Die Poemas bly maar ʼn span vir die eerste helfte

Michael Hooper, kaptein van die Wallabies, ontduik die grypende hande van die Poemas se Javier Ortega Desio (Foto: Facebook Wallabies)

Voordat die Pumas nie die sakkie kan toeknoop nie, gaan hulle aanhou verloor.

Is hulle onfiks, sonder selfvertroue of net nie opgewasse nie? Stellig iets van al hierdie dinge, maar Saterdag, in Canberra, het hulle met 20-45 verloor nadat hulle rustyd met 13-10 teen die Wallabies voor was en toe stewig maar sonder sukses na rustyd aangeval het..

En in die tweede helfte, met die telling net 17-13 en toe 24-13, het hulle die een aanslag na die ander op die Australiese doellyn geloods. Sonder sukses.

En toe het die Aussies, met manne wat die wedstryd kan oopbreek soos soos Israel Folau, Kurtley Beale, Michael Hooper en Will Genia beheer oorgeneem.

Vyf van die ses drieë van die Wallabies is in die laaste 32 minute aangeteken, drie in die laaste agt minute.

Die Poemas het in  die eerste helfte geduik en gekeer en was rustyd 13-10 en die ongetwyfelde beste span, maar die gebrek aan geduld op die aanval en, natuurlik, strafskop-oortredings toe dit in die tweede helfte saakgemaak het, het hulle gesink.

Die tweede helfte was feitlik ʼn omgekeerde spieëlbeeld van die eerste, behalwe dat dit na rustyd die Wallabies was wat omtrent als oorheers het: gebied, besit, omkeerballe, meters gewen.

Strafskoppe afgestaan (10), verbroude duikslae (27) en hanteerwerk en die bal wat onder verlies verlore gegaan het, was die doodsteek van die Argentyne.

Die vorige wedstryde in vanjaar se rugbykampioenskap, waar die Poemas gemiddeld in die laaste 20 minute 18 punte afgestaan en net ses aangeteken het, is gestand gedoen. Hierdie keer was dit 21 punte teen en sewe vir.

Vyf van die ses drieë van die Wallabies is in die laaste 32 minute aangeteken.

Puntemakers –

Australië (10) 45 – Drieë: Israel Folau 2, Sekope Kepu, Will Genia, Nick Phipps, Jordan Uelese. Doelskoppe: Bernard Foley 6. Strafdoel: Foley.
Argentinië (13) 20 – Drieë: Martin Landajo, Matias Moroni. Doelskoppe: Nicolás Sánchez 2. Doelskoppe: Sánchez 2.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Veritas ·

143-10 voor met rustyd en jy verloor? Die Blêrbokkies sou beter vaar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.