Dieselfde Bokspan, dog kommer oor Lood

Nog onsekerheid oor Lood de Jager (Foto telegraph.co.uk).jpg

Nog onsekerheid oor Lood de Jager (Foto telegraph.co.uk).jpg

Bismarck du Plessis is reg vir die stryd en is saam met Lood de Jager ingesluit in die onveranderde beginspan van die Springbokke vir Saterdag se Wêreldbeker-halfeindwedstryd op Twickenham teen die All Blacks.

Daar is egter steeds twyfel of De Jager reg sal wees en ʼn besluit oor sy fiksheid sal laat Vrydag geneem word. Hy het ʼn tendon in sy voet beseer in verlede week se taai toets teen Wallis.

Die enigste verandering aan verlede week se 23-tal vir die toets is die insluiting van Victor Matfield in die plek van Pieter-Steph du Toit op die bank.

Indien De Jager nie kan speel nie sal Matfield in sy plek begin en sal Du Toit terugkeer na die bank.

Matfield het van ʼn beseerde dyspier herstel.

♦ Dit is die eerste keer sedert November verlede jaar dat die Springbokafrigter Heyneke Meyer ʼn onveranderde span kon kies, en slegs die sesde keer in 48 toetse dat hy dieselfde span kon behou.

“Ons glo werklik ons kan hulle klop. Ons sal egter op ons heel beste moet wees en hoewel ons soms uitstekende rugby teen Wallis gespeel het, is daar altyd dinge waarop verbeter kan word,” het Meyer gesê.

“Toetse teen Nieu-Seeland is baie intens en die wenmarges die afgelope jare was klein. Ons verwag dit gaan weer so wees en ons glo in onsself,

Suid-Afrika –

15 Willie le Roux, 14 JP Pietersen, 13 Jesse Kriel, 12 Damian de Allende, 11 Bryan Habana, 10 Handré Pollard, 9 Fourie du Preez (kaptein), 8 Duane Vermeulen, 7 Schalk Burger, 6 Francois Louw, 5 Lood de Jager, 4 Eben Etzebeth, 3 Frans Malherbe, 2 Bismarck du Plessis, 1 Tendai Mtawarira.
Bank: 16 Adriaan Strauss, 17 Trevor Nyakane, 18 Jannie du Plessis, 19 Victor Matfield, 20 Willem Alberts, 21 Ruan Pienaar, 22 Pat Lambie, 23 Jan Serfontein.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae