Die regte besluite moet van bo af kom

Agustin Pichot (Foto: La Maňana Neuquén)

Agustin Pichot (Foto: La Maňana Neuquén)

Dis baie maklik om die nasionale afrigter die skuld te gee vir die agteruitgang van Springbokrugby.

Ja, Allister Coetzee het die spanne gekies wat gesukkel het om `n verswakte Ierse toerspan met 2-1 te klop. Ja, hy het die span gekies wat Saterdag in Salta die eerste keer in Argentinië teen die Poemas verloor het. Ja, hy het besluit oor die spelpatroon wat gevolg word.

Maar `n besluit om die bloeding te keer, om te sorg dat Springbokrugby weer voorop gestel word,  om te sorg dat die o.21-span nie met tweede en derde beste tevrede is nie, om te sorg dat daar rugby op alle vlakke vernuwing is, moet van bo af kom. Dis wat my bekommerd maak, want is daar werklik so iemand?

Dis pynlik om Argentinië as voorbeeld te gebruik, wat `n paar jaar gelede nog gesukkel het om die oorgang van amateurisme tot professionalisme te bewerkstellig, waar rugstekery, korrupsie en eie gewin die botoon gevoer het.

Maar die gewese Poemas-skrumskakel en kaptein Agustin Pichot het besluit genoeg is genoeg. Dis hy wat Graham Henry (en Dave Rennie van die Chiefs, Jamie Joseph van die Highlanders en die gewese Franse skrumskakel en breier, Fabian Galthie) as konsultante ingevoer betrek het.

Jare lank het die Poemas daaraan geglo om fisiek te oorheers en gehoop dat die hoogskop-en-storm-taktiek toetse sou wen.

“Julle sal meer drieë moet druk. Moenie probeer om soos die All Blacks te speel nie, doen dit op `n Argentynse manier,” het Henry gesê.

As `n gekombineerde span ná Saterdag se toets gekies moes word, hoeveel Bokke sou dit gehaal het? Dalk Jesse Kriel, dalk Pieter-Steph du Toit, dalk Eben Etzebeth, dalk Steve Kitshoff. Ek weet nie eens nie.

Dis nogal opvallend dat die Jaguares nie dieselfde patroon in vanjaar se Superreeks gevolg het nie, hulle het byna soos die oud-Poemas gespeel.

Maar toe Daniel Hourcarde drie weke gelede weer die leisels as nasionale afrigter geneem het, het die vars bries weer deur die span getrek.

Hourcarde het `n lang paadjie gestap, eers as afrigter van die Poemas se sewes- en vroue-span en toe die Pampas-vyftiental wat in 2011 die Vodacombeker-reeks in Suid-Afrika gewen het.

Nou is my vraag, as Pichot en Hourcarde dit in Argentinië kon regkry, hoekom nie ook Suid-Afrika nie – dis nou te sê as die minster van sport sy neus uit die sake van rugby kan hou – wat wat nie sal gebeur nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Benito Odendal ·

Once besotted with race the brain becomes an empty space……the proof of the pudding story applies !!!

Lucas ·

Ja om te verwag die grootbek lawaaimaker minister sal sy neus uit rugby hou is wensdenkery!! Daarvoor is sy eie ek te groot en sy meeloper Oosthuizen wat in sy skaduwee beweeg is maar ok daar om sy ministertjie ter wille te wees!!!

Jakkalas ·

Die omstandighede tussen Arg. en SA is verskillend. Dis nie moontlik om die twee te vergelyk nie. Waar Arg. versterk het is die teenoorgestelde waar vir SA. Ons het politieke inmenging maar ek stem saam daars korrupsie in altwee gevalle maar dis al. Hulle administrateurs en spelers is trots op die land en trui wat glad nie sie geval by ons sin is nie. Hulle is daar vir die geld,mag en hul eie ego wat groter as die game geword het.

Arie ·

Dit is juis ons probleem ek dink nie die bokke is meer trots om die bok trui oor hulle kop te trek nie, want ons trui word goedkoop gemaak deur politiek, al ou wat gelyk het of hy wou speel was Faf en ook net die eerste toets.

Positief ·

Ek glo ons sal weer opstaan, soos in 2004! Ons moet die Bokke net tyd gee om hulle eie identiteit te vind. Dis nie die Lions, Stormers of All Blacks nie. Gee net tyd ons sal daar kom. Vyf toetse is te min om te breier kans te gee om sy stempel af te druk!

Ben ·

Positief, Jan Brandt het gesê mens moet nie bekommer nie, alles sal reg kom! Die probleem is , hy het nooit gesê wanneer nie. Dit is die probleem met ons rugby.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.