verloor. En dis seker my demokratiese reg om komentaar (sic) te mag lewer, of hoe Wesley…?

Veritas ·

Nie net die Bokke se wedstryde nie. Selfs klub en provinsiale rugby is besig om ‘n stille dood te sterf. Dalk is dit net ek wat oud word maar rugby het sy trekpleister verloor. Leë pawiljoene is ‘n duidelike bewys hiervan.

bj smit ·

man die ou se vel is dikker as n spek vark sin dat hy nou se sy kontrak is toten met die wereld beker hy het geen skaamte nie

Albert ·

Ja rugby is die laaste bastion van die Blankes wat moet val en ons is nou in die pyl vak. Skole sukkel om seuns te kry om rugby te speel, Klubrugby in die platteland is vining besig om dood te loop, provinsiaal is ook besig om te gly en nou ons trots die Springbokke. Ek hoop hul kry n afrigter wat net die regte spelers in form en in sy posisie te laat speel sal dit klaar baie beter gaan, en die spelers wat in die buiteland glad nie te kies nie, maak nie saak hoe goed en hoeveel toetse hy gespeel het nie.

Bez ·

Pieter, goed gestel. Gaan help asb vir Rapport se Stephen Nel met die wiskunde. Volgens hom is AC se wenpersentasie vir 2016 en 2017 saam 50%. Dan sê hy die twee gelykopuitslae teen Aus tel saam as een wen. Selfs dan is dit 12/25 wat jou 48% gee. Ek stem natuurlik nie saam nie – om jou suster twee keer te soen is net eenvoudig aardig want dan mis jy mos die doelwit heeltemal.

Blackies ·

Wel as Allister nou sy pos in Japan kry en hulle stel die ou aan van onsse ANC span, genaamd die Kings, kan ons maar net Currie Cup speel en internationale rugby los.

Lhs ·

Politieke inmenging is verseker die grootste invloed na rampstatus. Tog lekker om te weet eintlik erken sekere mense dit dat sonder gedwonge invloed sou sommiges nooit ooit self iewers kon kom nie.

corne ·

Hy wil nie bedank nie se hy. Span doen sleg Fire hom en kry kla tipies SA altyd ander se skuld

Willie ·

Ek dink die ANC wil die laaste ietsie (Rugby) wat vir die wittes saak maak, goed bederf! Dis mos lekker te kan dink, ek het die wittes gekelder… Maar dink ongelukkig nie, aan die geldelikke skade wat almal lui nie… Rugby se ondergang het n groot finansieele impak op SA.

Nee wat Wesley!.van Jean ·

Well ou Wesley die einste Ac is n transformasie afrigter en dit wys in die werfbokke se spel! Oor transformasie en kwota politiek in rugby sit van ons bestes oorsee of by die Huis om plek te maak vir die de Allende die skosans die pages om net n paar te noem ,wil jy my se die is regtig die beste wat Suid Afrika het,regtig! Daars wel baie gemiddelde blanke spelers ook daar maar wie kies hul en plaas hul daar?Ryan dreyer hoeveel strafkoppe,andries coetzee uiters gemiddeld WIE KIES HUL!So verduidelik jy dan ASB vir my hoekom anders is rugby Suid Afrika in so n moeras Hy Ac kan of will nie die beste vir elke posisie kies nie dit veroorsaak nuwe kombinasies elke week! Hy Ac bou geen kombinasies nie ontwikkel geen talent vir die toekoms nie net onbestendigheid en n desperate tassing na ou oorsee se spelers om op te maak vir waar hy faal met ondervinding met die hoop dat hul hom sal deurtrek vir nog n paycheck. Nee wat ou maat jy fool my nie met jou woorde nie! En ASB daars baie meer struktuur betrokke by 15man rugby as sewes,self jy behoort dit te weet! Weg met kwotas en politieke inmenging en in met meriete swart of wit spelers almal die beste van die beste in sy posisie en dinge sal beter gaan!

Callie ·

Een van die mooi hoofstukke gaan nog geskryf word. BOKKE HAAL NIE UITSPEELRONDES IN WERELD BEKER 2019 nie.Sies vir my self. Groot rugby liefhebber wat so lekker kan kry . Dis waar julle ons en rugby het, geniet die bietjie wat oor bly

What a joke! ·

Presie$ hul will net skep maar het nie n clue wat hul doen nie! Maar solank hul dit van die witman ontneem pla dit hul nie hoe ver of sleg die werfbokke verloor nie!cut you nose off to spite your face soos hul se…ai bellaglik Dan nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.