Dis Noord teen Suid in Cravenweekstryd

Die WP sal weer in die nie-amptelike eindstryd van die Cravenweek speel. Hulle sal teen die Blou Bulle kragte meet. Foto: Facebook.

Daar wag ’n watertand-kragmeting in die nie-amptelike eindstryd van 2019-weergawe van die Cravenweek by Grey Kollege in Bloemfontein.

Die Westelike Provinsie – die sterkste skoolunie die afgelope paar jare – sal môre om 14:00 teen die Blou Bulle te staan kom.

Die Pretorianers het gister vir die wedstryd gekwalifiseer toe hulle die Streeptruie se XV-tal 36-34 geklop het. Vroeër in die week het hulle ook met die Grens (35-24) klaargespeel.

Daarteenoor het die WP se A-span effens meer drieë in hul eerste twee kragmetings gedruk. Hulle het eers 50-24 met die Boland klaargespeel en 51-14 met die Grey Kollege-belaaide Vrystaatspan.

  • Môre se bepalings:

08:00: Haaie teen Griffons (A-veld)

08:00: Griekwas teen Goue Leeus XV-tal (B-veld)

09:30: Goue Leeus teen Vrystaat (A-veld)

09:30: Luiperds teen Limpopo Blou Bulle (B-veld)

11:00: Grens teen Boland (A-veld)

11:00: Valke teen Blou Bulle XV-tal (B-veld)

12:30: SWD Arende teen WP XV-tal (A-veld)

12:30: Oostelike  Provinsie teen Pumas (B-veld)

12:30: Westelike Provinsie teen Blou Bulle (A-veld)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.