Die ‘Slag van Loftus’ net deel van SA rugby se hartseerprentjie

Die Bulls se neerlaag Saterdag teen die Crusaders was nie eers vanjaar se grootste loesing teen die Kiwi’s se spanne nie, en net ʼn deel van Suid-Afrikaanse rugby se hartseerprentjie.

Tien present … Dit is tot dusver die wenpersentasie vanjaar van die drie Suid-Afrikaanse spanne wat teen Nieu-Seelandse teenstanders in die Superreeks gespeel het.

ʼn Mens sê tot dusver, want dit gaan nie sómmer verbeter nie.

Die Bulls, na die afgelope naweek se 24-62 vernedering teen die Crusaders, moet nog tuis teen die Highlanders en die Hurricanes speel; die Cheetahs, wat Vrydagaand in die laaste vyf minute drieë afgestaan en met 41-45 teen die Highlanders verloor het, het nog die Hurricanes en die Blues wat voorlê; en die Stormers moet nog tuis nog teen die Blues speel.

♦  Die een uit tien wedstryde wat gewen is ook maar net deel van die sombere seisoen se statistiek:

  • Saam het die Nieu-Seelandse spanne reeds 443 punte teenoor 233 aangeteken, ʼn gemiddelde telling van 44-23 vir die Nieu-Seelanders.
  • Hulle het 65 drieë teen die 27 van die SA spanne gedruk, waarvan die Cheetahs 12 in drie wedstryde, die Stormers 10 in vier wedstryde en die Bulls net vyf in drie wedstryde gedruk het. Die Bulls se vyf drieë sluit drie van die Slag van Loftus in.
  • Die grootste neerlaag was egter nie die Bulls se 24-62 (38 punte, tien drieë teen drie) op Loftus teen die Crusaders nie, maar wel die loesing van 14-57 toe die Stormers met 43 punte (nege drieë teen twee) teen die Highlanders verloor het.
  • Die Kapenaars is die enigste span wat nog teen ʼn Nieu-Seelandse teenstander kon wen. Hulle het die Chiefs 34-26 op Nuweland geklop.
  • Die Stormers was ook die enigste span wat twee keer vyftigtalle afgestaan het – twee keer in hulle laaste oorsese wedstryde, met 57-24 en 57-14 teen onderskeidelik die Crusaders en die Highlanders.
  • Die Cheetahs se negatiewe punteverskil van 30-45 (dus 15 punte verskil per wedstryd) is beter as die 23-44 van die Stormers se negatiewe punteverskil van 19 en die Bulls se gemiddelde neerlaag van 17-42 (25 punte).
  • Die Bulls se verdediging en dié van die Cheetahs het elk 19 drieë in hul drie wedstryd deurgelaat (6,3 drieë per wedstryd) teenoor die Stormers se 27 drieë in vier wedstryde (6,75 per wedstryd).
  • Die Cheetahs se 12 drieë in drie wedstryde (gemiddeld vier) is aansienlik beter as die Stormers se tien drieë in vier kragmetings (2,5 drieë per wedstryd). Die Bulls het nog net vyf drieë gedruk (gemiddeld 1,6).
  • Die Cheetahs het teen die Crusaders ses keer gaan druk. Die Cheetahs en die Stormers het elk een keer vier drieë gedruk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Nettie ·

Lekker man, vir ‘n slag het die wintie Bulls bietjie aarde toe gekom!

Kiewiet ·

Wonder wat se Lood de Jager nou van die wenspan waarvoor hy nou speel

joop ·

Die bulle het al die Vrystaat leeggekoop. soek seker nig spelers om te koop.

Nollis doen goeie werk om die bulle te vernietig. mag hy nog lank daar wees.

Joe Hall ·

Dat Nollis hom na ou afgeleefde Cheetahs gewend het, is een van die baie redes waarom die Bulle hulself in die doodloopstraat bevind waar hulle tans is.

thelsa ·

Nollis doen nou asb die eernare dimg en loop voor die Unie jou ‘n goue handdruk gee. Jy sal minder aansien verloor as jy dit doen . . . Of soos dit in Afrikaans gestel word . . Vat jou paai en waai

Kobus v niekerk ·

Die stadions loop leeg Se dankie vir Min Fekile Mbalula en al die politieke inmenging in sport Dit is wat die sport dooddruk welgedaan SA politiek
Hoekom word daar nie kwotas in SOKKER afgedwing nie ek sien die verteenwoordiging daar skitter in hulle afwesigheid MAAR hoekom word daar nie een woord daaroor gese nie of is die mense bang Vra maar net

Frans C ·

‘Adapt or Die’ het oorlede President Botha by geleentheid gesê,bedoelende dat ‘n mens by veranderende omstandighede moet aanpas of ondergaan.Dieselfde kan van Suid Afrikaanse
rugbyspanne gesê word.Hoekom kan ‘n span soos die Kings met veel minder finansiële ondersteuning en spelers goeie rugby speel,terwyl die Bulls sukkel?

Moet die spelers nie ook pa staan vir wat hul op die veld aanvang nie en saam ‘n plan beraam
as dinge nie volgens spelpatroon verloop nie.Hulle speel tans soos vooraf geprogrammeerde
robotte en nie soos dinkende rugbyspelers nie

Pietman ·

Die kings speel met meer spoed as die bulle. hulle speel egter ook te ver agter die voordeellyn. Bulle het reusagtige groot losvoospelers (110kg) maar beteken niks. Baie stadig met geen werksverrigting.

Kobie ·

Die hele span betrokke by die afrigting EN die hele bestuur by Bloubul Rugby moet die pad vat voordat dit reg sal kom. Dit lyk vir my asof psigometriese toetse se uitslae belangrikker is as ‘n afrigter se vermoë om ‘n speler tot sy volle potentiaal te laat gedy. Die rede vir die laaste paar jaar se uittog van goeie spelers kan nie net geld en kwotas wees nie. Dié wat loop word vervang met amper middeljarige spelers. Geen ondersteuner glo nog die holrug geryde verskonings van “‘n span bou” nie. Die spelers word óf nie ordentlik afgerig nie, óf is negatief oor iets, óf is onfiks, óf is individualities egoïste wat nie wil weet dat daar ‘n ander speler is om hom te ondersteun nie en daarom ondersteun hy ook nie sy spanmaats nie, óf is nie vaardig genoeg nie – maar waarskynlik is dit ‘n kombinasie hiervan.

Ek wonder net hoeveel ander lojale Bulls ondersteuners, gaan soos ek nie meer Loftus toe nie, want daar kan ons, ons nie die vernedering spaar deur die TV af te skakel en weg te loop as die spelers MAAK asof hulle speel nie! Julle spel is net so VOORSPELBAAR as die uitslae van die wedstryd! Ek sal eers weer my span ondersteun as die halfhartigheid en onbekwaamheid uit die weg gerym is, en die Bloubul nie meer van die vloer af eet nie.

Iemand, maak dinge asb. tog gou reg, voordat ons ook soos die Springbokke ‘n bespotting geword het.

Hendrik ·

Presteer die Blou Bul MPY volhoubaar teen die verwagte winsgrense en innovering? Indien nie (en kan nie dink dat dit wel die geval is nie), aktiveer meganismes om die Raad en CEO te vervang.
Ek wil graag weet wat geleer kan word uit die benadering van ondermeer die Charl Crous’s en Deon Davids’s (Southern Kings). Laagenoemdes bleik in die proses te wees om iets uit niks te skep .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.