Dís dan 2016 se wenslysie

(Illustrasie: Pitchero)

(Illustrasie: Pitchero)

Liewe Kersvader

Ek weet nie of verlede jaar se wenslysie by u uitgekom het nie, want daar was `n lang posstaking, ons het deur die jaar beurtkrag gehad, en ons Telkom-lyn was maande lank buite werking omdat die ondergrondse kabels gesteel is.

Net soos verlede jaar is my grootste wens dat Springbokrugby in sy glorie herstel sal word, dat daar vernuwing in ons spel sal wees, dat die Junior Bokkies ook binnekort `n nuwe afrigter sal hê, dat van die land se beste spelers nie so baie beseer sal raak nie, dat van die land se beste spelers en afrigters nie hul heil oorsee sal soek nie, en dan die grootste `seblief: dat die sportminister sy mond uit rugby se sake sal hou.

Net soos verlede jaar is daar vir ‘n nuwe afrigter gevra nadat Heyneke Meyer nie meer sy weg oopgesien het nie. En toe kry ons Allister Coetzee. Twaalf toetse, vier oorwinnings.

Baie hoekoms …

Swak spankeuses, vervelige wedstrydplan, geen beleid oor die kies van spelers wat oorsee speel nie, geen sentrale kontraktering van die land se beste spelers nie, en `n bestuurspan en hulpafrigters wat nie in tye van nood na vore getree het nie. Hoekom kan die Bokke nie meer drieë druk nie, hoekom laat ons verdediging ons in die steek, hoekom skop ons takties so swak, hoekom neem ons verkeerde besluite, hoekom word die All Blacks, Engeland, Ierland en selfs Skotland al hoe sterker?

… en al die wagtery

Ons wag steeds vir Dawie Theron se opvolger as die Junior Bokkies se afrigter, ons wag steeds om te hoor hoe aanstaande jaar se Curriebeker-reeks daar sal uitsien, ons wag in spanning om te sien of `n Wêreldbekerbod aanstaande jaar in November bo dié van Ierland en Frankryk die jawoord sal kry. Ons wag in spanning of daar iets by die Oostelike Provinsie Kings sal gebeur, ons kan nie nog bankrotunies bekostig nie.

Ja, Kersvader, ons is rugbyvoos.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Kersvader van Noordpool ·

Moenie worry nie. Ek bring vir jou n groot geskenk. Die jaar 2017 sal dit net beter gaan. Want slegter kan dit nie. Ek belowe ook dat elke bok sy bes sal doen om ten minste op die veld te wees. Groete Kersvader. NS. Gelukkig ken jy nie my adres nie. So jy kan my nie kom skel as dit nie gebeur nie. Ho Ho Ho.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.