Die wittebrood is verby

Dit moes reeds lankal gebeur het, dat die gordel  van Suid-Afrikaanse rugby stywer ingetrek word.

Dit sal ʼn harde slag vir baie rugbyspelers wees, dit sal die groener weivelde van oorsee soveel te meer aanloklik maak, maar Suid-Afrikaanse rugby is by ʼn kruispad.

Trouens, dalk is hy reeds daarby verby.

Net soos in baie ander lande, het die geldkraantjie opgedroog.

As Jurie Roux, die uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) sy sin kry, sal  daar steeds 14 unies wees, maar net agt ten volle professionele spanne wat in die Superreeks en in ander reekse wêreldwyd speel.

Die res sal semi-professionele of amateurspanne en -spelers wees.

Hopelik sal daar genoeg nuwe geleenthede en reekse  geskep word, maar die landskap gaan verander.

Roux het die week aan joernaliste gesê hy bepleit dié veranderings  reeds sedert  2011 en “dat dit hoog tyd vir mense is om daarna te luister “.

Roux sê die Curriebekerreeks moenie afgewater word nie; die  krag-teen-kragbeginsel moet geld, want meer Springbokke tree in die Curriebekerreeks na vore as in Superrugby.

Volgens hom kan daar nie aan die 14 unies geraak word nie, want dan trek jy die mat onder rugby uit. Roux sê ook tereg dat skolerugby, klubs en die amateurstrukture die grondslag van  Suid-Afrikaanse rugby vorm, gevolg deur semi-professionele spanne.

Gaan daar teenkanting wees? Beslis.

Aan die ander kant, hoeveel van die 14 unies is finansieel daartoe in staat om op eie stoom voort te gaan? Hoeveel het die afgelope paar jaar ʼn wins getoon?

Wat van die spelers? Kom ons maak sommetjies. As elke unie net 30 tot 40 spelers sou kontrakteer, sal daar sowat 420 tot 560 spelers wees wat semi-professionele rugby speel.

Maar dit kan nie anders nie, die wittebrood is verby en die geldkoek is reeds gesny.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Johannes van Staden ·

Lyk my junk status is hier ook sterk van toepassing …tragies maar ons stel niks meer belang in die rugby nie …dis net kotas wat in mens se keel afgeforseer word …niks lus vir dit nie… veral om heeltyd te dink dis 2de beste en hoe moet die spelers nie voel wat wel n plek kry …daar kannie iets goed hier uitkom nie en hier het ons dit nou …baie geluk minister net nog iets wat julle gebreek het in SA

Danie Theron ·

Ek stem saam-kwotas het ons rugby doodgemaak en af gewater, nou word verskeie swak besluite geneem. Almal kyk verby dir werklike probleem. Jurie Roux hou hom verniet so slim-kom ons kyk waar ons staan oor drie jaar. Ons gaan so baie spelers afstaan aan die europese ligas

Jakkalas ·

Mooi so dis lankal hoogtyd. SA Rugby is top heavy en het nou oor getuimel daaroor en op sy gesig geval. Te veel unies en te min professionalisme onder hulle. Almal kry groot geld sonder om hulle kant te bring en inkomstes by te dra. Dit was onvermybaar wat nou gebeur het.

Veritas ·

En so word ons eens geliefde spel afgewater. Net soos ons taal en skole. Die teiken hier is nie rugbyspelers nie maar die Afrikaner. Die vyand is slim. Hulle besef dat hulle die Afrikaner op geen ander terrein kan troef nie so dit is makliker om hom te stroop van dít wat vir hom belangrik is. Wat bly oor om van die Afrikaner ‘n unieke Volk te maak? Sy taal, Godsdiens en kultuur word stelselmatig afgebreek sodat hy maar net nog een van die identiteitslose massa kan wees. Ons voorouers sou nooit soiets toegelaat het nie.

Dirk ·

Stop net die kotas van skool tot bo uit. Julle maak spelers met die verkeerde gesindheid groot Gaan nie werk nie.

What a joke! ·

Jul het jul bed gemaak Saru so slaap maar lekker daarin! Jul wil kwotas forseer op alle vlakke en dit aan die Sa rugby publiek se keelgatte afdwing al werk dit nie en het die vermetelheid om aan te hou daarmee kyk maar vir Ac en Fikile selfs kwotas wat nie weet wat hul doen nie, die resultate wys so wat het jul verwag huh! Te laat te min jul het die Springbok laat doodbloei so ek hoop jul sokker skares gaan hul nou ondersteun want ek gaan nie! Verander asb die naam Springbok want daai glorie ryke era is verby noem hul maar die proteas nou asb jul is nie die oud naam werd nie!Tata my support tata my money …….who cares…

Leon de Klerk ·

Tyd en geld is dieselfde. Hou aan om te mors en as jy weer kyk is dit op. Niemand stel meet belang in dit wat opgedis word nie. Julle mors ons tyd en geld en ons die ondersteuners is nou gatvol. Ons ondersteun ander sportsoorte waar ons waarde vir ons geld en tyd kry. Kom reg en ons sal dalk weer kyk. So nie.cheers?

Collin ·

Ek wil beaam dat die kotastelsel die begin van die einde vir glorieryke SA Rugby was. Spelers van alle kleure moet slegs op meriete gekies word. Ek voel ook dat ons teveel unies en organisasies het. Dit kos eenvoudig teveel en water die kompetisie af.

marthie ·

Raak van Jurie en kie ontslae dan sal SA rugby kern gesond word

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.