Dis ʼn lekkerte om só teen ʼn Aussiespan te wen

Daar is min dinge so lekker in rugby as om ʼn Aussiespan te klop. Dis verál so as dit onverwags is.

En dit is presies wat Sondagaand in die kwarteind van die Vancouver-toernooi in die Wêreldsewesreeks gebeur het nadat die Blitsbokke teen rustyd oënskynlik uit die prentjie was. Die Blitsbokke het met 24-19 gewen.

Hulle kom nou agt minute ná middernag Maandagoggend teen Fidji in die halfeind te staan. Fidji het hulle kwarteind teen Argentinië met 43-5 gewen.

♦ Die Blitsbokke, met Cecil Afrika wat wel op die veld was nadat hy in die groeploesing van 14-33 teen Nieu-Seeland met ʼn beseerde skouer van die veld gehelp is, was ná net 80 sekondes 0-7 agter en het rustyd op 0-19 kant verwissel.

Dit het twee drieë ingesluit in die twee minute waartydens Afrika met ʼn geelkaart van die veld was.

Die onnodige foute, strafskoppe was skielik amper heeltemal afwesig. Die ses verbroude duikslae uit die 15 wat voor rustyd probeer is, was iets van die verlede en, ondanks die gebrek aan rou vaart van manne soos Seabelo Senatla, Justin Geduld en Rosko Specman, het dit weer na die Blitsbokke op hul beste gelyk.

Daar was planmatigheid en goeie oordeel en vier drieë in die tweede helfte, een wat gedruk is heelwat ná die speeltyd verstreke was. Dit was toe die Aussies ʼn strafskop diep in die Blitsbokke se gebied afgestaan het.

Daar is deur die Blitsbokke kantlyn toe geskop, en van die lynstaan af middelveld en toe terug na regs beweeg.

Die wendrie is deur Dylan Sage, moontlik die Blitsbokke se beste speler tot dusver in die toernooi, gedruk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Piet ·

Hi Wim,ek wil by jou hoor waar jy die rugby gekyk.Want waar ek gekyk het het die Blitsbokke met 24-19 gewen,en met rustyd was hul 19-0 agter.

Tania Heyns ·

Dagsê Piet

Dankie vir jou kommentaar. Die puntetelling is inderdaad 24-19. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.