‘Dis ʼn misdaad teen Malcolm Marx’

Malcom Marx – `n misdaad. (Foto: GB Jordaan)

Dis ʼn misdaad dat die Springbok-haker Malcolm Marx die toekenning as speler van die wedstryd in Saterdag se toets teen die All Blacks op Nuweland ontsê is.

Só skryf Ben Coles in The Telegraph (Londen) ná Marx se vertoning wat wêreldwyd groot lof in die media ontlok.

Hy bestempel die haker, wat hard aan die Bok-deur moes klop voor hy ingelaat is, as een van die talentvolste spelers ter wêreld.

Diegene wat seggenskap had, het die All Black Damian McKenzie as die beste speler aangewys.

Die Australiese nuuswerf News.com.au verklaar Marx ronduit as die speler van die wedstryd, en bestempel sy toetsvertoning as een van die beste in die geskiedenis

“Hy het ʼn terreur by die afbreekpunte gevoer.”

Die Nieu-Seelandse NewsHub reken die Springbok het “die toets van sy lewe” gespeel, en Stuff.co.nz bestempel sy vertoning as “ontsaglik”.

Die rugbywebwerf ESPN Scrum beskou Marks se spel as uitmuntend, “veral by die afbreekpunte waar hy meegeding en talle balle afgeneem het. Hy het ʼn deurslaggewende strafskop vir die Bokke gewen toe hulle ʼn slag op hul eie doellyn verdedig het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Cjan ·

Ek stem volkome saam dat Marx die speler van die game moes gewees het.

Johan Jooste ·

Ja-nee, hoe hulle McKenzie voor hom kon kies, is ‘n bewys dat een-ogige onkundiges daardie besluit geneem het. Ek sal graag wil weet, en ek glo die hele SA ook, wie was die besluitnemers wat die “Man van die wedstryd” moes aanwys. Hulle is duidelik nie bevoeg nie. Marx verdien dit loshande.

Cjan ·

Ek stem saam dat Marx is ontneem as speler van die van die wedstryd.

Nugter ·

Dis onregverdig teenoor Marx, dit gee ek geredelik toe. Maar ‘n misdaad? Iewers skort daar iets ernstig met hedendaagse waardes…

Frans C ·

Misdaad teen Marx is figuurlik en nie letterlik nie.Marx is ontneem van ‘n welverdiende toekenning.

Henry ·

Belangrikste en waardevolste beloning vir enige speler is sy spanmaats en afrigters se waardering en erkenning in die kleedkamer.
“Man van die wedstryd” is een van die moderne foefies wat van geen nut vir mens of dier is nie.
Ek’s bly dat my pelle en ek die Karoo kolliehond vroeg gebraai het en toe gesien het dat daar ‘n nuwe skop in die Bok is. Ons voorspelers onder aansporing van Etsesbeth en Du Toit was voor innie koor gewees, maar ieder en elk het hul heel beste voete voor gesit.
Baie Dankie!!!

Peter ·

Marx was beslis die speler van die wedsyryd, bo alle twyfel was mcKenze net so verbaas hoe hy kon hy bo Marx gekies is . Wil graag weet na wat hulle as speler gekyk het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.