Dis ʼn toets wat eenvoudig gewen móét word

Die Springbokke speel Saterdagaand in rooi (of is dit oranje?) truie en broeke teen die Poemas (Foto Springboks, Twitter)

Allister Coetzee se wenrekord in wegtoetse staan op ses uit ses verloor, maar die verwagting is groot dat dit Saterdagaand (21:40 SA tyd) vir hom en die Springbokspan ʼn deurbreekaand sal wees.

Die Bokke speel dan in Salta teen die Poemas in die tweede toets van die Rugbykampioenskap.

Dit is in die eerste plek ʼn toets, ʼn wedstryd wat gewen móét word, al speel hulle in rooi truie (en broeke!) en al is dit deur ʼn voorspelergestoei eerder as deur lekker hardlooprugby. Die Bokke het die voorspelers om met hierdie soort rugby hul man te staan.

En dit is net sowel. Die Poemas gaan die Springbokagterlyn baie, baie fyn dophou; hulle gaan heel waarskynlik met meer lugbomme vorendag kom as waaraan die agterste driehoek van die Bokke, Andries Coetzee, Courtnall Skosan en Raymond Rhule, gewoond is; en hulle sal verseker beter skrum.

Statistiek vertel nie altyd alles nie, maar dit is so dat die Bokke in die belangrike aspekte van verlede week se wentoets tweede beste daaraan toe was en grootliks deur hul goeie (en veel beter) verdediging en omkeerbesit by die afbreekpunte gewen het. (En nou vergeet ʼn mens nie van die skrumwerk nie!)

Dit was veral Suid-Afrika se ondersteunende en dekverdediging teen ʼn span wat, soos die Bokke, self ook nege skoon breekslae gemaak wat die Argentyne gefrustreer het. Dus: goeie verdedigingstrukture aan Suid-Afrika se kant.

Die Poemas sal dus alternatiewe moet kry om hierdie verdediging te knak en self die hekke moet toehou.

Die Springbokke behoort te wen – selfs al skop hulle soos verlede week heelwat meer as die Argentyne, en selfs al sien ons min van die hardlooprugby wat die land na die drie Franse toetse en verlede week opgewonde maak.

Hierdie is ʼn span in wording, allermins die volkome produk. ʼn Weg wen sal hulle ʼn sterker en meer volwasse eenheid help maak met die selfgeloof wat dit bring.

Oor twee weke volg die eerste van twee wegtoetse in die Rugbykampioenskap, eers teen Australië en dan die All Blacks. ʼn Sakkie vol selfvertroue kan wondere verrig.

Spanne –

Argentinië
15 Joaquin Tuculet, 14 Ramiro Moyano, 13 Matias Orlando, 12 Jeronimo de la Fuente, 11 Emiliano Boffelli, 10 Juan Martin Hernandez, 9 Tomas Cubelli, 8 Juan Manuel Leguizamón, 7 Tomas Lezana, 6 Pablo Matera, 5 Tomas Lavanini, 4 Matías Alemanno, 3 Ramiro Herrera, 2 Agustin Creevy (kaptein), 1 Lucas Noguera. Bank: 16 Julian Montoya, 17 Santiago García Botta, 18 Enrique Pieretto, 19 Marcos Kremer, 20 Javier Ortega Desio, 21 Martin Landajo, 22 Nicolas Sanchez, 23 Matias Moroni

Suid-Afrika
15 Andries Coetzee, 14 Raymond Rhule, 13 Jesse Kriel, 12 Jan Serfontein, 11 Courtnall Skosan, 10 Elton Jantjies, 9 Francois Hougaard, 8 Uzair Cassiem, 7 Jaco Kriel, 6 Siya Kolisi, 5 Franco Mostert, 4 Eben Etzebeth (kaptein), 3 Coenie Oosthuizen, 2 Malcolm Marx, 1 Beast Mtawarira
Bank: 16 Bongi Mbonambi, 17 Steven Kitshoff, 18 Trevor Nyakane, 19 Pieter-Steph Du Toit, 20 Jean-Luc du Preez, 21 Rudy Paige, 22 Curwin Bosch, 23 Damian de Allende

Skeidsregter: Pascal Gaüzère (Frankryk)
Assistent-skeidsregters: Romain Poite (Frankryk), Nic Berry (Australië)
Televisieskeidsregter: Glenn Newman (Nieu-Seeland)
Verwagte weer: Bewolk en warm (24°C teen afskoptyd)
Afskop: 21:40 (SA tyd)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Nico ·

Vat net die bok asb weg en sit n klein sirkus tent op en se dis n protea span net nie n bokspan nie rugby spelers sal nie verkwalik word nie as hulle oorsee gaan speel nie

Lukie Carelsen ·

Stem saam met jou Nico behalwe maar ek voel die springbok embleem moet met die hamer en sekel vervang word. Weg met die naam “Springbokke”. Noem hulle die ANC spannetjie.

ansie Geldenhuys ·

My trots sal darem baatvind by ‘n wen, maak nie saak hoe en in watter kleur nie.! Go Bokke!

ansie Geldenhuys ·

Ek bly trots met ‘n wen , al is dit hoe in watter kleur ookal!

Veritas ·

Die Rooibokke gaan defnitief weer op hul baadjie kry. Die oomblik wat hulle nie voor ‘n tuisskare speel nie, vou hulle soos ‘n lappop.

Boetman ·

Dis die aangaan van transformasie. Ons word stadigaan oorrompel. Go Pumas

Afkraak ·

Wil ek ook weet gaan lees iets anders.NZ is goed omdat hulle nie so afgekraak word van hul ondersteuners.As jy n ondersteuner is van die bokke ondersteun dan en los die kleuredrag.

Nico ·

Dit pas nie. Dit pas by Rusland.
Rooi is kommunis se kleur.
Groen en goud DIS ONS KLEUR.

Afkraak ·

Nico jy kan soos in niks doen aan die kleur,en dit was net vir die eenkeer.Maar as ek jou kan raad gee kyk ander sport waar die bokke nie speel,dan hoef jy jou nie so op te werk oor hulle.Daars baie van ons wat hul spel geniet al dra hul wat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.