Die Springbokke steek darem nou lekker tong uit!

Willie le Roux, Jesse Kriel en Faf de Klerk se vreugde is duidelik! (Foto Facebook: All Blacks)

Daar ís toe nog wonderwerke in rugby!

Die Springbokke het Saterdag in Wellington al die doemprofete, ook vir my, verkeerd bewys toe hulle die All Blacks met 36-34 in die Rugbykampioenskap geklop het nadat hulle rustyd met 24-12  voor was.

Dié keer het die statistieke gelieg, want die All Blacks het alles behalwe die wedstryd gewen. Of so lyk dit op papier.

Hulle het ses drieë teenoor vyf gedruk, hulle het 75% besit gehad teenoor die Springbokke se 25%. Hulle het 633 m met die bal gevorder teenoor die Bokke se 245; net 46 duikslae uitgevoer teenoor die Bokke se 226; en hulle het net tien duikslae verbrou teen die Bokke se 33.

Boonop het Willie le Roux ʼn geelkaart gekry vir ʼn siniese oortreding op die Bokke se doellyn, maar steeds kon die Kiwi’s nie wen nie.

Hoe kón hulle nie?

Want die Bokke wou nie die bal hê nie (so het dit gelyk). Hulle wou wys dat die All Blacks ook maar mens is, tekortkominge het en foute onder druk kan begaan.

Dit wys jou ook net, daar is nog sulke dinge soos verdediging, passie en trots wat in rugby saak maak, soos wanneer jy jou lyf op die spel plaas en uit die laaste loopgraaf veg.

Dis dáárdie bestanddele waarvan die oudspelers droom en wat net so elke tien jaar of so na vore kom.

Die agterdeur is  nou ook oopgelaat vir die Bokke om die Rugbykampioenskap teen alle verwagtinge in te wen. Die All Blacks het 16 punte en is steeds in die binnebaan, maar die Springbokke (10 punte) staan nou ʼn buitekans, mits hulle tuis die Wallabies en All Blacks tuis kan klop en die All Blacks val vas.

♦  Die toets het op ʼn laagtepunt vir Suid-Afrika begin toe Handré Pollard se afskop oor die doodlyn gerol het vir ʼn skrum op die middellyn.

Toe die All Blacks met 12-0 voor was, het die gemoed verder in die skoene gesak.

Hier kom Albany die tweede, is daar sekerlik deur Bok-ondersteuners gesug.

Maar die Bokke het na ʼn hoër rat oorgeskakel, die druk op die All Blacks bly plaas, dit verder laat oplaai en die meeste punte nóg teen die All Blacks in Nieu-Seeland aangeteken.

Ja, daar was ʼn paar blapse, en ja, dit was nie foutloos nie.

Maar wie gee om as jy die All Blacks in Nieu-Seeland van hul eie medisyne kan gee?

Lig die hoed vir 15 spelers in die opdrafspan en vir die plaasvervangers.

Niemand het hulle ʼn kans gegee nie. Daar is van ʼn rekord-neerlaag gepraat en daar is vooraf met hulle gespot.

Maar wie lag nou die laaste?

Puntemakers ‒
Suid-Afrika: (24) 36:
Drieë: Aphiwe Dyantyi (2), Willie le Roux, Malcolm Marx, Cheslin Kolbe. Doelskoppe: Handré Pollard (3). Strafdoel: Pollard.
Nieu-Seeland (22) 34: Drieë: Jordie Barrett, Aaron Smith. Rieko Ioane (2), Codie Taylor, Ardie Savea. Doelskoppe: Beauden Barrett (2).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

60 Kommentare

Wolkie ·

Weet iemand wie die man van die wedstryd was? Of is daar nie meer so iets…

Ian ·

Nou ja. Ek is bly om my woorde te moet sluk. Hoop ons kan nou deurlopendheid bou hierop.

De Villiers ·

Uitstekend! Rassie het ‘n goeie spankeuse gemaak en die samehorigheid waarmee die ouens gespeel het was die deurslaggewende faktor. Fav de Klerk het sommer twee skrumskakels in die grond in gespeel. Ek wonder wat sê Cosatu nou? Hierdie Springbokspan het nie so baie swart spelers in soos hulle gehoop het nie omdat die spelers meer op meriete gekies is. Kyk wat was die eindresultaat. Dit gee my hoop vir volgende jaar se Rugby Wêreldbeker toernooi. Vat so!

Dries du Toit ·

Whahaha aan COSATU. Hulle gan seker nou n koronêr skiet. Maar weet julle wat?????.Dit was n spanpoging en die oukies van “KLEUR” wat die drieë gedruk het. So raak maar histeries oor transformasie !!!!!!!!!!!!!

Wesley ·

Cosatu en enige diesmeer van beide kant die spektrum moet laat vaar met hul taktiese verdeeldheid saai, almal een land, een kreed, een doel om beste te word. Genoeg met die verdeelde kommentaar op die manne, laat hul hul werk doen en probeer trots maak. Glo baie sal nou stil wees… Tot die volgende nederlaag dan kruip hul weer uit….

Wdp ·

Cosatu moet nou maar by sokker inmeng. Ek het sommer nou weer n nuwe lus vir rugby, nes in die ou dae

Bok Bok Bokke!!!! ·

Baie geluk Rassie, Siya en span. Daar waa baie persoonlike aanvalle en beledigings teen julle gemik die adgelope ywee weke maar vandag het julle skitterend gespeel. En die wat die meeste kritiek en persoonlike aanvalle moes verduur, het baie goed gespeel. Ek kritiseer ook soms, soms sommer baie, maar om mense persoonlik aan te val is kenmerkend van swak persoonlikhede.

Hennie ·

Wa-wa-wa, so ‘n bietjie. In perspektief en voor ons die lofsange voortydig laat opklink. Die laas 20 minute was daar net een span en dis nie die Bokke nie. Die AB het verkies om sekere skoppe nie na die pale te mik nie, maar uit te skop om te kyk of hulle eerder ‘n drie kan druk, dan het net 2 skoppe wat hulle wel na die pale gemik het die kol getref. Een doelskop was teen die regop paal vas. Die realiteit, die bokke wen met 2 punte.

Die waarheid ·

Ek is nou nie Steve nie maar ek is jammer ek het julle nie n kans gegun nie. Sover ek kon sien was dit fair en square van skeidsregter tot die waterdraer.

Wesley ·

Absoluut so lekker was dit nou! Na heel week druk in die media, elke jan trap wat wil opinie en raad gee, en daar skok hul almal. Dalk het die druk sy werk gedoen, niks beter as n SAner met sy rug teen die muur nie. So trots en so teleurgesteld sal jy as Springbok ondersteuner wees deur die jare. Dit is die lekker van sport. Klomp mense vandag wat trane gestort het van geluk, veral wanneer PSDT soos n baba gehuil het op die einde. Verdiend manne! Geniet dit!

Callie ·

N speler druk n goeie drie en SA maak hom n springbok. Die bokke wen n game en gaan nou die 3 nasie of 4 nasie wen. Dalk ook wereldbeker. Sorry, werk nie so nie. Hierdie is n vinnige tong ujtsteek. Wen nog 2, dan kan almal begin verander

Wesley ·

Wie so gese Callie? Daar nog ver om te loop, maar n mens moet erens begin…

What a joke! ·

Wel gedaan aan julle Bokke.Ek hoop jul kan nou bou op die oorwinning en bestendig bly..
Om die All blacks op hul tuisgrond te wen wil gedoen word…
Moet se ek eet my hoed op…..

Frans C ·

Die skoen was aan die ander voet die keer,wat skopwerk aanbetref en was dit Barrett wat net twee van hul ses drieë kon versewe,dus 8 verlore punte aan All Black kant 4 asook aan Bokke se kant.
Dit onderstreep weereens dat goeie stelkoppers nog steeds nodig is in vandag se rugby.Maak dit nou van die Bokke ‘n beter span as die All Blacks,glad nie,net ‘n span wat hul kanse beter benut het en dus verdien het om te wen.

Nou moet die Bokke bewys dat hul dit in elke toets kan doen,soos die All Blacks voor hul neerlaag dit gedoen het.Doen hul dit sal hul klim op die punte leer,anders bly dit net
‘n ‘flash in the pan’.

Frans ·

Goeie rugby.Ongelukkig is daar twee spelers wat maar regtig uitgelaat kan word.Malherbe en Kolisi.

Hennie ·

Ek stem. Dan sê ek, Wa-wa-wa, so ‘n bietjie. In perspektief en voor ons die lofsange voortydig laat opklink. Die laas 20 minute was daar net een span en dis nie die Bokke nie. Die AB het verkies om sekere skoppe nie na die pale te mik nie, maar uit te skop om te kyk of hulle eerder ‘n drie kan druk, dan het net 2 skoppe wat hulle na die pale gemik het die kol getref. Een doelskop was teen die regop paal vas. Die realiteit, die bokke wen met 2 punte. Mens kon die hele wedstryd, ongeag die telling sien wie die beter span by verre was.

Dries du Toit ·

Rerig Frans. Jy speel seker hokkie,want van rugby weet jy net NIKS

kolla ·

Kolisi is ‘n uitstekende leier. Welgedaan aan al die gekleurde spelers wat so baie driee druk en ons span versterk.

Henry ·

Kolla/Bolla/bolla ens
Jy klink net soos ou Stransky en Jean de Villiers wanneer hul op TV kommintaar lewer.

Michael ·

en nou is ons seker weer wereld kampioene ne en die volgende wedstryd verloor ons seker weer en dan is almal weer. ons moes dit en ons moet dat. die feit bly SA rugby is daarmee heen.

Hazeldean ·

Well done. Sal hul moraal vir seker boost!! Én die ondersteuners s’n….?

Snowball ·

Welgedaan Bokke! Al is selfs die felste kritiek nou verkeerd bewys, maak een swaeltjie nie die somer nie. Elke teleurgestelde bokondersteuner was geregtig op sy ontnugterde skeptisisme voor vandag. Eers as dié spelvlak en toewyding week na week die reël en nie die uitsondering word van Springbok rugby nie, eers dan sal kritiek teen hulle onregverdig wees. Ongelukkig, tot op hede was hierdie die enigste wedstryd wat werklik beindruk het. As hierdie die draaipunt is en dié tipe standaard volgehou word, dan kan weer gepraat word oor almal wat sogenaamd uitkruip om kommentaar te lewer.

Niklaas ·

Hierdie Kolla, Volla ,Bolla knaap is een en dieselfde persoon. Soos ek onlangs gesê het , sal dit kan gebeur dat die Bokke bomenslike poging aanwend op n tyd wat die ABs oorgerus is en afdag kan beleef. Daar gebeur dit toe. Baie geluk aan Bokke en hul afrigtingspans. Hul het die onmoontlike reggekry en dis lekker vir al die ondersteuners.

Phil ·

Hahaha……wanneer laas het n span wat 7de in die wereld is die All Blacks gewen?

Hennie ·

Vanoggend. Maar dan het Kersiebloeisels van Japan ook al die Bokke gewen.

Hennie ·

Maar natuurlik is ek suurgat omdat die Kersiebloeisels die Bokke gewen het. (As ons naam die Proteas was, was dit mos nou meer aanvaarbaar. Blom teen blom.)

Henry ·

Fantastiese en heel onverwagse wen teen die AB’s.

Waarom dit so lank geneem en reeds soveel pyne, spelers en afrigters ten gevolg het, weet nugter.
Vir die eerste keer sedert hulle naelskraap met 2 punte teen die AB’s tydens die vorige WB halfeindstryd verloor het, het die Springbokke bewys dat hulle goed genoeg is om enige span, insluitende die AB’s op hul tuisveld, die loef af te steek.

Vorentoe moet en kan dit mos net beter gaan.
Of hoe?

wolla ·

Ek het nie hierdie wedstryd gesien nie maar op Nuweland verlede jaar was die Bokke definitief die beste span op die veld toe ons met een punt verloor het. Die Bokke was statisties die beste span in daai wedstryd (in teenstelling met hierdie wedstryd).

Spike ·

Baie geluk Bokke. My bekommer is ons meeding om losbal. Sal vir M v Staden nr 6 in wil hê saam met Siya nr 7 en P S du Toit nr 8. Warren op bank. Nr 10 Willemse en Pollard nr 12.

Swartwolf ·

Wolla jy Wil jou net weet se dat Toetie se pogingkie beter is as Rassie s’n. Bottom line is bontebokke het 2017 op Nuweland verloor. Toetie is useless. Net soos Rassie en Snorre. Almal kwota afrigters. Beste bok afrigters was Kitch Christie, Jake White, Nick Mallet. Geen kwota afrigters of spelers. Twee wereldbekers en een wereld rekord tussen die drie. Wanneer wen ‘n kwota afrigter en kwota spannetjie ‘n wereldbeker ? Nooit.

wolla ·

Peter de Villiers het 2 wedstryde teen die AB’s in NS gewen en amper ‘n 50% rekord teen die AB’s gehad. Ook die enigste afrigter wat die AB’s 3 keer op ‘n ry kafgedraf het. Die ander is kwotas in vergelyking met wat hy vermag het teen NS.

Joe Hall ·

Vandag het hierdie ouens nie soos blommetjies gespeel nie.
Hulle het soos Bokke gespeel.

Manie ·

Ek verstaan nie hoe verloor jy gaan baie swakker spanne maar een die wêreld se beste. Ek ruik n rot oor die wen poging

John ·

Die kwotas sal nooit 3 wedstryde in a ry so kan speel nie.
Die Iere le en wag vir hulle in die kwarteind rondte Japan 2019.
Vir een of ander rede word hierdie Kwota span deur woede gemotiveer – hoe volhoubaar is dit?

Swartwolf ·

Kyk dit was ‘n goeie wedstryd so hard as wat bokke vs kiwis kan wees. Span het gewys hulle kan met weereens monster performances van du Toit, Marx, Pollard, Kitshoff, leRoux, de Klerk, Whiteley en Dyantyi. Res was gemiddeld. Baie bly oor die oorwinning maar ek stem saam kwota span gaan nie 6 sulke wedstryde na mekaar kan lewer nie en dis wat dit vat om ‘n wereld beker te wen. Nie genoeg leierskap van die kaptein in moeilike situasies nie op die veld is dit Pollard en Whiteley wat praat. Kaptein soos John Smit of Francois Pienaar, met ‘n bevoegde agterlyn afrigter sal dalk die knoop deurhaak.

Johann cb ·

Baie geluk Bokke, Suid-Afrika is trots op julle! Bou so voort!

Jannie ·

EEN keer in NEGE jaar!!! En nou…vir die ellende van die volgende NEGE jaar!!! LOL!!!

Vonnie ·

Puik. Man en muis veras. Nou weet ons, ons kan maar moet ook besef dat die bal nie elkekeer vir ons gaan reg spring nie. Fav is my man van wedstryd.

LHS ·

Ek is ook baie bly , bly dat Soois de Bruin se afrigting begin deurslaan. As Whitley nie op die einde daar was om die span kalm te hou nie, het ons verloor. Grootste rede vir daardie oorwinning was absolute toewyding en lywe wat op die spel geplaas is, ons was die hele tyd in hulle gesigte en het soos trojane verdedig, hulle kon net eenvoudig nie hulle normale spel speel nie. Ons senters is n probleem, gaan haal vir Ruan J. v. Rensburg en Jan Serfontein. Gaan haal n Kwagga Smit wat al die vaardighede van die wêreld het in Kolisi se plek. Bring Ruan Combrinck en speel hom van die bank af. Kolisi is verseker net n kaptein in naam en n uiters gemiddelde speler. Twee faktore is krities vir n span, n erkende betroubare skopper en n uitstaande kaptein.

Smirre ·

Kholisi is die token kwota kaptein. Whiteley en Pollard is die regte leiers in die span. Dan is Kholisi ‘n baie gemiddelde speler. Vergelyk hom met Andre Venter, Juan Smit, Ruben Kruger, Francois Pienaar, Danie Rossouw en hy sal geen impak maak nie. Selfs Kwagga Smit is hom myle voor. Vergelyk hom as ‘n kaptein met Kieran Read, of selfs Michael Hooper. Op die veld doen Whiteley al die praatwerk. Nee wat hy is baie gemiddeld. Dalk klubrugby eerste span en kaptein niks beter as dit nie.

Ben ·

Baie geluk aan Rasie, mede afrigters en die bokke. Om die AB’s in NZ te wen sit nie sommer in enige span se broek nie. Baie mooi, baie geluk ons tevrede.

Piet ·

Daai gekleurde spelers het seker daai drieë op hul eie gedruk sonder enige help van die res van die span.

wolla ·

Hierdie span het vir hulle briljante kaptein gespeel. Uitstekende leier wat die Bokke hopelik nog vir ‘n paar jaar sal lei. ‘n Wen teen NS in NS is so skaars soos hoendertande en jy kan dit net doen as daar ‘n goeie kaptein is. Smit het hulle tweekeer daar geklop en ons weet hy was ‘n goeie kaptein (maar gemiddelde speler). Teichmann was die ander suksesvolle kaptein. Kolisi volg in die spore van die beste kapteins.

Swartwolf ·

Tussen Pollard en Whiteley het hulle die span gelei tot oorwinning in baie moeilike omstandighede. Kolisi het gepyn op die kantlyn.

wolla ·

Whiteley is useless en net tydelik in die span totdat hy gedump word vir Vermeulen. Willemse behoort ook binne ‘n jaar oor te vat by die lomp Pollard. Kolisi is uitstekend as speler en kaptein en al die spelers kyk op na hom. Kolisi is reeds my broer se laatie se held. Hy sê daai oom is darem goed. Kolbe en Leyds hoort ook in die opdrafspan, ons soek meer spoed.

Jan ·

Smirre, hy weet nie wat kwotas is nie nou gorrel hy sommer wolla.

Vonnie ·

Aai. Kan ons nou nie asb van kwota en kleur vergeet en hierdie oorwining geniet sonder om een of ander bitter smaak. Almal in daai span het puik gespeel om die wereld kampejoene op hul tuisveld te klop is uitnemend. Kwota se dinges.

ChrisE ·

Ek stem heelhartig saam met jou Vonnie. Die oorwinning oor die All bBlack was te wagte maar net die regte tyd was onseker. Dit is in hul agterplaas gedoen. Dit is weereens ‘n bewys wat in Suid Afrikaners steek. Jy kan aanhou karring en peuter mey ons maar tot op ‘n dag dan gaan jy moeilikhied kry. Ek is baie bly. Die ouens het regtig goed gespeel. Dit is ook ‘n duidelike bewys die All Blacks is nie onoorwinbaar nie. Ek hou hul spelpatroon dop. Hul voorspelers speel die skeidsregter, die grensregters, die reëls en dan die man. As jy onder druk is maak jy foute. Moet hulle net nie ruimte gee nie. Hulle is feilbaar. Hul tweede pak is om die draai.

Hannatjie ·

Julle klomp suurgatte vat nou al die lekker weg van die wen!! Mooi Bokke.

Frans C ·

‘n Mens hoef nie ‘n hoender te wees,om te weet wanneer ‘n eier vrot is nie.Natuurlik is ‘n mens bly dat die Bokke uiteindelik ‘n wedstryd teen die All Blacks kon wen.

Dit beteken nie dat ‘n mens ook realisties na die wedstryd moet kyk?
As jy dit doen moet jy eerstens sê,dankie, dat daar nie ‘n Naas Botha in die All Blackspan was nie,want dan het hy in die laaste twintig minute 5 skepskoppe deur die pale gestuur en die Bokke in sak en as ,huistoe gestuur.

Ja dit is hoe naby dit was.’n enkele skepskop kon die wedstryd vir die All Blacks laat wen het.Gelukkig vir ons was hul drie behep en kon die Bokke moedig uithou met
soms desperate verdediging die een agter hul naam plaas.

Henry ·

Van hoennirs wat van vrot eiers weet, gepraat…
Die AB’s het waarskynlik soos talle ander aanvaar dat hulle ‘n drie in die doodsnikke kan druk, teen ‘n span wat die afgelope jare soos afkop hoennirs gespeel het. Gelukkig het die Springbok hierdie keer op die veld gedraf, ipv daai afkop hoennirs.
Mag dit die begin van beter en groter dinge wees…

SjN ·

Match fixing, baie geld op die spel ,van zero na hero in een week?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.