Dieselfde ou storie van foute en dissipline vir die Pumas

Die Jaguares in Puma-gewaad het Saterdag feitlik in ʼn spieëlbeeld van verlede week se neerlaag teen Wallis in die tweede toets weer die onderspit gedelf.

Dié keer was dit in Sante Fe, en het hulle darem twee keer gaan druk. Wallis se wentelling was 30-12 nadat hulle rustyd met 19-5 voor was. Albei spanne het twee drieë gedruk.

Wallis het die eerste helfte oorheers, grootliks deur die swak dissipline van die Argentyne wat gereeld op die aanval gefouteer het. Rhys Patchell het ses keer met strafskoppe en dié ses strafdoele en enkele doelskop het aan hom 20 van Wallis se 30 punte besorg.

Hulle het weer die meeste besit gewen, die bal weer die verste gedra en weer die minste duikslae moes uitvoer. Maar hulle het ook weer die meeste besit afgestaan, die losskrumstryd verloor en soveel foute begaan dat Wallis die bal 12 keer by die skrums kon ingooi teenoor hulle vier keer.

Op die aanval was die Pumas te staties, en daar sal verstellings aan hul patroon moet kom as hulle as die Jaguares ‒ waarvan 13 van hulle in die laaste Superwedstryd ‒ verder in die Superreeks wil vorder.

Vir Wallis was daar die goeie nuus van drie toetse wat hulle gewen het en die 22-20-sege teen Suid-Afrika die eerste was; en dat die afrigter Warren Gatlan die diepte van sy nasionale span gewis met die toer vergroot het.

Puntemakers ‒

Wallis (19) 30: Drieë: Josh Adams, Hallam Amos. Doelskoppe: Rhys Patchell. Strafdoele: Patchell (6).
Argentinië (5) 12: Drieë: Bautista Delguy, Julian Montoya. Doelskoppe: Nicolas Sanchez.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

rollie ·

Ek is verbaas hoe maklik Wallis klaarspeel met ‘n span wat heel indrukwekkend in die Superreeks vertoon (en dit nogal op die Pumas se tuisveld). Lyk my Wallis is beter as wat mens dink.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.