Die soustrein is besig om te ontspoor

Argieffoto

Argieffoto

Dit was nou nie die nuus waarmee van Suid-Afrika se weggooikinders sou wou wakker word nie.

`n Hele paar Suid-Afrikaners, asook `n bekwame afrigter soos Loffie Eloff, is binnekort sonder `n heenkome nadat die Amerikaanse beroepsliga ná net agt maande inmekaar gestort het.

Dit wys `n mens eenvoudig daar het dadels gekom van al die gespog hoe rugby in die VSA ontwikkel en gegroei het, veral ná die Olimpiese Spele in Rio de Jainero.  Rugby is `n kultuur, dit word op grondvlak ontwikkel, dit word nie met die klap van vingers ontwikkel nie.

In Amerika is basketbal, Amerikaanse voetbal, bofbal en boks koning en moet ander sporsoorte maar met die krummels tevrede wees. Dis oggende en aande op televisie, daar is miljarde se borgskappe en televisregte betrokke, dis die slagaar van Amerikaanse sport.

Dis jammer dat die spelers dalk aan die korste ent sal trek, want wat word nou byvoorbeeld van `n Pedrie Wannenburg, wat in die skadu van sy loopbaan staan?

In Frankryk het die land se nuwe rugbybaas, Bernard Laporte (hy het jarelank skrumskakel vir Bordeaux-Begles gespeel, was van 1999 tot 2007 die Franse afrigter, hy het Toulon afgerig, en was die land se sportminister), ná slegs 16 dae agter die stuur, `n stokkie daarvoor gesteek dat oorsese spelers voortaan vir Frankryk mag speel. Dis nogal ironies, toe Laporte Toulon afgerig het, was daar talle spelers van oorsee, maar noudat hy Frankryk se rugbybaas is, is hy soos `n broeis hen oor Franse rugby.

Franse daadkrag `n les vir Mark en Saru

Spelers soos die twee Suid-Afrikaners Scott Spedding (heelagter) en Bernard le Roux (flank), die twee Fidjiaanse vleuels Noa Nakaitaci en Virimi Vakatawa en die Nieu-Seelandse monsterstut Uini Atonio, mag steeds in aanmerking vir toekomstige Franse toetsspanne kom, maar die deur is nou toegeklap vir ander spelers soos Jacques du Plessis en Paul Willemse, wat ook daarvan gedroom het om toetsrugby vir die Hane te speel.

Laporte se drastiese besluit kom nadat hy op 4 Desember in die warm stoel van Franse rugby beland het.

Dis `n les vir Mark Alexander, die president van die Suid-Afrikaanse Rugbynie (Saru), en die ander  Saru-beamptes wat steeds nie `n beleid kan neerlê vir die kies van oorsese Bokke nie.

Dit sal boonop al hoe moeiliker raak om vir oorsese spanne toetsrugby te speel, want Wêreldrugby wil die verblyfvereistes al hoe langer  maak.

Die deure sal steeds oop wees om oorsee te gaan en mijoene te verdien, maar die struikelblokke raak al hoe meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

MOEKIE ·

kom huis toe, terug SUID AFRIKA toe ons kan n span bou wat die ALL BLacks van die wereld gaan wees, ruk julle self reg en kom speel vir ons, ek glo hier gaan baie sponsers wees wat julle gaan borg begin van voor speel soos nog nooit te vore nie ons het nie die Ander Lande se nonsens nie nodig nie, geld gaan dalk min wees maar ons mense like ons rugby bewys julle-self man julle is SUID AFRIKAANERS nie veraaiers nie op die ou end sal julle goed beloon word, die ander lande sal julle smeek om terug te kom VIVA SUID AFRIKA RUGBY ons is wenners. PROUD TO BE SOUTH AFRICA . AMEN.

Frikkie ·

Skrik wakker 2019 se span moet 50%-50% wees. Unies is bangkrot en ander oppad om bangkrot verklaar te word. Eers as die politiek uitgesorteer is, sal alles reg kom. So oor n 100 jaar. Los die spelers hulle verdien geld nie krummels nie.

Frik ·

Ja Frikkie weet nie wanneer die res van SA Rugby ondersteuners wakker gaan word nie oor die huidige stand van sake in rugby. Jy is reg kwotas gaan ons finaal sink teen die volgende Wereldbeker. Solank Politiek nie uit sport gehou kan word nie gaan SA Rugby nie in volgende. 20 jaar herstel nie. En glo my veral voorspelers het n spesiale “bread” van spelers nodig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.