Dis nie die einde van die wêreld nie, al voel dit so

Een toets, ja, net één toets, en dit voel so al my vir of ons nou weer die horlosie wil terugdraai nadat die Bokke Saterdag met 57-0 deur die All Blacks in Albany afgeransel is.

Wat het dan van ons veggees geword?

Ja, dit was ʼn vernedering, ʼn lae hou, ʼn tydige wekroep en ʼn vingerwysing dat ons steeds ʼn lang paadjie het om te stap.

Dit was arrogant om te dink dat ons die wiel, ná verlede jaar se fiasko, binne vier maande kan herontdek en suksesvol laat draai.

En dít is hoekom rugbybase nie ontydige uitsprake moet maak nie, en dat uitsprake soos dat daar voortaan dalk twee Bokspanne (een vir die Noordelike en een vir die Suidelike Halfrond) gekies kan word, nie nou gemaak moet word nie. Dis hoekom daar nie met rooi truie gespeel moet word nie.

Daar is baie ander dinge wat erg sooibrand gee en die bloeddruk opjaag. Vir die rugbybase: Hou dus ʼn wag voor die mond, want dit maak die ondersteuners nog kwater (of is dit kwaaier?)

Ná Saterdag se neerlaag word daar geskimp dat die Bokke wat oorsee speel, soos Vincent Koch, Francois Louw en selfs Bismarck du Plessis, weer nader getrek kan word om die Bokke uit die dryfsand te help.

Dis almal ysters, begaafde spelers wat hul kant gebring het toe hulle in Suid-Afrika gespeel en Bokke geword het. Maar het die SA Rugbyunie dan nie juis verlede jaar sy beleid verander om voorkeur aan plaaslike spelers te gee nie?

Die Bokke is in 1998, slegs ʼn paar maande nadat hulle die All Blacks se wêreldrekord van 17 oorwinnings in toetse geëwenaar het, opeenvolgens deur Wallis (34-18), Nieu-Seeland (28-0 en 28-19) en Australië (32-6) geklop.

En wat doen hulle toe? Hulle het opgestaan en is in 1999 se Wêreldbekertoernooi eers in bykomende speeltyd van die halfeindronde deur die Wallaby-losskakel Stephen Larkham met ʼn skepdoel gekelder.

Wat van Jake White se Bokke in 2006, wat met 49-0 in ʼn Drienasiestoets deur die Wallabies verneder is? Dit was veel erger as om teen die All Blacks te verloor.

Wat het húlle gedoen?

Hulle het opgestaan en voortgeveg en slegs ʼn paar maande daarna die Wêreldbeker in Frankryk gewen.

Dit is nou weer die tyd om op te staan en terug te veg – en tyd vir die ware leiers, op en van die veld, om na vore te tree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

23 Kommentare

jongste oudste gewildste
Nico K

Ek stem saam. Ons het al in die verlede met groot tellings verloor en ons verloor meestal teen New Zeeland. Hierdie was niks erger nie. So kom ons gee hulle nog ‘n kans. Ek persoonlik dink hulle het die eeste helfte baie goed gespeel. (70% balbesit en 70% gebiedsvoordeel. ) Maar 2 drieë teen die verloop van die spel het hul moed gebreek. En toe hul rustyd 31 punte agter was het hulle self geweet hulle kan nie meer wen nie.

Callie

Solank as wat manne nie op meriete speel nie sal dit so gaan. Van eerste toets met Rhule kan gesien word hy het nie verdediging nie, waar is Leyds of Combrink, hoe haal jy du preez af en vervang hom met Steph du Toit maar hou Cassiem op veld. Mbonambi tel nie onder eerste vier hakers in land. Nyakane is totaal uit diepte, Hougaard bo Vermaak, speel Hougaard vleuel in Skosaan se plek.Standaarde ver benede waar ons was is al aanvaarbaar. Dit is hoekom dit so gaan. AC wat voel daar is positiewes. Die man is n groter grap as… Lees meer »

Ada

Ja asseblief vervang AC – hy is totaal uit sy diepte uit. Hy leef in ‘n droomwereld. Die man het geen benul van wie op die veld moet wees nie. Meeste van die spelers wat daar moet wees sit op die bench. Waarom kyk hy nie ook na Griekwa spelers nie – tel hulle nie? Hulle is harde manne. Nee – dit sal eers beter gaan indien daar ‘n afrigter kan wees met insae in die spel – en hy is nie in hierdie land nie . Kon Ackermann gewees het maar hy nie meer beskikbaar nie. Enige-iemand sal egter… Lees meer »

Liebenberg

Jy kan nie net manne opsit wat nie kan speel en nie hulle kant bring nie – vir kleur – soos wat Callie se nie – dit beteken die arme ouens wat goed kan speel moet dubbeld so hard speel om op te maak vir die manne wat nie kan speel nie en net daar rondploeter. Neewat dit sal nooit regkom so wat dit nou aangaan nie – en asb vervang asb die afrigters – hulle het nie ‘n benul wat hulle doen nie. Dit is tog duidelik sigbaar in die telling. Blameer die afrigters – nie die spelers wat… Lees meer »

Haan

Julle is naïef en goedgelowig. Tot kwota stelsel nie waai gaan ons net vertrap word. Ons het die Franse gewen omdat hulle n jong en onervare span was. Argentinië… Gee dit n jaar dan wen hulle ons. Rugby is nie n swartman se sport nie al probeer hulle hoé hardom dit in hul kele af te druk. Kyk hoe leeg is ons stadions. Kyk hoe tjaila ons goeie spelers landuid.
Hierdie is nou nie die einde van die wêreld nie, maar dis beslis die einde van kompeterende SA Rugby