Die Poublou laat WP harde bene kou

Argieffoto (Foto: hirobi/Pixabay)

Cheetahs teen Pumas

Wanneer 11 drieë in ’n rugbywedstryd gedruk word, dan weet jy óf die spanne was op hul aanvallende beste, óf die verdediging was soos ’n stout kind se vorige wiskundetoetspunt: Nie heeltemal op standaard nie.

Die Cheetahs het die Pumas op Mbombela 43-37 geklop. Die Bloemfonteinse besoekers het weliswaar ses drieë teenoor die Puma se vyf gedruk, maar beide spanne se verdediging was met tye lekker broos.

Die Vrystaters se Bernhard Janse van Rensburg het twee drieë gedruk, terwyl die Pumasenter, Alwayno Visagie, drie keer deur die Cheetah-verdediging gebars het.

Dit is egter nou neusie verby vir die moedige Pumas in vanjaar se Curriebeker-reeks en hulle sal in die promosie/relegasie-wedstryd betrokke wees, terwyl die Cheetahs so te sê vir die halfeindstryd-ronde kan gereed maak.

Puntemakers:

Cheetahs: Drieë: Bernhard Janse van Rensburg (2), Clayton Blommetjies, Ruan Pienaar, Jasper Wiese, Louis Fouché. Doelskoppe: Fouché (5). Strafskop: Fouché.

Pumas: Drieë: Alwayno Visagie (3), Devon Williams, Jeandre Rudolph. Doelskoppe: Chris Smith (3). Strafskoppe: Smith (2).

Griekwas teen Westelike Provinsie

In Kimberley is daar nie nét die Groot Gat nie, besoekende spanne kan ook in ’n hele paar slaggate op Tafel Lager-park trap.

Dít is presies wat met die Westelike Provinsie gebeur het toe hulle Vrydag 23-27 teen die Griekwas verloor het.

Die Kimberley-manne het ’n skitterende 2019-seisoen: Hulle is die SuperSport-uitdaagreekskampioen en hulle is tans die voorste span in die Curriebeker-toernooi. Afrigter Brent Janse van Rensburg het definitief iets met koning Midas in gemeen – dit waarby hy betrokke is, verander een of ander tyd in goud.

Puntemakers:

Griekwas: Drieë: Ederies Arendse (2), Eduan Keyter. Doelskoppe: George Whitehead (3). Strafskoppe: Whitehead (2).

WP: Drieë: Seabelo Senatla (2), Nama Xaba. Doelskop: SP Marais. Strafskoppe: Marais (2).

Punteleer

  1. Griekwas 19 punte ná vyf wedstryde
  2. Cheetahs 17 punte ná vyf wedstryde
  3. Leeus 15 punte ná vier wedstryde
  4. WP 13 punte ná vyf wedstryde
  5. Haaie 10 punte ná vier wedstryde
  6. Blou Bulle nege punte ná vyf wedstryde
  7. Pumas nege punte ná ses wedstryde

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Swartwolf ·

Ha ha wat ‘n grap die province is in die groot gat…..

Beau Schoeman ·

Nog altyd n trotse Griekwas ondersteuner gewees. Mense buite die Griekwas-familie kringe ken nie die hartsnare van hierdie ou kleine provinsie nie. Na ongeveer 40 jaar het ek en n paar van my oud-spanmaats (Andre Gerber/Johan Brown) in PE bymekaar gekom en rugbystories van ons Griekwas-dae gedeel. Mooi so, Griekwas…’n oorwinning teen enige van die groot unies, is die dinge wat ons altyd nader aanmekaar gebring het. As ons verloor het, het ons nooit gekla dat ons Springbokke nie in die span was nie, want ons het geen Springbokke gehad nie. Voorspoed aan die Griekwas afrigtingspan en sy spelers. My bloed is POU-BLOU.

OomWP ·

Die Griekwas van toentertyd en die een van vandag is darem twee baie verskillende spanne. Daai dae het Griekwas sterk geleun op hul eie spelers wat daar op die myne gewerk het, nou koop hulle omtrent al hulle spelers van elders. Griekwas het sy identiteit verloor.

Cuda ·

Well done Griekwas. Pumas het ook ‘n groot baklei opgesit teen Cheethas. Dit wys net hoeveel talent daar buite in SA is. Griekwas het my Bulle ook op die neus geslaan. Ons vat dit soos ‘n man..next time

George in Bloem ·

So my nommer een span le tweede en my nommer twee span le eerste. I’m a very happy man.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.