Die Maties is weer die WP se kampioen

Stellenbosch is vir die soveelste keer die Westelike Provinsie se kampioen nadat hy Saterdag die bond se Superliga A gewen het.

Hy het Durbanville-Bellville in die eindstryd met 51-27 verslaan.

Durbell het die studente in die eerste helfte in toom gehou, maar toe die Maties die krane in die tweede helfte oopdraai, was daar geen keer aan hulle nie.

Die Goue Beker-houer, Valsbaai, is in die halfeindronde deur Durbell uitgeskakel.

Paarl het seker gemaak dat hy uiteindelik weer terug in die WP se senior reeks is deur die Superliga B te wen. Hy het Primrose met 26-17 geklop.

In die Superliga C het Macassar vir Busy Bee met 35-28 baasgeraak om dié afdeling te wen.

Riverstones het die Paarl-Top6-liga gewen met ʼn sege van 43-24 oor Albions; en Simondium, uit die Simonsberg-streek, het die Paarl- Onderste Ses-liga gewen deur Pêrel United met 57-7 op te dreun.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.