Dis nie die einde van die wêreld nie, al voel dit so

Een toets, ja, net één toets, en dit voel so al my vir of ons nou weer die horlosie wil terugdraai nadat die Bokke Saterdag met 57-0 deur die All Blacks in Albany afgeransel is.

Wat het dan van ons veggees geword?

Ja, dit was ʼn vernedering, ʼn lae hou, ʼn tydige wekroep en ʼn vingerwysing dat ons steeds ʼn lang paadjie het om te stap.

Dit was arrogant om te dink dat ons die wiel, ná verlede jaar se fiasko, binne vier maande kan herontdek en suksesvol laat draai.

En dít is hoekom rugbybase nie ontydige uitsprake moet maak nie, en dat uitsprake soos dat daar voortaan dalk twee Bokspanne (een vir die Noordelike en een vir die Suidelike Halfrond) gekies kan word, nie nou gemaak moet word nie. Dis hoekom daar nie met rooi truie gespeel moet word nie.

Daar is baie ander dinge wat erg sooibrand gee en die bloeddruk opjaag. Vir die rugbybase: Hou dus ʼn wag voor die mond, want dit maak die ondersteuners nog kwater (of is dit kwaaier?)

Ná Saterdag se neerlaag word daar geskimp dat die Bokke wat oorsee speel, soos Vincent Koch, Francois Louw en selfs Bismarck du Plessis, weer nader getrek kan word om die Bokke uit die dryfsand te help.

Dis almal ysters, begaafde spelers wat hul kant gebring het toe hulle in Suid-Afrika gespeel en Bokke geword het. Maar het die SA Rugbyunie dan nie juis verlede jaar sy beleid verander om voorkeur aan plaaslike spelers te gee nie?

Die Bokke is in 1998, slegs ʼn paar maande nadat hulle die All Blacks se wêreldrekord van 17 oorwinnings in toetse geëwenaar het, opeenvolgens deur Wallis (34-18), Nieu-Seeland (28-0 en 28-19) en Australië (32-6) geklop.

En wat doen hulle toe? Hulle het opgestaan en is in 1999 se Wêreldbekertoernooi eers in bykomende speeltyd van die halfeindronde deur die Wallaby-losskakel Stephen Larkham met ʼn skepdoel gekelder.

Wat van Jake White se Bokke in 2006, wat met 49-0 in ʼn Drienasiestoets deur die Wallabies verneder is? Dit was veel erger as om teen die All Blacks te verloor.

Wat het húlle gedoen?

Hulle het opgestaan en voortgeveg en slegs ʼn paar maande daarna die Wêreldbeker in Frankryk gewen.

Dit is nou weer die tyd om op te staan en terug te veg – en tyd vir die ware leiers, op en van die veld, om na vore te tree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Nico K ·

Ek stem saam. Ons het al in die verlede met groot tellings verloor en ons verloor meestal teen New Zeeland. Hierdie was niks erger nie. So kom ons gee hulle nog ‘n kans. Ek persoonlik dink hulle het die eeste helfte baie goed gespeel. (70% balbesit en 70% gebiedsvoordeel. ) Maar 2 drieë teen die verloop van die spel het hul moed gebreek. En toe hul rustyd 31 punte agter was het hulle self geweet hulle kan nie meer wen nie.

Callie ·

Solank as wat manne nie op meriete speel nie sal dit so gaan. Van eerste toets met Rhule kan gesien word hy het nie verdediging nie, waar is Leyds of Combrink, hoe haal jy du preez af en vervang hom met Steph du Toit maar hou Cassiem op veld. Mbonambi tel nie onder eerste vier hakers in land. Nyakane is totaal uit diepte, Hougaard bo Vermaak, speel Hougaard vleuel in Skosaan se plek.Standaarde ver benede waar ons was is al aanvaarbaar. Dit is hoekom dit so gaan. AC wat voel daar is positiewes. Die man is n groter grap as sy span. Asb. Vra al van laasjaar af, verwyder AC.

Ada ·

Ja asseblief vervang AC – hy is totaal uit sy diepte uit. Hy leef in ‘n droomwereld. Die man het geen benul van wie op die veld moet wees nie. Meeste van die spelers wat daar moet wees sit op die bench. Waarom kyk hy nie ook na Griekwa spelers nie – tel hulle nie? Hulle is harde manne. Nee – dit sal eers beter gaan indien daar ‘n afrigter kan wees met insae in die spel – en hy is nie in hierdie land nie . Kon Ackermann gewees het maar hy nie meer beskikbaar nie. Enige-iemand sal egter beter wees as AC. Wat van Pieter Hendriks of ou Campo! AC glo nog steeds daar is nie fout nie. Dit vertel ‘n storie.

Liebenberg ·

Jy kan nie net manne opsit wat nie kan speel en nie hulle kant bring nie – vir kleur – soos wat Callie se nie – dit beteken die arme ouens wat goed kan speel moet dubbeld so hard speel om op te maak vir die manne wat nie kan speel nie en net daar rondploeter. Neewat dit sal nooit regkom so wat dit nou aangaan nie – en asb vervang asb die afrigters – hulle het nie ‘n benul wat hulle doen nie. Dit is tog duidelik sigbaar in die telling. Blameer die afrigters – nie die spelers wat gekies was nie.

Haan ·

Julle is naïef en goedgelowig. Tot kwota stelsel nie waai gaan ons net vertrap word. Ons het die Franse gewen omdat hulle n jong en onervare span was. Argentinië… Gee dit n jaar dan wen hulle ons. Rugby is nie n swartman se sport nie al probeer hulle hoé hardom dit in hul kele af te druk. Kyk hoe leeg is ons stadions. Kyk hoe tjaila ons goeie spelers landuid.
Hierdie is nou nie die einde van die wêreld nie, maar dis beslis die einde van kompeterende SA Rugby

Marius ·

Dis regtig twak as jy sê rugby is nie ‘n swart man se sport nie. As ‘n kind van kleins af blootgestel word aan die sport en genoeg vaardigheid leer kan enige velkleur goed genoeg wees. Dis as spelers van kleur nie op standaard is nie en dan op ‘n vlak hoër as hul spelpeil moet speel.

Haan ·

Orraait Orraait dis dalk n bietjie te eng gestel. Maar nietemin. Tot meriete en vermoëns weer die enigste faktore in die insluiting van n speler by n span is nie… Tot dan kan ons maar vergeet van top gehalte rugby (maw ons beste gehalte)

jonathan ·

Julle wil altyd die afrigter weg jaag – ja hy is nie die beste nie
Maar van wanneer af moet n afrigter spelers leer hoe om te tackle basic goed reg te doen regtig dan hoort hul nie daar nie

All Blacks is maar net die beste en hulle het ons nie n rugby les geleer nie want die Bokke wil nie leer nie dit kan n mens sien

LOSKOP ·

N Klip in die bos
15 kriel 14 leyds 13 combrink 12 serfontein 11 venter 10 o genade daar is nie een nie ( cronje van kings) 9 vermaak 8 du preez 7 kolisi 6 kriel ( du preez ) 5 mostert 4 etsebeth 3 oosthuizen ( dreyer) 2 marx 1 beast

Miskien ook ontslae raak van die afrigter die clown wat positiewe dinge raak gesien het weet nie wat sy naam is nie

Frans C ·

Die Bokke is kwesbaar op vleuel en in die middelveld want die spelers is fisies nie sterk genoeg om die All Black agterspelers intoom te hou en dood te vat op die voordeellyn.
Wat ons soek is twee sterk aggresiewe vleuels in die Ray Mordt klas en ‘n senter wat sterk genoeg is om oor die voordeellyn te kom en die All Black senters in die laagvat kan smoor voordat hul die bal wegkry.

Ons soek ‘n sterk vinnige agsteman wat die nommer 10 kanaal met mening aanval en Barrett op sy agterent plaas as die hom probeer laagvat.Dan moet daar ‘n ‘fetcher’ wees
wat vinnig by die breekpunte kom en balbesit verseker.

Ons soek ‘n skrumskakel sterk genoeg om die NZ losvoorspelers aan te vat ,wat oor ‘n venynige breekslag van die skrum en losskrum besit met ‘n sekure aangee sonder om eers
skuins oor die veld te beweeg.Kleur maak nie saak nie,solank hy die basiese goed reg doen.

Pietman ·

Probleem is ons kom nie oor die voordeellyn nie en ons speel nie met spoed nie. Ons speel terug op die aanval en die verdediging. Die Britse Leeus , ABs en Wallabies storm op op die verdediging. Hoekom doen die bokke dit nie? Jantjies speel nie vlak genoeg nie. Solank ons nie vorentoe speel nie kan hulle maar enige span kies , dit gaan nie ‘n verskil maak nie. Dit is die groot probleem en verskil.

Topskop ·

Die Leeus het die afgelope twee seisoene die top NZ spanne laat lea op se en tweekeer die finaal gehaal. Ackerman het “no names” gevat en toppresteerders van hulle gemaak. Hoeveel van ‘n span se oorkoepelende prestasie hang af van talent, fiksheid, afrigting, spelstrategie, motivering en trots en in welke mate speel elke komponent ‘n rol. Alles is interaghanklik maar die grootse impak is seer sekerlik afrigting waar waar Jake White of Eddie Jones gaan bereik hulle spanne gou die top. Onthou hoe Eddie se Japanese one gewen het LOL! Dus begin alles by om die beste afrigter moontlik te kry maar nee daar gaan Ackerman oorsee want S.A. het mos politiekie kwotas op spelers (en daar gaan talent ook by die venster uit)ben dit sou polities totaal onaanvaarbaar wees om nie ‘n persoon van kleur as afrigter te he nie. …. Skande!

Joe Hall ·

Japanese het die Bokke gewen, maar dieselfde Bokke en hul afrigter kon die nederlaag verwerk en tot in die halfeindronde vorder waar die AB’s hul met 3 punte geklop het. Ek glo nie die huidige lotjie en hul afrigters is tot dieselfde ommekeer instaat nie.

helga ·

Allister hoort in die parlement. Hy sal ‘n uitblinker daar wees.

Pieta ·

Elke enkele speler het ‘n spesifieke toleransie om druk te absorbeer voordat hyself begin
foute maak. Dit geld vir die All Blacks ook. Al die fasette in die All Black span is daarop gemik om ander spanne onder druk te plaas – daar is geen geheime resep nie – dis eenvoudig om die basiese beginsels van aanval en verdediging optimaal uit te voer. Balvaardighede, hantering, besluitneming, ensomeer versleg die oomblik as die druk-drumpel te hoog word om te absorbeer – en dit word deur die All Blacks blootgestel. Afrigters behoort die dinge te weet en spanne dienooreenkomstig te kies en af te rig. Ten spyte van al die afrigting speel ons geen rugby wat lyk of daar vordering plaasvind wat betref aanvallende spel nie, geen druk word op ‘n beplande manier op die opponte geplaas nie, aanvalle deur die agterlyn is onbeholpe, ongestruktureerd en aanvalsmomentum word deur vasklou aan die bal en wegskoppery ontmoedig. Wanneer laas het ons vleuls met die bal uit ‘n agterlynbeweging ‘n drie gedruk? Ten slotte, A.C het nie homself aangestel nie – ons probleme is endemies en ek is van mening dat SA Rugby ook maar ‘n slag moet begin Pa-staan vir die agteruitgang.

Eish ·

Tolvrye nommer vir treurende bokondersteuners.
Opgeleides beraders aan diens.
08600 57 0 57 0 57 0

Bekommerd ·

Ek het nie woorde hiervoor nie……uiters swak en n GROOT skande !!!!

Riaan ·

Dit gaan nie help ‘n mens probeer positief bly, en in dieselfde asem kies jy spelers soos Raymond Rhule, wat ons almal weet ‘n kwota speler is nie. Die Springbok bestuurspan het baie goed geweet dat hy nie ‘n goeie verdedeging’s rekord het nie. En toe stamp die All Blacks hom af soos ‘n klein seuntjie. Pateties.

Michael Scholz ·

As so lank, rugby misbruik in Suid-Afrika vir politieke doeleindes, as so lank teen al verstandige manier goeie spelers nie in die span kom nie, as so lank se eie land talentvolle spelers nie perspektief kan gee nie, om dié spelers in Suid-Afrika te hou, so lank sal SA Rugby agteruitgang tot nietigheid ….
Skuss vir gramatika maar Suid-Afrika het my gedryf in exzil 20 jaar gelede.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.